Stoorplek

Ek het onlangs ‘n sin in Agaat raakgelees wat my net daar vir ‘n ruk lank laat ophou lees het. Ek weet nie hoe dit gekom het dat ek so verskriklik aangegryp is deur een sin in ‘n boek van 718 bladsye nie. Erger nog, ek kan nie die sin onthou nie, maar slegs die begrip.

Ons is almal iemand anders se argief.

Ek het eerste die begrip ontstellend gevind. So asof ons lewe om ander mense se stories en lewens te onthou, maar wie onthou ons s’n? Ek het dit veral ontstellend gevind omdat ek besef het wat ek kies om in my argief te hou. Nie die blye gedagtes en herinneringe nie. Die pyn en seer word gestoor. Sodat mens later weer die rofie kan afkrap om te voel of dit nog seer is… Stories oor geliefdes wat ek miskien tweedehands gehoor het, maar stoor as my eie. Issues wat ek geërf het by my ma en my pa, omdat hulle gekies het om daai issues in hulle argief te hou.

Ek het vir ‘n hele week met die begrip van iemand se argief wees rondgeloop voor ek besef het dat ander mense daagliks ‘n argief van my lewe ook word. Eers selfsugtig gekerm oor wat ander mense aan my gedoen het, voor ek besef het dat ek miskien ook besig is om onuitwisbare herinneringe en gevoelens by ander te skep.

Elke mens lewe eintlik met ‘n verskriklike verantwoordelikheid. Wat kies jy om van ander te onthou en wat gee jy ander om van jou te onthou?

Advertisements

10 thoughts on “Stoorplek

  1. Hanlie Januarie 25, 2009 / 5:32 nm

    Dis waar! Baie diep pos, Jane… maar iets waaraan ons almal gerus meer kan dink. Dankie dat jy my daarop bedag gemaak het.

  2. Wipneus! Januarie 25, 2009 / 8:24 nm

    Hierdie inskrywing gee mens baie om oor na te dink Jane! Ons lewe is inderdaad ‘n groot verantwoordelikheid.

  3. demoerin Januarie 26, 2009 / 1:31 nm

    Nogal scary as mens mooi dink, en besef mens los nie altyd mooi gedagtes dalk by ander nie. Baie belangrik om altyd te probeer dinge oplos, eerder as om in die lug te hang en smoulder!

  4. rosalindfranklin Januarie 26, 2009 / 4:50 nm

    Ongelooflik pragtige inskrywing, dankie.
    Miskien is dit hoekom ek van argiewe hou?

    Van die ware my, die ene diep binne gee ek min vir min mense.

    Van ander bewaar ek baie, regtig baie, meer as die “gewone” mens, sou ek se.

  5. White Knight Januarie 28, 2009 / 11:52 vm

    Dagse Netjane
    Baie waar woorde wat jy vandag met ons deel. Wat onthou jy van ander en wat wil jy vergeet. Dieselfde met ons, wat wil jy regtig dat ander van jou onthou.

    Groete

  6. Emil Januarie 29, 2009 / 12:59 nm

    Jinne, dit is ‘n mooi inskrywing. Ek dink … en dink. Die beskrywing van “argiewe” is inderdaad so gepas. Ek raak soms so in myself gekeer dat ek skoon vergeet hoe dit op ander impakteer – daardie argiefinskrywings kom gereeld terug om by my te spook!

    Noudat ek ook uiteindelik in erfgenaam het, is die verantwoordelikheid soveel groter.

  7. Nelba Januarie 29, 2009 / 10:33 nm

    Sjoe, ja, dis waar!

  8. Sonkind Januarie 30, 2009 / 8:53 nm

    Dis ook soms so maklik om eerder die lelike te onthou en oor te kla as die mooie. Jou woorde los baie stof tot nadenke.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s