Just do it!

My eerste week terug by die werk het my heel onkant betrap. Ek droom nog van “easing into things” toe die dinge in my in “ease”. En net so voel die bietjie vakansie wat ek gehad het asof dit nooit plaasgevind het nie. Gmf.

Ek het besluit 2009 is my jaar van doen. Sal maar sien hoe lank dit hou. (Ek skat tot aan die einde van Januarie…)

Die “doen” sluit lyk my nie blog skryf in nie. Ek is te lui vir blog. Ek het vir ‘n rukkie oorweeg om die blog met blogvakansie te laat gaan, maar ek kon dit nie oor my hart kry om die “maklike” uitweg te neem nie…

Wat ek wel gedoen het:

1. Testament opgestel;

2. E-filing;

3. Ingeskryf vir Sarie bruid van die jaar;

4. Dankie sê kaartjies klaargemaak (!!)

5. Hierdie inskrywing gedoen.

Miskien is ek hierdie week beter. Miskien nie.

Advertisements

14 thoughts on “Just do it!

  1. Jo-Ann Januarie 11, 2009 / 8:56 nm

    Laat weet my as jy nr 3 wel gedoen het…. jy het pragtig gelyk op jou troue en jou rok was besonders….

    Ek is ook lui vir blog… maar gaan met rukke en stote tog aan. My mojo is so bietjie met vakansie 🙂

  2. netjane Januarie 11, 2009 / 9:05 nm

    @ Jo-Ann: “my mojo is met vakansie”. Ek hou van daai verduideliking. Ek sal dit vir eie gebruik steel!

    Ek het gister die inskrywingsvorm, storietjie en fotos vir Sarie per epos gestuur. Nou hou ek maar duim vas!

  3. Nelba Januarie 12, 2009 / 6:48 vm

    Mooi, Jane!

    Ek het my jaar begin met ‘n dagboekietjie vir my lysies van goed wat gedoen moet word, maar ek sien die ding is klaar weg. Ok maar goed. Die eerste dag se lysie was langer as die plek wat gelaat is vir die hele week se inskrywings.

  4. Krista Januarie 12, 2009 / 7:44 vm

    Sterkte, jong! Easing into things gebeur gewoonlik nie so smooth as wat ‘n mens hoop nie . . .

  5. Paula Januarie 12, 2009 / 9:45 vm

    Sterkte met die Sarie inskrywing! Jy staan ‘n baie goeie kans want jy het regtig pragtig gelyk 🙂

  6. hanlie Januarie 12, 2009 / 3:05 nm

    Ek dink jy’t al heelwat vermag! Sarie moet ons laat stem!

  7. George Maru Januarie 12, 2009 / 9:28 nm

    Ek het agterkom as dit rof by die werk gaan, is ek maar traag om te blog. Ek dink die werk steel mens se mojo. 🙂

  8. demoerin Januarie 13, 2009 / 3:41 nm

    WOW, sommer ‘n hele mondvol en dit is nou eers die 13de! Hou moed en kyk suid… ek sal vir jou waai! 😆

  9. Miekie Januarie 14, 2009 / 8:25 vm

    Ek hou duim vas vir jou vir daardie Sarie inskrywing. Klink my jy het al heelwat van jou doenery gedoen!

  10. parkes1 Januarie 14, 2009 / 10:59 vm

    Ja nee ek stem ook vir die Bruidkompetisie, jy het pragtig gelyk en die rooi is iets anders. Dit het pragtig gelyk!!!

  11. Inxie Maart 6, 2009 / 5:54 nm

    Het jy al iets gehoor van die Sarie bruid kompetisie?

  12. netjane Maart 7, 2009 / 7:29 nm

    Nog niks gehoor nie Inxie. Ek vermoed die slegste!

  13. Inxie April 2, 2009 / 9:41 nm

    sommer net nuuskierig oor die bruidskompetisie? Het jy al gehoor?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s