Hoe trek ‘n blog behoorlik?

Ek het op 1 Junie 2007 my eerste blog post by iblog geskryf. (www.justjane.iblog.co.za). Op 10 Februarie is dit my 1 jaar blog verjaarsdag hier by WordPress.

My iblog blog is nog oop, maar nie meer aktief nie. Wat doen ek met die maande se inskrywings wat ek daar het? Dit voel vir my verkeerd om die blog te sluit en die inskrywings verlore te laat gaan. Hoe dra mens inskrywings oor? Ek wil die rekord hê, maar nie noodwendig die ou goed weer opnuut plaas nie.

Enige raad van die ander blog trekkers?

Advertisements

5 thoughts on “Hoe trek ‘n blog behoorlik?

  1. Miss P Januarie 17, 2009 / 10:42 nm

    I know you can import files into WP. Perhaps check on iblog if it lets you export, not sure if compatible with WP though …

  2. Louisa Januarie 18, 2009 / 8:07 vm

    Toe ek van blogger af WordPress toe geskuif het, het ek net ‘n link aan altwee kante gesit om hulle na mekaar toe te wys. Dis is moontlik om die posts te import van sekere plekke af – maar partykeer loop dit skeef, en ek wou nie die kans vat nie.

  3. Wipneus! Januarie 19, 2009 / 9:49 vm

    Ek is nie op hoogte met i blog nie, maar as hulle die export funksie het kan jy dit so doen. Ek het bv nog wordpress en blogger blogs waar ek al my ander blogs se inskrywings import, net vir ingeval dit dalk verlore mag raak. ‘n Back-up!

    Mmmm ek het nou baie inskrywings en fotos wat ek op jou ander blog kan gaan lees en kyk!
    Verskoon maar as julle niks van my hoor nie 😉

  4. ICE Januarie 19, 2009 / 11:43 vm

    Jane, ek het presies dieselde probleem. Hoop jy kry raad, sodat ek dit ook kan doen.

    ‘n Mens wil glad nie die ou inskrywings laat verlore gaan nie.

  5. DoosDeluxe Maart 8, 2009 / 4:47 nm

    It can be done! As jy weer ‘n gratis lunch met die Uno wen, kom gesels met my!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s