Opgesmuk

Toe ek vanoggend werk toe ry beland ek weer in die string motors wat van die Northcliff koppie af na Beyers Naude toe oppad is. Daai tyd van die oggend het meeste van die motors skoolkinders in en met die dat die verkeer stadig loop het ek genoeg tyd om almal in die motors om my te bestudeer. Dis maar wat ek doen.

In die motor voor my is daar twee skooldogters. Ek herken die skooldrag as die van my alma mater. Die jong dame op die agtersitplek sit met ‘n “compact” in haar hand. Daai grimeertoestelletjies met die poeier en die spieëltjie in. Sy poeier haar neus vir ‘n vale. Toe kom die oogpotlood en mascara uit. Teen die tyd wat ons by die robot kom smeer sy lipglans aan. Toe word die slierte hare stuk vir stuk uit die (eens) netjiese ponie getrek. Maandag oggend en sy lyk soos iemand wat nounet uit ‘n club gestrompel het. Mammie sit voor in die motor en praat met die een op die agtersitplek se sussie/vriendin. Oblivious.

Ek is hierdie jaar 10 jaar terug in matriek gewees. Seker ‘n leeftyd as mens dit so in woorde sien, maar dit voel nie vir my so nie.

Die volgende reëls het vir ons gegeld: 1. Hare mag nie gekleur wees nie. 2. Een paar oorbelle. Ringetjies of studs. 3. Een seëlring 4. Geen grimering 5. Romplengte: 4 vingers bo die knie as jy op jou knieë staan. 6. Geen kuiwe of slierte in die gesig nie. 7. Hare wat aan die kraag raak in ‘n ponie. 8. Rekkies en knippies in skoolkleure 9. Geen naels wat uitsteek as jou handpalm opwaarts wys nie. 10. Skoolhemp ingesteek, das netjies, sokkies een keer gevou.

Ek het nie die skool as streng ervaar nie. Ek het nogsteeds gekyk hoe my vriendinne hulle rompe een of twee keer oprol om sexier te lyk. Hier en daar was ‘n goth met eyeliner. Meeste meisies se naels was te lank. Die verskil was dat ons altyd geweet het dat die reëls daar is en dat dit toegepas word en dat ons uitgevang kan word en dat daar gevolge is. Ons was altyd besig om op die lyn te loop, met so ‘n halwe toon wat nou en dan oortrap. Ons het nie so ooglopend en absoluut die reëls verontagsaam en verbreek nie.

Is ek heeltemal onnosel om te dink dat daar geen rede vir ‘n skoolmeisie is om met ‘n gesig vol grimering skool te gaan nie? Die kind in die kar het meer grimering as ek aangehad! En ek werk!

Of word ek net oud?

Advertisements

10 thoughts on “Opgesmuk

  1. Sonkind Maart 9, 2009 / 8:54 nm

    Dis omdat niemand hulle niks meer kan vertel nie. Regtig waar ook, as die MA nie eers haar kind kan reghelp nie, wat se kans het ‘n onderwyser/es in hierdie tye?

    En ja, Jane, ons raak seker maar oud, maar ek dank die Vader ons het nog geweet wat is dissipline

  2. Hanlie Maart 9, 2009 / 9:56 nm

    Ek stem heeltemal met jou saam. Vandag se kinders aanvaar geen reels nie. En die ouers is te lamsakkig om hulle aan te tree. Ek het ook nie besonder ingerem gevoel deur die reels nie, dit was maar net soos dit was! Ons was trots op ons skooldrag en die eenvormige, netjiese beeld wat uitgestraal het. Ek dink nie vandag se kinders is trots op enigiets nie… en dis jammer!

  3. Nelba Maart 10, 2009 / 6:46 vm

    Ek hou nie van die idee van skooldrag nie. Of liewer, ek hou nie van die idee van eenvormigheid nie. Maar dis daar vir ‘n rede: Om lojaliteit te kweek. Juis op ‘n stadium wat die meeste kinders graag wil “behoort”. En as sulks voel ek ook die grimering is onvanpas.

  4. kat Maart 10, 2009 / 9:15 vm

    Ek geniet ‘n natuurlike gesig sonder make-up meer kere as nie.

  5. Pikkie Maart 10, 2009 / 9:40 vm

    My grootste probleem is om my kinders te dissiplineer in hierdie dissiplinelose wêreld waar almal eenvoudig maak presies net soos hulle wil….

  6. krista Maart 10, 2009 / 11:11 vm

    Pikkie, hou net aan . . . al voel dit asof jy teen Everest moet uitklim! Jy sal nog die vrugte daarvan pluk!

    En as redes gevra word en jy raak uit idees uit: sê net: want Mamma sê so en dis die reëls!

  7. Adrie Maart 10, 2009 / 3:09 nm

    Jane

    Jy het van die naellak vergeet. Dit was net so erg as om gif in ‘n onderwyser se tee te gooi.

    In ons skool was jou naels geknip (deur ‘n prefek of onderwyser) as dit te lank was. Ek het regtig bitter lanklaas iemand van my ou skool gesien, dus kan ek nie se^ hoe dit nou daar gaan nie. As ek egter aan die dogtersvoog dink, dink ek dat hulle voorkoms nou nog redelik is.

  8. corlivandermerwe Maart 11, 2009 / 2:42 nm

    Jane

    Ek is uit dieselfde geslag as jy, was in 2000 in matriek. Soms voel ek ook oud as ek kyk na die kinders wat ek ontmoet. En by die koerant het mens gereeld met hulle te doen. Soms is daar gawe kinders wat beleefd groet, ander wil jou weer laat huil van skaamte.

    Tye het wel verander maar sekere dinge was darem in ons dae ook daar. Ek onthou die oproer toe ons onderhoofmeisie in matriek grimering gedra het. Gou-gou was daar `n paar rebelse siele wat ook grimering gedra het en dan gevra het hoekom hulle gedissiplineer word maar die leerlingraadslid nie! As iemand wat nog nooit lief was vir grimering dra nie het dit my erg geamuseer. Kinders is maar kinders.

    Corli

  9. demoerin Maart 11, 2009 / 2:50 nm

    Ek dink gremering op skool is onvanpas. Dink altyd aan vroeg ryp, vroeg vrot. Seker veralgemening, maar hoe ek maar voel. As ek seker eendag ‘n dogter het mag ek dalk ‘n ander deuntjie sing…. of dit mamma se probleem maak. 😆

  10. Wipneus! Maart 12, 2009 / 10:16 vm

    Ek stem saam met jou Jane, en soos Hanlie reeds genoem het vandag se kinders aanvaar geen reëls en dissipline meer nie.

    LOL @ demoerin

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s