Kwart

‘n Week het 4 aande in. Vrydagaand tel nie. Dis naweek.

Jy slaap 1 aand in daai 4 langs my.

Ek kry ‘n kwart van die tyd waarop ek geregtig is.

Soos die kwart liter melk wat genoeg is vir my tee in die aande. ‘n Kwart liter petrol, werk toe en terug. ‘n Kwart pizza wat oorbly. Ek eet halfte, ek steel vir myself nog ‘n stukkie voor ek gaan slaap (jy weet mos) en nog ‘n sny vir ontbyt. Ek slaap in ‘n kwart van die bed. Hoe mis ek nou ons ou dubbelbed – die king voel so groot vir net my. Kwart oor agt, kwart voor nege, kwart oor nege, kwart voor tien. Slaaptyd. My slaaptyd so anders as joune. Kwart oor ses. Ek’s wakker. Jy’s nie langs my nie. ‘n Kwart brood, genoeg vir my week se werks toebroodjies. Vrydae eet ons uit. Teen die middel van die week is ek moeg vir broodjies en gaan ek Woolworths toe. Waar ek wonder watter ready meal om vanaand te eet.

Ek wens dit was net ‘n kwart van my wat jy saammet jou neem elke keer wat jy weggaan.

Advertisements

10 thoughts on “Kwart

  1. boendoe Maart 24, 2009 / 1:15 vm

    (((Net-‘n-kwart-Jane))) 😉

    Dit gaan jou nie laat beter voel nie, maar ek verstaan. Dis goor.

  2. Wipsnoet Maart 24, 2009 / 9:04 vm

    (((((Jane)))))

    Die lewe het net te besig geraak!

  3. Pikkelik Maart 24, 2009 / 11:22 vm

    Ai Kwartjie!!! Ek voel vir jou! Dit kan wragtig nie lekker wees nie! Julle is nog veronderstel om op honeymoon te wees…… ((((((kwartjanetjie))))))

  4. Emil Maart 24, 2009 / 4:48 nm

    Ons leef in kwarte, 15 gejaaagde minute, keer op keer. Pragtige beeld, NJ. En tog ook hartroerend.

  5. Sonkind Maart 25, 2009 / 2:37 nm

    Ai nee Janie – hierdie is vandag vir my net te hartseer 😦

  6. demoerin Maart 26, 2009 / 8:04 vm

    Nogal scary, baie waar EN sad as jy nou mooi dink.

  7. rianabrand Maart 26, 2009 / 6:58 nm

    Sterkte meistjie…al daai kwart maak dit weer vol…dus volhou oke.

  8. Wrang Maart 29, 2009 / 7:34 nm

    ‘n Kwart is ‘n ommesientjie in die groter bestek van die lewe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s