The ties that bind

Waaroor ek nou wil skryf is seker al ‘n duisend keer gedoen, maar dis iets wat ek nogsteeds nie mooi “vang” nie. Dis iets waarmee mens grootword en ‘n woord wat so baie gebruik word dat mens later nie meer daaraan dink nie. Familie.

My ma is 1 van 5 kinders, my pa 1 van 2. Sy suster het nooit kinders van haar eie gehad nie en die pleegsorg kinders wat later bygekom het, het nooit soos niggies en nefies gevoel nie. Sy’s onlangs oorlede en ek weet nie eens wat van die kinders geword het nie.

Aan my ma se kant is ons 18 kleinkinders van amper 40 jaar oud tot net oor 20. Kleintyd het almal saam vakansie gehou en langsaan was my ma se niggies en nefies, so ek het grootgeword met groottannies en kleinniggies en nefies ook. Familie was ‘n bekende begrip wat my nie verwar het nie.

Almal word ouer en kry hulle eie lewens. Ons Facebook nog tot op ‘n mate, maar selfs al bly van my neefs (juis die wat die naaste aan my was) naby, sien ek hulle skaars. Ek hoor nuus deur my ma, wat dit weer van hulle ma af hoor. Kleintyd se vriende is nou net mense met name en bekende gesigte, maar hulle kinders sal waarskynlik nie weet wie ek of my toekomstige kinders is nie.

Die mense was ons bymekaar hou gaan dood gaan. Dis vir my ‘n verskriklike gedagte. My kinders en my suster se kinders gaan seker weer saamspeel en ‘n nuwe familie skep en mens kan seker nie kontak met ‘n hele stamboom behou nie…

Die rede vir die post?

Ek verstaan nie my eie broer nie.

Advertisements

6 thoughts on “The ties that bind

  1. Sonkind April 5, 2009 / 8:20 nm

    Ai Jane – ek dink daar is baie van ons wat beter met ons vriende oor die weg kom en hulle beter verstaan as ons eie vlees en bloed. Ek verstaan soms nie my eie kind nie 😈

  2. Wipneus! April 6, 2009 / 7:22 nm

    Jane mens leef regtig deesdae by mekaar verby. Dis vreeslik!

    Soos Son sê partykeer kom mens beter met vriende klaar1 😉

  3. Mavis April 7, 2009 / 9:18 vm

    yebo miesie van die law

    family is banja important miesie

    mooi loop miesie

  4. Pikkelik April 7, 2009 / 11:12 vm

    Snap Jane!!! Ek sukkel ook met my broer en ons is net 2 kinders….

  5. boendoe April 8, 2009 / 4:34 nm

    Ai tog, dalk sit ek my voet nou in ‘n ding wat kon gebly het… 😉

    Ek wil van Mavis verskil. Familie is NIE so belangrik nie. Ek het ‘n broer (een van vele), maar vir meer as ‘n jaar het ons nie meer kontak nie. My besluit, het hom net ingelig. Ek haat hom nie, ek’s nie kwaad vir hom nie, maar ek gaan net nie meer my kop oor hom breek nie. En dis asof daar ‘n berg van my skouers is. Hoekom moet mens die familiebande ‘hou’, as dit geen joy vir jou bring nie?

  6. rosalindfranklin April 12, 2009 / 1:20 vm

    Ek weet presies waarvan jy praat. Ek verstaan nie my eie suster nie, al probeer ek hoe. Ek het dit nou gelos. Dit is maar net hoe dit is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s