Gastehuis Jane

Groot sug.

My gaste is weg.

My skoonmense het die 29ste Desember geland en vanmiddag weer weggetrek. Die normale “skoonma” bordjie kan glad nie om my skoonma se nek gehang word nie en my skoonsus en haar twee kinders is heel aangenaam. Dis maar net dat 4 gaste in my spasie aan my gevat het.

Ons bly in ‘n 3 slaapkamer huis, met ‘n aparte studeerkamer wat ons in ons tv en “chill out” kamer omskep het. Dit laat ons met ‘n aparte sitkamer en eetkamer en ‘n lekker kombuis.Die tuin is baie groot en die stoep is lekker om op te sit. Daar was dus genoeg spasie vir almal om te “wees”, maar die groot probleem het elke oggend teen omtrent 7 uur begin. Tok-tok-tok op die Jane/Liefie slaapkamer deur. “Are you guys awake?”. Liefie wat elke oggend knor: “We are now”, met die ironie wat elke oggend verlore gaan. Die tweede badkamer in die huis het net ‘n bad in. Die hoofslaapkamer se badkamer het die stort in. Nie een van my gaste het gedink hulle kan vir ‘n paar dae bad in pleks van stort nie. Nie een van my gaste het gedink hulle kan miskien in die aand stort sodat daar nie ‘n aanhoudende tou vir my badkamer was nie. Nie een van die gaste het gedink hulle sal eers vir Jane/Liefie kans gee om te piepie en tande te borsel voordat hulle die stort annekseer nie. Nee wat.

So elke oggend om 7 is ek uit my bed gegooi, want ek het nog nie heeltemal gemaklik gevoel om styf in my man se omhelsing voor my skoonma te lê nie. Ek haat dit ook om met pyjamas te slaap, maar nou ja, dit moes ook verander. Die een oggend wat ons gesê het ons is nog nie wakker nie en gee ons net ‘n minuut, het daar ‘n groot “Oh!” as antwoord gekom. Wat my toe lus gemaak het om te skree: “Nee! Ons is NIE besig met wilde seks nie, maar as ons was, so what? Ons is getroud! En dit is ons huis!”.

My gaste is ook vegetariërs. Ek het hulle net nooit sien groente eet nie. Die kinders is heel vol kak en vir twee tienerdogters is hulle eetgewoontes pateties. Selfs nadat ek gevra het of ek iets spesifieks moet koop en hulle nee geantwoord het, is ek nog steeds snaaks aangekyk toe ek sê ek het nie Strawberry Pops in die huis nie.

Ek is stokflou en kan nie glo ek moet al weer môre by die werk wees nie.

Groot sug.

Advertisements

21 thoughts on “Gastehuis Jane

  1. Louisa Januarie 4, 2009 / 5:01 nm

    Ja-nee, ek reken jy kort ‘n medalje. Ek’s baie lief vir my familie, maar ek sweer as hulle vir ‘n hele week intrek gaan bly ek eerder iewers anders.

  2. Hanlie Januarie 4, 2009 / 6:57 nm

    Kuiermense is nie speletjies nie… Laat sit vir jou ‘n stort in die bad van die ander badkamer sodat jy voortaan ten minste nie weer daardie probleem het nie.

  3. Wipneus! Januarie 4, 2009 / 9:22 nm

    Gaste is grootwerk veral as mens ‘n perfeksionis is. Ek is seker jy is stokflou! 😉

    Sterkte vir die week wat voorlê.

  4. sommergoed Januarie 4, 2009 / 9:23 nm

    Sussie ek is baie trots op jou. Jy het baie mooi gespeel!

  5. demoerin Januarie 5, 2009 / 8:50 vm

    😆 Beste wense vir 2009, na daai begin kan dit net hope beter gaan.

  6. Emil Januarie 5, 2009 / 11:30 vm

    Jees, dis nou wanneer mens ‘n vakansie van ‘n vakansie nodig het. Sterkte jong!

  7. DGS Januarie 5, 2009 / 3:21 nm

    Eerder jy as ek! Gelukkig is almal nou weg. Dink net – nog net 350 dae dan gebeur dit weer! 😉

  8. Paula Januarie 5, 2009 / 4:17 nm

    Hoop jy voel gou weer beter. ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar vir jou!

  9. Rustig Januarie 6, 2009 / 2:14 nm

    Jy is nogal geduldig! Ek wys sommer gou die deur, ongeag of dit familie is of nie. Ek is nie ‘n hotel nie. Ek stem vir jou as gasvrou van die jaar!

  10. Dellie Januarie 6, 2009 / 8:44 nm

    Hats off to you, girl! Ek dink jy het dit heel goed hanteer… 😎 Ek sou natuurlik na die tweede oggend in ‘n heks verander het! 👿

  11. Dellie Januarie 6, 2009 / 8:45 nm

    BTW, ek hou van die nuwe look! 😉

  12. demoerin Januarie 7, 2009 / 7:51 vm

    😆 En nou? Rus jy bietjie…. hehehe

  13. White Knight Januarie 7, 2009 / 3:05 nm

    Psst NetJane, pla ons haal jy verlore slaap in? 😀

    Nee wat, verdien ‘n medalje, geen mens kom boender my in my eie huis so rond nie, nog minder die koningin. Voor hulle kan Oh, is hulle by die deur uit as enige een haar lip gee voor my. 🙄

    Mag die vrede van slaap, die vreugde van stilte en alleen wees saam jou geliefde, blydskap en voorspoed julle omhels en beskut die toekoms voor julle.

    Groete

  14. rosalindfranklin Januarie 7, 2009 / 3:21 nm

    LOL.Kyk ek sal tog spesiaal vir ‘n kind kosmaak (tensy hy/sy ‘n diabeet is). Of jy eet wat ek gee, of jy vrek van die honger. Ek vermoed die kind sal eet voor hy/sy ineenstort.

    Ek weet hoe jy voel. Een huisgas maak my gek….vier sal my net laat verdwyn. Jy is ‘n goeie mens.

  15. NetJane Januarie 7, 2009 / 3:25 nm

    Ek blog spoedig weer – ek herstel (regtig!!) nog! 😉

  16. mykopop Januarie 8, 2009 / 9:43 nm

    Mens leer later om so ‘n situasie maar te verduur, net vir ‘n paar dae, ter wille van die familiebande. Maar dit is vir my nogal erg as mens teen 10-uur, 11-uur in die aan flou gekuier is om dan te moet wag vir ‘n badkamer. Sit daardie stort in as jy enigsins kan, of sit ‘n stort in die tuin met hesian of skadunet om!

    Alle voorspoed vir 2009!

  17. Adrie Januarie 9, 2009 / 10:16 vm

    Ek sou hulle by die stort se kop ingedruk het. Ek sweer.

  18. koeksister Januarie 9, 2009 / 2:40 nm

    My skoonouers het die 27ste November by my aangekom en het my meegedeel hulle gaan kuier tot einde Januarie, want “ons kuier tog te lekker”. Eish

    Ek kan my indink hoe verlig jy nou voel. 🙂
    Ek wag nog vir daardie gevoel……..

  19. parkes1 Januarie 14, 2009 / 10:34 vm

    Hallo Jane die eerste keer wat ek hier comment, ek voel ook soos jy, ons het n vakansie woonstel en as ons afgaan soontoe soms vir net n naweek dan wil mens net so effe bietjie laat slaap ai dan klop iemand aan die deur die son het skaars opgekom. Daar is een Tannie wat ons gedurig pla ek dink sy is eensaam en soek gedurig geselskap en sy vertel een ding oor en oor. Die mense het ook al gesien ek vererg my, so die geplaery is nou minder.
    n Mens wil soms ook maar net alleen wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s