Vir my sussie

Ek wens mense het nie vreeslik baie draadwerk gehad nie. Ek wens dat mense nie liggeraak en vol issues was nie. Ek wens dat woorde nie kon seermaak nie. Ek wens ek het altyd geweet wat die regte ding is om te sê  en die regte ding op die regte tyd gesê.

Ek wil jou nie seermaak deur my woorde nie. Ek wil jou nie verkleineer deur my raad nie. Ek wil jou help. Omdat ek lief is vir jou en omdat jy my sussie is.

Ek is die een wat nie goed is met mense nie. Ek is die een met wie mense nie graag praat nie omdat ek hulle vreemd en ongemaklik laat voel. Ek is die een wat nie verjaarsdae en kinders se name onthou nie. Jy is die nice een. Die vriendelike een. Die een van wie mense hou. Omdat jy omgee. Omdat jy soveel van jouself vir ander gee dat jy naderhand niks meer vir jouself oor hou nie. Ek is die selfsugtige een. Ek is die een wat gereeld in my grot verdwyn  en vreeslik uitgesproke is. Ek het nie ‘n benul oor koeitjies en kalfies nie. Ek het eintlik nie ‘n benul oor mense nie. Hulle maak my bang. Diep emosie maak my bang. Ek praat nie oor hoe ek voel nie en “wipe” ontstellende gebeurtenisse so maklik soos wat mens kryt van ‘n swartbord vee. Jy is die een wat vra hoe mense “voel”. Wat luister vir die antwoord. Ek is die een wat die probleem wil regmaak. Oplossings wil bied. Goed wil beter maak. Sodat ek net kan aan beweeg.

Verstaan jy ons is verskillend? Dat ons goed op verskillende maniere benader? Dat dit maar net is hoe ons is? Dat dit ons nie minder lief vir mekaar maak nie? Dat ons maar net nou en dan koppe stamp want dit is wat sussies doen? Dat my hart soms te hard is, maar dat joune soms te sag is ook?

Ek is lief vir jou. Ek gee om vir jou. Dis hoekom ek sê en doen wat ek doen. Oor geen ander rede as liefde nie.

Ek is jammer. Nie oor wat ek gesê het nie, maar omdat ek nie ‘n minuut langer daaroor gedink het nie, want dan sou ek geweet het dit is die regte ding om te sê, maar my tydsberekening was heeltemal verkeerd.

Hoop jy kon darem vandag lekker verder verjaar.

Advertisements

7 thoughts on “Vir my sussie

  1. Wipneus! Februarie 15, 2009 / 9:38 nm

    Baie geluk met jou verjaarsdag Pippie, mag al jou drome in die nuwejaar waar word!

    Ek maak ook altyd sulke blapse, sê altyd die verkeerde goed op die verkeerde tyd! Maar eendag as ek groot is ……..

    Gelukkig het jy ‘n sussie wat jou baie goed verstaan!! :mrgreen:

  2. Sonkind Februarie 16, 2009 / 8:29 nm

    Die dinamika tussen twee susters – so uniek en tog soms so bitter ingewikkeld. Maar solank daar liefde is, sal ons mekaar altyd weer vergewe. Ek weet, want ek het ook ‘n sussie. 🙂

  3. Pikkie Februarie 18, 2009 / 9:03 vm

    Ai, wat kan ek sê, ek sal my voortande gee om ook ‘n sussie te hê, al is dit net om mee te baklei!!! Lekker verjaar Pippie al is ek laat! Sterkte vir julle twee!

  4. kaalvoetinireen Februarie 19, 2009 / 6:57 vm

    Dis maar hoe dit is tussen siblings en osn vergewe mekaar tog op die ou einde!

  5. rianabrand Februarie 22, 2009 / 12:06 nm

    Jane – dis of ek myself hoor in jou verhaal…ek hoop jou sus het ‘n mooi verjaarsdag gehad…en dat jy jouself weer kan vergewe en natuurlik leer…dat die lewe soms heel krom in mekaar steek. Lekker dag.

  6. netjane September 9, 2015 / 7:38 nm

    Reblogged this on NetJane se blog and commented:

    Ek plaas vandag ‘n ou skrywe. En hierdie keer nie op my suster se verjaarsdag nie. As ons maar net nog ‘n verjaarsdag kon gekry het. Vandag is haar sterfdag. Einde van die pad. Die 4 uur in die oggend oproep wat niemand wil kry nie.

    En die rede is dit waaroor ons al vir 6 jaar stry – haar kwynende gesondheid as gevolg van haar gewig.

    Ek het net nie besef dieselfde gesprek gaan al vir 6 jaar aan nie. Want 6 jaar is mos oorgenoeg tyd om ‘n verandering te maak, is dit nie?

    Was dit nie?

    “…al ooit gewonder hoe dit voel om te vlieg….. ons kan wees wat ons wil aan daardie kant… geen reels…”

    -Beloofde Land, Heuwels Fantasties

  7. Toortsie Oktober 11, 2015 / 8:55 vm

    Die verkeerse ding sê. Dit bly maar ‘n toffie. Ek doen dit ook.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s