Aksie rakker

Ek hou nie van oefening nie. Ek is nie ‘n gym bunny nie en die paar tekkies in my kas is eintlik heel terloops daar. Ek stap in ‘n goeie week so 2 of 3 keer 5km ver. Ek doen dit nie omdat dit vir my lekker is nie. Ek voel nie beter na die oefening nie, ek voel nie die endorfiene nie. Ek haat dit om te sweet.

Ek speel vanaand twee “action netball” wedstryde. Twee! Ek weet nie presies hoe dit gekom het dat ek “ja” gesê het nie. Die kantoor het so ‘n gemengde spannetjie op die been gebring en probeer my al lankal betrek. Ek staan nog heeltyd sterk. Ek sou buitendien net ‘n las vir die span wees en het die ball sense van ‘n kapstok. Balle maak my bang. Ek sal koes as ek die ding nader sien kom. Die span kort vanaand ‘n dames speler en daai dame gaan nou ek wees. Ek het daarop aangedring dat ek net verdediger sal speel, aangesien dit vir my na die posisie met die minste aktiwiteit gelyk het. Ek is 1.63m lank. As die doel ‘n man is, is die span in hulle moer in.

Dis nou waar my “just do it” houding my kry.

Advertisements

18 thoughts on “Aksie rakker

  1. Louisa Januarie 14, 2009 / 9:10 vm

    😆 Sterkte man! Ek’s seker jy sal fine wees…wie weet miskien hou jy daarvan?

  2. Paula Januarie 14, 2009 / 9:33 vm

    Sterkte vir jou … my arme kniee sal dit nooit hou nie 🙂

  3. sommergoed Januarie 14, 2009 / 10:23 vm

    Toemaar sussie.Ek dink jou vrees vir balle kom van jou skooldae af! Wat het hulle daai balle in L.O genoem. Medisyneballe? Ek weet net dit was groot,hard en swaar en as jy per ongeluk getref word het jy vir die res van die L.O periode bly le!

  4. Sonkind Januarie 14, 2009 / 2:12 nm

    As die doel ‘n man is, sal jy moets SpringJane! 😆

  5. rosalindfranklin Januarie 14, 2009 / 2:58 nm

    LOL! Ek dog ek lees ‘n bio van my eie sportlewe! Netbal is boonop vir my so sinnelose stupid sport. Gooi te bal vir mekaar, duh??

    Ek verpes dit net so om te sweet gagagagaag! Naar. En as ander mense se sweet op my spat wil ek dadelik gaan was.

    Dis ‘n lieg daai ding van lekkery-kry hormone wat kamstig afskei, dis net ‘n truuks om mens te kry om saam te oefen. Want op skool moes ek kilometers ver hol en al wat ek gevoel het was mildstreek en brandende longe. Lekker voel? Nooit.

    Ek sal aanbied om noodhulper te wees, dokter-dokter speel is nog die lekkerste…

  6. White Knight Januarie 14, 2009 / 4:47 nm

    Dagse Netjane

    So ewe ontpop jy in aktiewe Jane. Hoop net vir jou part die doel, man of vrou is nie lomp dat jy hulle moet heeltyd regop hou nie. 😆

    Groete

  7. Tersia Januarie 14, 2009 / 8:12 nm

    Ek sou nie oomgee om sportief te wees nie – so met ‘n ingebore oor-aktiewe lyf…..! Ek doen dit ook maar omdat almal se ek moet!

  8. demoerin Januarie 15, 2009 / 7:52 vm

    😆 Ek wonner of aktiewe Jane nou lam Jane is vanoggend? Jy skryf in vir ‘n netbal span…en jy is bang vir ‘n bal??????

  9. netjane Januarie 15, 2009 / 8:09 vm

    Louisa: Ek het nie daarvan gehou nie, maar ek het gespeel.

    Paula: My hele lyf is vandag seer! As dit maar net die knieë was!

    Sommergoed: Balle het ‘n manier om my te tref. Nog altyd.
    (my ouers het my teruggehou)

    Sonkind: Die doel was ‘n lang, breë man. My springery het niks gehelp nie!

    Rosa: Dokter-dokter… Nou praat jy! 😈

    Ridder: AktieweJane is nou nie iets wat ek graag is nie…

    Tersia: Ek hoor wat jy sê!

    Demoerin: Ek is halflamJane. Ek het nie ingeskryf nie, so dom is ek darem nie. Dit was ‘n groot guns aan kollegas!

    Uit die twee wedstryde het ons een gewen en een verloor.

  10. Wipneus! Januarie 15, 2009 / 5:31 nm

    LOL ek voel soos Rosie oor balle, netba en sweetl!! Hulle kan ook maar bly wees ek was nie daar nie, hulle sou altwee wedstryde verloor het!!!

    Sterkte met die halflam lyf Jane!!!

  11. boendoe Januarie 15, 2009 / 7:48 nm

    Jy’s snaaks! 😆

  12. hanlie Januarie 15, 2009 / 9:55 nm

    Ek is deesdae heel aktief en voel beslis die endorfiene… maar ek weet darem nie van netbal nie. Ek is ook doodbang vir ‘n bal, of enigiets wat in my rigting gegooi word.

  13. Krista Januarie 16, 2009 / 9:16 vm

    Cool!

  14. rosalindfranklin Januarie 16, 2009 / 12:43 nm

    Nee my aarde, as mens iets gooi dan gooi jy behoorlik, soos ‘n klip. Maar bal-sport, nee wat.
    En in netbal mag mens nie eers met die bal hol nie! Tja.

  15. Emil Januarie 17, 2009 / 8:42 vm

    Dis seker net mens wat ‘n ingebore, evolusionêre aanleg vir balspel het. Vrouens, daarenteen, se balspeel-geen is jeen die evolusionêre proses latent, want mens gooi mos nie bal in die kombuis nie 😉

    Ok, ok, ek koes, slaan dekking en hardloop weg, voordat ek met klippe gegooi word 😆

    Dokter-dokter speel kan mens ook mos maar laat sweet 👿

  16. rosalindfranklin Januarie 20, 2009 / 7:09 nm

    Emil! LOL, my balspeel en kook gene het gemuteer in dokter-dokter-speel gene.

  17. demoerin Januarie 22, 2009 / 7:52 vm

    😆 Rosa … balspeel….., nee toemaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s