Die groot K

Dood het nog nooit in my lewe ge”feature” nie. Ek het al troeteldiere verloor en die een ouma wat ek gehad het is dood op 83, maar vir my was dit nooit ‘n hartseer ding nie, dit was maar net dat sy oud is.

Ek moes nog nooit met hartseer saamlewe nie. Ek was nog nooit die een wat agtergebly het nie, moes opstaan, aangaan, aanhou lewe nie.

My ma se vriendin is siek. Baie siek. Kanker siek. Vir die tweede keer. Sy is ‘n tyd terug met borskanker gediagnoseer en het vir die mastektomie en chemo gegaan. Sy het toe al belowe dat sy nooit weer in haar lewe vir chemo sal gaan nie. Einde verlede jaar het die pyne en skete begin. Hoofpyne, seer nek, knieë wat nie wil loop nie, pelvis wat nie lank wil sit nie. “Gaan na ‘n dokter toe” was ons refrein, maar M se “can do” attitude wat altyd vir my so ‘n ligpunt en inspirasie was het duidelik nie na haarself toe gestrek nie. Hardkoppig soos min is sy. En nou. Gebakte pere. Die persoon wat uiteindelik die scans gedoen het het opgemerk “your body lit up like a christmas tree”.

M het laas week vir 1 chemo sessie gegaan. Sy sê sy gaan nie weer terug nie. Sy wat so sterk is en links en regs skoppe onder gatte uitgedeel het as dit nodig was, is verslane. Die pyn is te veel. Die seer is te veel. Die lyding is te veel. Sy kan nie. Sy wat altyd kon.

M het mettertyd vir my soos ‘n ma geword. Veral toe my ma hulle afgetree en weggetrek het en my suster hulle Qatar toe is en Liefie in ander dorpe en stede gewerk het was sy die een wat altyd daar was met kos en raad en tee.

Ek en my suster was gister daar. Ek voel so magteloos. Ek weet dis woorde wat almal wat al in die situasie is uitspreek, maar ek weet nie hoe om dit wat ek ervaar te voel nie. Ek is nie ‘n mens wat goed gevoelens hanteer nie. Ek dink, ek voel nie.

Ek’s heel van track af.

Advertisements

16 thoughts on “Die groot K

  1. boendoe April 13, 2009 / 8:40 nm

    Ek dink jy voel baie, Janey. 😉

    Moenie te veel daaroor dink nie. Wees net daar vir haar. Hou haar hand vas. Gee vir haar water/tee/wat sy ook al wil he. Wees lief vir haar. Dis ‘n scary paadjie om alleen te stap.

  2. Jaco April 14, 2009 / 2:48 nm

    Jel Boends, dis scary om die paadjie saam met iemand te stap. Ek en Krista doen dit nou vir die 3de keer – alhoewel hierdie keer meer op ‘n afstand.
    Baiekeer is “companionship” al wat die pasient vra, net iemand om mee ‘n normale gesprek te hê. Mens is so geneig om sulke mense te vermy omdat jy nie weet wat om te sê en hoe om te reageer nie

  3. Nelba April 14, 2009 / 4:18 nm

    Ai, ek is jammer. Ek dink as dit ek was wat siek was sou ek net wou geweet het daar is mense wat my raaksien en nie die siekwees nie.

  4. Carina April 14, 2009 / 4:55 nm

    Sjoe dit is sad. ‘n ou Vriendin het geskryf ” As ‘n glasie water die kanker uit jou lyf kon was, het ek dit vandag uit ‘n klip getap”
    Dit was vir my so mooi. Ek stem saam met Nelba om haar raak te sien en die siekte mis te kyk. Sterkte!

  5. rosalindfranklin April 14, 2009 / 5:25 nm

    My raad aan die siek vrou is: probeer by ‘n Hospice uitkom indien sy kan, hulle is wonderlike mense en hulle kyk so lieflik na ‘n mens. Daar maak hul mens se lyding so min as moontlik (trust my).

    Netjane, ek weet wat jy bedoel, oor die ding-gevoel-dinge.

    Niks wat ek se gaan dit beter maak nie, ek is jammer. Jy sal die pad moet loop. Loop mooi.

  6. Jo-Ann April 14, 2009 / 8:34 nm

    Hi!

    Ek weet hoe moeilik dit is om toe te kyk hoe die mens wat jy liefhet voor jou se liggie uitdoof. My pa wou nie die dokter se prognose aanvaar nie of het gesukkel om dit te verwerk en het gesoek vir ‘n ander antwoord. Ek sal nooit vergeet hoe my ma se hande gebewe het, en dit al was wat haar vrees verraai het, toe sy met ‘n besliste trek om haar mond opgekyk en vir my pa gesê het, “Bokkie, dit beteken ek gaan binnekort sterf” nie. Sy is 10 maande later oorlede.

    Haar enigste versoek was om by die huis tussen die mense wat sy liefhet te sterf. Sy het tot op haar einde probeer om haar “pose”” te hou. Sy het stil gesterf in my boetie se arms. Ek is bly dat sy tuis versorg kon word en ek is dankbaar vir ‘n fantastiese familie wat haar tot op haar einde bygestaan en ondersteun het. Sy was nooit alleen nie en die kerk was net so stampvol as wat haar laaste dae was. 14 dae voor sy weg is, het vriende en familie haar verjaarsdag gevier en daar was amper vyftig mense by die huis daardie dag; ‘n dag wat met baie lag en gesels opgevrolik was; haar sestig jaar is behoorlik gevier en die treur oor wat kom is uitgestel.

    Gee haar baie liefde en duisende drukkies. En staan sterk. Al het jy reeds berus in wat kom, is die seerste seer die finaliteit daarvan; wees voorbereid daarop en omring jou met mense wat sal verstaan en wat jou sterk sal maak.

    Ek dink aan jou. Dit word weer beter. Dit vat dalk lank, maar dit doen. Jy sal weer op track kom.

  7. Sammi April 14, 2009 / 9:26 nm

    Ek het vandag ‘n paar keer hier by jou kom inloer, weg gegaan en weer terug gekom want in al die tyd wat ek op WP kuier het ek nog nooit laat blyk dat ek self deur hierdie is nie – die groot K. ‘n Paar jaar terug, sommer ‘n hele paar jaar want mens wil nie herinner word aan jou liggaam se falinge nie. En dat ek hier is is eintlik werklik net deur genade want dit was stage 4…
    Wat ek wel kan sê is dat hierdie die grootste toets vir enige mens is om deur te gaan Jane, alle familie en vriende se bystand is half op ‘n afstand want mens besef jy staan eintlik alleen. Makie saak hoeveel hande joune vashou nie, want jy gaan in alle geval alleen weg – niemand loop daardie selfde paadjie saam met jou nie. Dis ‘n ongelooflike kopverskuiwing om te aanvaar dat mens hierdie pad alleen moet stap. Diegene wat agterbly voel magteloos – ek weet – want hul kan eintlik regtig net daar wees maar nie die koers verander nie. Dis hoekom ek soveel respek het vir my wederhelf en omtrent nooit oor hom praat nie want hy is amper hoogheilig vir my oor sy vasberade tog ontsettende seer hart.
    Ek wou maar net verduidelik hoe die groot K-lyer voel, glad nie om aandag op my agtergrond te vestig nie, maar vir ons is dit erger wanneer ons geliefdes so seer het en magteloos staan. Dis half beter wanneer mens dit ignoreer wanneer julle tyd deur saambring. Onthou dis ‘n doodsvonnis oor ‘n tydperk en die liggaam word afgetakel. Jammer oor die reguit praat.
    Soos Jo sê: dit word beter met aanvaarding.
    Ek is jammer oor haar en ek is jammer vir jou, gun haar haar “hardegatgeit” dis haar selfbehoud.

  8. netjane April 15, 2009 / 8:06 vm

    Dankie vir almal se mooi woorde en ondersteuning. Ek vat maar net ‘n tydjie met sulke hartsgoed…

    Sammi: Dankie vir die deel, ek weet mens wil soms nie alles van “jou” op die blogs laat kom nie… Dankie ook vir die raad t.o.v die “hardegatgeit”. Ek het nooit so daaraan gedink nie.

  9. rosalindfranklin April 15, 2009 / 4:25 nm

    netjane, dalk wil sy daaroor praat? toets die water, jy sal weet, of sy dan wil of nie. maar my ervaring hiermee is dat mense met kanker soms wil praat maar ander mense skerm weg daarvan.
    want feit bly staan, dit is daar, baie keer hul siek mense dit word misken. baie keer is daar dinge wat gese moet word.

  10. rosalindfranklin April 15, 2009 / 4:29 nm

    Oja, ek hoor wat ((Jo-Ann))) vertel oor hulle seer verhaal. Een van my vriendinne is 14 maande gelede dood aan kanker.

    Sy was tuis, maar die pyn as so erg dat die Hospice die laaste vier dae die beste besluit was vir haar en sy was bly daaroor. (hulle is fanatasies en gee mens 24 uur toegang). Dit het haar laaste dae draaglik gemaak en die mense verdien net lof.

    So ek bedoel nie gaan laai iemand net af by die Hospice nie. Allermins.

  11. Emil April 15, 2009 / 5:09 nm

    Ek het my pa so sien afskeid neem. Wat vir ons albei gewerk het was bloot die stilte. Soos Sammi sê, hy het eintlik die pad alleen geloop. En ons wat agter gebly het, ook. Ek dink die blote erkenning van die situasie, en respek vir die individu se besluit, is genoeg. Stilte het geen verwyte nie. Die fokus op hoe ons in die tyd gevoel het, het my altyd laat voel ek is selfsugtig, want my worsteling en aanvaarding kom agterna, wanneer hy nie meer daar is, terwyl sy stryd lewendig en werklik in die hede afgespeel het. My pas was baie hardegat! En daar spreek Sammi weer ‘n waarheid: dit was ook sy behoud, en is nou myne 😉

    Sterkte daar. Dit is die een wat eenvoudig net hande vashou, wat die moeilikste taak het.

    (((NJ)))

  12. Wipneus! April 15, 2009 / 7:06 nm

    ((((Jane)))) nie maklik nie. Sterkte vir haar en julle!!

  13. Pikkelik April 16, 2009 / 8:37 vm

    Ai Jane, ek weet nie wat om vir jou te sê nie…. ((((((Janetjie)))))

  14. rosalindfranklin April 16, 2009 / 5:04 nm

    Hiers ek weer, jaag my maar weg. anyway….ek het nooit verlede jaar vir julle vertel nie, of daaroor geblog nie.

    maar ons het iemand met kanker by ons in die huis ingegeem vir 5 maande, in die spaarkamer.

    So, Jane, en almal, ek verstaan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s