Prysuitdeling

Juffrou Du Randt was my standerd 4 registerklas juffrou. Sy het ook vir my wiskunde gegee. Sy’t erg gebry en ek het begin wonder of mense wat lisp altyd sal opeindig met esse in hulle name en vanne, en mense wat bry met erre.

Juffrou Du Randt het graag strafwerk (met twee erge erre) uitgedeel. Juffrou Du Randt het ook graag deurtrekkers gedra. In die dae toe nog net strippers en die tipe mense wat jy nie wou hê vir jou kind se opvoeding verantwoordelik was nie, deurtrekkers gedra het. G-string Du Randt het die seuns haar genoem.

Ek dink vandag oor die eerste “geskenk” wat ek gekry het waarvan ek nie gehou het nie, maar waarvoor ek tog dankie gesê het. In standerd 4 het ek (weer – begaafde kind wat ek is) ‘n boekprys gewen. As ‘n ernstige leser het ek altyd vreeslik baie van my boekpryse gehou. Tot in standerd 4. Toe ek die papier afskeur wou ek omtrent huil. Dit was loshande die slegste “geskenk” wat ek nog ooit ontvang het.

Die titel van die boek was “Keurige kussings”. Dit was iets soos ‘n stap-vir-stap gids hoe om kussings te maak. Vir my. Die een wat nie ‘n stuk garing in ‘n naald kan sit nie. Juffrou het die volgende dag na my toe gekom en aan my verduidelik dat sy vreeslik angstig is of ek oor die boek hou, want toe sy dit sien het sy net geweet ek sou mal wees daaroor, want, en hierdie quote steek nog 15 jaar na die gebeurtenis is my geheue vas: “ek is so ‘n tipe mens”. Die boek staan nog op my rak, met die netjiese kaartjie voorin. Ek kan dit nie oor my hart kry om die boek weg te gee of te gooi nie, ten spyte van die feit dat die boek my eintlik elke keer daaraan herinner hoe sleg dit is om  iets te kry  wat glad nie by jou persoonlikheid pas nie.

Ek het hierdie jaar nog nie ‘n enkele kersgeskenk gekoop nie. Ek stel dit af en uit. Vir my is dit omtrent ‘n doodsonde om ‘n geskenk wat nie by die ontvanger pas nie, te gee. Mense gee dan en wan vir my goed wat glad nie by my pas nie en dit voel elke keer vir my soos die prysuitdeling in standerd 4.

Advertisements

11 thoughts on “Prysuitdeling

  1. Pikkie Desember 20, 2008 / 7:10 vm

    😆 😆 😆 Keurige kussings!!!! Whahahaha…. Skies ek lag nie vir jou nie!!! 😈 😆 Goed geskryf Janerasie, maar ‘n geskenk gaan rerig oor die gesindheid waarmee dit gegee is. Iemand kan vir my iets gee wat ek met my hele wese graag wou hê en as dit met ‘n stywe lip en plooi gesig gegee word is dit die ‘OG’ geskenk…

  2. hanlie Desember 20, 2008 / 8:04 vm

    Die juffrou se oordeel was baie sleg! Geen standerd 4 kind, maak nie saak hoe handig, wil so ‘n boek he nie! Ek kan nie glo jy het dit nog steeds nie.

  3. Krista Desember 20, 2008 / 9:04 nm

    Dis hoekom ons van lysies af werk!

  4. netjane Desember 21, 2008 / 1:57 nm

    Ai Pikkie, moet jy dan altyd reg wees!? 😉

    Ek weet ek moet dink aan die gesindheid, maar maak ‘n baie goeie gesindheid regtig op vir ‘n baie k@k geskenk?

    Hanlie – om die boek te hou is elke jaar vir my ‘n tipe toets, hoe lank ek myself torture. Ek dink ek moet die ding sommer nou gaan weggooi!

    Krista – ek maak graag lysies…

  5. Pepik Desember 21, 2008 / 2:29 nm

    Ek kan dit nie glo nie ai

  6. Emil Desember 21, 2008 / 9:52 nm

    Ai, die sentiment darem! Kom, erken nou, jy het die boek nog want jy HET dit gebruik … en daarvan gehou. Jy is mos so ‘n tipe mens 😆

    Geseënde Kersfees.

  7. netjane Desember 22, 2008 / 7:57 vm

    Vang jy my nou uit Emil! 😉 Sê net as ek vir jou ‘n kussing vir jou kantoor aanmekaar moet slaan!

  8. demoerin Desember 22, 2008 / 11:52 vm

    😆 …so ‘n tipe mens. Weet jy, gee my eerder ‘n skop onder die agterent as iets wat voor die hand liggend nie deurdink is nie!

  9. White Knight Desember 22, 2008 / 12:31 nm

    Dagse NetJane

    Ek sal baie graag ‘n handgemaakte Sharks kussing wil he.:evil:

    Daar is mos sulke mense in Durban wat vir hulle skreeu. 😈

    Dan hoef ek nie te betaal om dit vir hulle een te koop nie. 😯

    Nee wat, ek stem saam, as jy nie seker is nie, vra die persoon wat hulle van hou, maar moenie net gee oor jy voel jy moet nie. Los dit dan liewers uit. 😉

    Groete

  10. Emil Desember 22, 2008 / 2:26 nm

    Mooi nuwe kleed wat jy het! Kom die patroon uit jou boek 😆

  11. rosalindfranklin Januarie 7, 2009 / 3:25 nm

    Ek sou gehuil het as ek ‘n boek genaamd “Keurige Kussings” gekry het. Dis bas, smyt weg.

    Neeeeee!

    My ergste een jaar van ‘n tannie was: ‘n sepie en badsout. Juk!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s