My stempel

So halfpad deur laasweek kom ek agter dat ek eintlik gatvol is. Veral by die werk. Omdat ek so hard werk en so baie van my werk hou en elke dag my alles gee. Omdat ander mense nie so hard werk en nie so baie van hulle werk hou en nie elke dag hulle alles gee nie. Omdat die dat ek so graag werk beteken dat ek al hoe meer hooi op my vurk kry, wat beteken dat ek nog harder werk, wat beteken dat ek nog werk kry – want ek doen dit dan. Catch 22 noem mens dit, dink ek…

Ek gaan nie kwaad word nie, ek gaan nie my humeur verloor nie, ek gaan nie brom nie. Ek gaan maar net doen wat ek beste doen – my werk doen.

Wat ek wel gaan doen (ten minste in my drome) is om ‘n stempel aan te skaf. Die stempel gaan baie eenvoudig wees, net 3 letters. Alles hoofletters. GFY. En dit staan nie vir “Good for you” soos wat ‘n ouer kollega dink nie. As ek wil kwaad word, of wil moed verloor of net negatief wil raak gaan ek my droom stempel uit die droomlaai uithaal en op die situasie aanbring. En die stempel gaan my laat beter voel. Net om daaroor te dink laat my beter voel.

Dis nie mooi woorde nie, maar ek is verby mooi woorde. Die GFY staan vir: gofuckyourself. Alles een woord.

Enige bestellings?

Advertisements

14 thoughts on “My stempel

  1. Jo-Ann Maart 17, 2009 / 7:47 nm

    Ken jy daai ene…. the more you perform, the more they screw you…. lelik, maar gits, baie keer baie waar…. Ek soek ook ‘n stempel…

    In my werk is verhoudinge bou baie belangrik. Dit het my maande gekos om mooi te leer wanneer om nee te sê. Ek het vandag nee gesê toe iemand gevra het dat ek ‘n naamlys van 65 bladsye moet druk, in my kar moet klim en dit stad toe moet vat van Bellville af. En toe vra die ou ek moet dit faks. Weer het ek nee gesê omdat vir my vrugtelose uitgawes verteenwoordig. As die ou nie ‘n PDF lêer kan ontvang en self druk nie…. dan kan hy jou stempel sommer self ook gebruik. As die ou nou elke dag vir my besigheid gegee het, was dit ‘n maklike ja. Vandag het ek lekker gevoel toe ek die foon neersit en die send knoppie druk.

    Hy is gestempel. En ek gaan ‘n punt maak daarvan om meer nee te sê. So sal ek die kaf van die koring skei en my paneel uitdun tot mense wat werklik wil saamwerk en die wat gelek wil word, oorsit op die orphan lys om vir hulself ‘n ander sucker te soek.

  2. Sonkind Maart 17, 2009 / 9:17 nm

    Dit lyk my dis die week vir GFY’s.

    Ek het ook gister oggend al my speelgoed uitgegooi – oor sommige mense ses keer moet gevra word om iets te doen, en toe hulle dit NOG STEEDS nie gedoen het nie, word ek aangesê om hulle asseblief weer mooi te vra.

    Wel, ek het nie – ek het hulle ge”tjap” met jou stempel, Jane. En ek voel nie eers sleg nie.

  3. Louisa Maart 17, 2009 / 10:19 nm

    😆 Jy klink lekker gatvol.

    By die vorige plek waar ek gewerk het was daar ‘n gebruik om F.R.O. op alle belaglike memos op die bord te skryf met permanente merker. Jy kon duidelik sien sien wanneer mense nie gelukkig was mety iets nie, partykeer was daar selfs twee of meer FROs op iets besonders belagliks.

    (F.R.O. was vir F-ck Right Off)

    Die bestuur het begin om sommige briewe gelamineer op te sit sodat hulle dit minstens kon af vee wanneer die Franse van hoofkantoor verbygewals het.

  4. Emil Maart 17, 2009 / 10:46 nm

    Mhmm, klink so bekend. Maar dis geen vertroosting nie. Daai stempel is ‘n uitsonderlike idee!

  5. Zee Maart 18, 2009 / 9:53 vm

    NJ…. bestel maar ene. Wat van ‘n FRO een ook soos Louisa sê!

  6. Pikkelik Maart 18, 2009 / 10:52 vm

    Ek sal ook een bestel, nie omdat ek dit nodig het nie, maar op hierdie manier kan jy dalkies jou eie besigheid begin en dan kan jy dalkies jou eie stempeltjie vat en dit op jou bedankingsbriefie stempel 😈

  7. Hanlie Maart 18, 2009 / 12:44 nm

    Ja wat, stuur maar aan! Ek werk nie, maar dit sal my soveel plesier gee wanneer ek met Telkom/Eskom/Munisipaliteit/SARS te doen het!

  8. demoerin Maart 19, 2009 / 9:50 vm

    Ek wil ook een hê. Kan mens dit op voorkoppe ook gebruik?

  9. rosalindfranklin Maart 19, 2009 / 2:27 nm

    Netjane, ek dink jy is my tweelingsuster. nee, wag ek weet jy is. Ek dink ek wil jou eendag ontmoet.

    Ek wil een he:
    GFYSF

    gofuckyourselfstupidfuck

  10. NetJane Maart 19, 2009 / 3:03 nm

    Jo-Ann: Sucker = Jane.

    Sonkind: Ek voel ook al hoe minder sleg omdat ek stempel en hoe meer ek stempel hoe beter voel ek.

    Louisa: FRO. I like it!

    Emil: Ek sit vir jou ‘n stempel in die pos

    Dellie: AWESOME!!!

    Zee: Ek soek ook altwee – sommige goed sal albei die stempels gelyk kry.

    Pikkelik: Lekker bose plannetjie! 🙂 🙂

    Hanlie: Daai stempel is uitstekend vir elke alledaagse situasie

    Kaalvoet: Jy sal maar die Koreaanse vertaling moet doen. Gofluckyoulself miskien?

    Demoerin: Mens gebruik dit juis op voorkoppe. Dink ek gaan een op my eie voorkop sit, dan weet die mense sommer en dan hoef ek niks te sê nie.

    Rosa: GFYSF – briljant!! Ek dink die ontmoet is ook ‘n baie goeie idee. Ek sal maar moet teleport.

  11. Agnes Maart 20, 2009 / 1:14 nm

    Agnes wonner of dit haar kleinmies Janie is op hierie blog deng?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s