Woensdag skrywe

Verhoudings is verskriklik baie werk.

Ons in daagliks in soveel verhoudinge betrokke. Met geliefdes, vriende, familie, werkskollegas, kliënte en tussen al hierdie verhoudings deur, onsself. Seker die verhouding wat die maklikste afgeskeep word.

Ek dink wat verhoudings en verhoudinge so verskriklik moeilik maak is dat elke liewe mens op die aarde nie dieselfde as enige ander mens op hierdie aarde is nie, maar steeds moet ons maniere vind om betekenisvolle inter-aksie met mekaar te hê. Sommige mense is meer suksesvol as ander op die gebied van mense verhoudinge (ek self vaar maar swak op die gebied en dit is regtig net genade dat ek dit hoegenaamd regkry).

Soos wat ek ouer word vind ek dat dit vir my moeiliker en moeiliker word om verhoudinge in stand te hou wat vreeslike werk kos. Ek is onverdraagsaam as dit by my tyd kom en mense wat my tyd mors en/of steel maak my briesend. Ek raak meer en meer gekluister aan dit wat vir my bekend en gemaklik is en vind die aanknoop van nuwe verhoudings byna onmoontlik.

Ek weet nie hoe om dit te verander nie. Ek weet nie of ek dit wil verander nie.

Ek verstaan dat interaksie met moderne tegnologie eintlik veronderstel is om makliker te word. Mens kan vinnig sms, op Facebook sien wat aangaam, ‘n email stuur. Dis egter nie die metodes van interaksie wat verhoudinge vir my moeilik maak nie, dis die gee van myself. Ek weet dit is verskriklik selfsugtig, maar met al die “side-shows” in ‘n grootmens lewe, voel dit soms vir my of die werklike gee van my tyd, energie en aandag omtrent die enigste ding is waaroor ek regtig beheer het.

Ek het die afgelope paar weke veral weer so gevoel.

As ek ‘n slegte pel is – jammer.

As ek ‘n slegte suster is – jammer.

As ek ‘n slegte dogter is – jammer.

As ek ‘n slegte blogger is – jammer.

As ek ‘n slegte baas is – jammer.

Ek kan darem met ‘n skoon gewete trots erken dat ek ‘n baie goeie vrou en beminde vir my Liefie is.

Advertisements

9 thoughts on “Woensdag skrywe

  1. Nelba Februarie 4, 2009 / 3:04 nm

    Ek stem saam dat sekere soorte verhoudings eenvoudig te veel verg. Soms is dit nie ‘n geval van sekere tipes mense nie – hoewel jy emosionele vampiere kry, verseker! Maar eerder wie jyself op die oomblik is in kombinasie met wie die ander persoon op daai oomblik is. Oor ‘n week of ‘n maand of ‘n jaar mag dinge weer anders lyk.

  2. Hanlie Februarie 4, 2009 / 4:59 nm

    Ek voel nes jy, Jane. Ons lewens is te besig…

  3. Thea Februarie 4, 2009 / 7:18 nm

    Ek voel presies ook so en ek weet ook nie of ek wil verander nie! En ja ek voel skuldig daaroor…

  4. Sonkind Februarie 4, 2009 / 10:17 nm

    Jy is nie alleen nie. Ek is verseker ‘n slegte dogter, ‘n slegte suster en selfs soms ‘n slegte ma. Ek dink darem ek is nie ‘n te slegte baas nie, en net ‘n effens beter pal 😆

  5. Wipneus! Februarie 5, 2009 / 9:00 vm

    Ek voel ook so, ons is net te besig, ek vind natuurlik dat mense dit nie altyd verstaan nie. 😉

  6. rosalindfranklin Februarie 6, 2009 / 5:21 nm

    Jip ek is besig om ‘n totale kluisenaar te word, ek was nog darem my klere…maar dit is ook omtrent al. Ek wil nie met mense meng nie en ek mis hulle ook nie.

  7. Sammi Februarie 7, 2009 / 7:22 vm

    My opinie is dat mens op ‘n kol net meer eerlik teenoor jouself is – en dat mens ook net in SOVEEL stukkies gedeel kan word. Partykeer voel dit asof te veel mense te veel van jou wil hê – DIS die tyd wat ek ook gaan “hole-up” en antwoord nie die deur of telefoon nie.
    Bly om te sien ek’s nie weird nie!

  8. Sommergoed Februarie 13, 2009 / 3:00 nm

    Slegte sussie. Nee wat. Ek weet mos al teen die tyd wanneer jy ‘n sussie wil wees en wanneer ek liefs nie met my dinge na jou toe moet hardloop nie. jy is ‘n great tannie en peetma!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s