22 Desember

Ek lees al ‘n hele ruk lank Postsecret. Die strekwydte van mense se gevoelens, gedagtes en lewens vang my elke keer. Daai tipe “vang” waar iets gelyk so hartseer of mooi is dat die hartseer mooi raak en die mooi hartseer. Dis so amazing dat jou hart pyn. Human vulnerability – it gets me everytime.

Ek het toe onlang vir my een van die boeke bestel, net om op my eie tyd na die poskaarte te kan kyk. As deel van die inleiding verskyn hierdie stuk:

“To the person who mailed the postcard that read, “The thing I hate most about myself is that I’m too lazy to change the things I hate,” I read your secret and cried. I decided to look at myself and see what my problem was. More than being lazy, I realised it was about fear. I was afraid of trying my hardest and still not succeeding. But then I realised I was already living my worst case scenario by not even attempting to move forward. Today, I decided fear and laziness would not rule my life. I hope knowing you helped someone will help you too.”

Sjoe…

Ek is lui. Ek is bang. Ek is lui omdat ek bang is.

Nie meer nie. Ek het Vrydag ‘n groot besluit oor my toekoms geneem.  Ek hoop net nie ek is te lui om dit uit te voer nie..

Advertisements

12 thoughts on “22 Desember

  1. Pikkie Desember 22, 2008 / 5:22 nm

    Baie sterkte vir jou! (((Janerasie)))

  2. Krista Desember 22, 2008 / 9:16 nm

    Sterkte!

  3. boendoe Desember 23, 2008 / 3:16 vm

    Wow! Ek het nou eers PostSecret gelees. Fassinerend!

    Janey, sterkte met jou besluit. Moet.nie.te.lui.wees.nie! 😆

  4. George Maru Desember 23, 2008 / 6:45 vm

    Klink interessant. Baie sterkte en laat weet hoe dit gaan met die uitvoering van die besluit.

  5. Zee Desember 23, 2008 / 9:29 vm

    Sterkte met jou besluit Netjanie..

    Mag hierdie Christusfees vol liefde wees vir julle. ‘n Baie geseënde Kersfees vir jou en jou familie.

  6. White Knight Desember 23, 2008 / 9:43 vm

    Dagse NetJane

    Onthou elke verandering begin by ‘n besluit en dan word selfs ‘n Marathon gehardloop met die gee van ‘n eerste tree en die aan hou van tree na tree.

    Sterkte met jou besluit en mag jy sukses behaal in meer as een opsig. Na ‘n week sal jy weet jy doen reeds meer as voor die week begin het.

    Groete

  7. pepik Desember 23, 2008 / 6:30 nm

    Hallo Jane

    Nee wat , ek stem saam. Hard werk in 2009 en aanhouer wen, val, probee weer en ja, soos die son strykel, styg en styk an.

    Nee, laat ek weer probeer. Ja, besluite is so soos nou, vir die nuwe jaar, moet mens besluit is jy reg of weg en ek het ook besluit ek is reg.

    Nee, ek sukkel om sense te maak. Werk is altyd goed. Om aan iets te werk is altyd vol hoop en dan is mens gemotiveerd. So ledigheid is die duiwel se ookussing.

    Ek praat in ‘n knoop, ek stem saam met jou.

    La chaim
    Ann

  8. mykopop Desember 24, 2008 / 6:39 vm

    Sterkte met die uitvoering van jou besluit, en ‘n baie gesëende Kersfees!

  9. demoerin Desember 24, 2008 / 7:58 vm

    Al my beste wense vir die “groot besluit”, en wense vir die wete dat dit NET JY is wat dit kan maak werk of nie!
    Every day to the full, with no regrets – only learn from your mistakes.

  10. Emil Desember 24, 2008 / 12:11 nm

    Sterkte, NJ.

    Ek wens jou en jou geliefdes ‘n wonderlike kerstyd toe!

  11. Pikkie Desember 24, 2008 / 4:24 nm

    Noutoe, Janerasie, ‘n wonderlike Geseënde Kersfees vir jou en liefie (met die uitge’blur’de gesig)! Ek wens julle, vreugde, blydskap en vrede toe! ♥♥♥

  12. hanlie Desember 25, 2008 / 10:09 nm

    Ek is ook ‘n aanhanger van Postsecret… het al baie nuggets of truth daar raakgeloop.

    Sterkte met jou groot stap!

    My ma stop my vanoggend ‘n boek in die hand wat ek dink jy sal geniet… “Kruidjie roer my” deur Antoinette Pienaar. Ek kan dit nie neersit nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s