Bling it on!

Nou kyk. Ek hou van shop. En ek hou (baie) van bling. So as ek kan shop vir bling is ek baie gelukkig, maar genoeg is genoeg. My kredietkaart is gebuig. Die kaart is gebuig omdat ek die ding so warm geswipe het dat hy gesmelt het. (My kredietkaart is manlik. Ek noem hom Stanley, afgelei van die bank wat hom uitgereik het.)

Liefie se niggie trou. Ons vlieg Donderdagaand Kaapstad toe. My big fat greek wedding se moer. You aint seen nothing yet. My big fat indian wedding. Ons gaan net na 3 van die seremonies toe. En dis ‘n nuwe uitrusting vir elk van die seremonies.  Ek het gelukkig nog ‘n sari wat ek in Indië gekoop het en nooit gedra het in die kas gehad vir episode 1. Episode 2 se uitrusting kon ek by ‘n werkskollega leen en Episode 3 (die actual troue) se sari was die kredietkaart se dood. Die kaart lê nou nog en smeul in my beursie. Bling is nie goedkoop nie. Indiese bling nog minder. Elke sari kort ‘n onderrok en ‘n custom made hempie vir onder. Niks van one size fits all, of ek sal ‘n medium vat nie, nee nee, daai goed is skin tight, word net vir jou gemaak en laat nie plek vir bras nie. Dan kom die bling om die bling af te rond. Armbande in presies dieselfde kleur as die sari. Oorbelle en hangertjie wat bymekaar pas. Goed vir in die hare (daar het ek die lyn getrek). Skoene. It never ends…

Die ergste van alles is dat ek geen idee het wat om te verwag nie. Liefie trek net sy skouers op en sê “How should I know?” (Umm, duh, mens noem dit kultuur…). Ek geen idee wat Vrydagoggend gebeur nie. Vrydagaand behels die “Garba”:

“The Garba is usually held the night before the wedding and involves plenty of dancing. It provides the opportunity for the each side of the family to meet, greet and have some fun before the wedding begins. The main event is the Raas which is a dance involving pairs of people and dandia sticks. The dance involves hitting your partner’s sticks while following the rhythm of the music. The Garba is also an ideal place for future couples to meet and begin their own stories.”

2 probleme. Ek het nie juis rhythm nie. Ek het veral nie rhythm in ‘n sari nie. En mense wat mekaar met stokke slaan? (Ten minste gaan ek drop-dead gorgeous lyk!).

Wie weet wat Saterdag behels.

Bollywood is my bitch. 😉

My hart se punt

Vir my Liefie

Gelukkige “met-die-eerste-oogopslag” anniversary. (al moes ek dit al Dinsdag gesê het!)  Ek’s nogsteeds mal oor jou.  🙂


i carry your heart with me (i carry it in
my heart) i am never without it (anywhere
i go you go, my dear, and whatever is done
by only me is your doing, my darling)

i fear
no fate (for you are my fate, my sweet) i want
no world (for beautiful you are my world, my true)
and it’s you are whatever a moon has always meant
and whatever a sun will always sing is you

here is the deepest secret nobody knows
(here is the root of the root and the bud of the bud
and they sky of the sky of a tree called life; which grows
higher than the soul can hope or mind can hide)
and this is the wonder that’s keeping the stars apart

i carry your heart ( i carry it in my heart)

– e.e. cummings

Die groot K

Dood het nog nooit in my lewe ge”feature” nie. Ek het al troeteldiere verloor en die een ouma wat ek gehad het is dood op 83, maar vir my was dit nooit ‘n hartseer ding nie, dit was maar net dat sy oud is.

Ek moes nog nooit met hartseer saamlewe nie. Ek was nog nooit die een wat agtergebly het nie, moes opstaan, aangaan, aanhou lewe nie.

My ma se vriendin is siek. Baie siek. Kanker siek. Vir die tweede keer. Sy is ‘n tyd terug met borskanker gediagnoseer en het vir die mastektomie en chemo gegaan. Sy het toe al belowe dat sy nooit weer in haar lewe vir chemo sal gaan nie. Einde verlede jaar het die pyne en skete begin. Hoofpyne, seer nek, knieë wat nie wil loop nie, pelvis wat nie lank wil sit nie. “Gaan na ‘n dokter toe” was ons refrein, maar M se “can do” attitude wat altyd vir my so ‘n ligpunt en inspirasie was het duidelik nie na haarself toe gestrek nie. Hardkoppig soos min is sy. En nou. Gebakte pere. Die persoon wat uiteindelik die scans gedoen het het opgemerk “your body lit up like a christmas tree”.

M het laas week vir 1 chemo sessie gegaan. Sy sê sy gaan nie weer terug nie. Sy wat so sterk is en links en regs skoppe onder gatte uitgedeel het as dit nodig was, is verslane. Die pyn is te veel. Die seer is te veel. Die lyding is te veel. Sy kan nie. Sy wat altyd kon.

M het mettertyd vir my soos ‘n ma geword. Veral toe my ma hulle afgetree en weggetrek het en my suster hulle Qatar toe is en Liefie in ander dorpe en stede gewerk het was sy die een wat altyd daar was met kos en raad en tee.

Ek en my suster was gister daar. Ek voel so magteloos. Ek weet dis woorde wat almal wat al in die situasie is uitspreek, maar ek weet nie hoe om dit wat ek ervaar te voel nie. Ek is nie ‘n mens wat goed gevoelens hanteer nie. Ek dink, ek voel nie.

Ek’s heel van track af.

The ties that bind

Waaroor ek nou wil skryf is seker al ‘n duisend keer gedoen, maar dis iets wat ek nogsteeds nie mooi “vang” nie. Dis iets waarmee mens grootword en ‘n woord wat so baie gebruik word dat mens later nie meer daaraan dink nie. Familie.

My ma is 1 van 5 kinders, my pa 1 van 2. Sy suster het nooit kinders van haar eie gehad nie en die pleegsorg kinders wat later bygekom het, het nooit soos niggies en nefies gevoel nie. Sy’s onlangs oorlede en ek weet nie eens wat van die kinders geword het nie.

Aan my ma se kant is ons 18 kleinkinders van amper 40 jaar oud tot net oor 20. Kleintyd het almal saam vakansie gehou en langsaan was my ma se niggies en nefies, so ek het grootgeword met groottannies en kleinniggies en nefies ook. Familie was ‘n bekende begrip wat my nie verwar het nie.

Almal word ouer en kry hulle eie lewens. Ons Facebook nog tot op ‘n mate, maar selfs al bly van my neefs (juis die wat die naaste aan my was) naby, sien ek hulle skaars. Ek hoor nuus deur my ma, wat dit weer van hulle ma af hoor. Kleintyd se vriende is nou net mense met name en bekende gesigte, maar hulle kinders sal waarskynlik nie weet wie ek of my toekomstige kinders is nie.

Die mense was ons bymekaar hou gaan dood gaan. Dis vir my ‘n verskriklike gedagte. My kinders en my suster se kinders gaan seker weer saamspeel en ‘n nuwe familie skep en mens kan seker nie kontak met ‘n hele stamboom behou nie…

Die rede vir die post?

Ek verstaan nie my eie broer nie.