Dinsdag

” I work all night, I work all day to pay the bills I have to pay, aint it sad!”

Ek is vandag nogal redelik gatvol. Ek wil nie meer by die werk wees nie. Ek wil veral nie by die werk wees terwyl my Liefie met verlof is en by die huis kan rondjakker nie. Ek wil vreeslik graag nie by die werk wees as die fone lui en al die idiote wakker skrik en van mens verwag om allerhande super hase uit jou multicolour hoed te ruk nie.

Ek wil in die winkels rondslenter en koffie saammet vriende drink. Ek wil soetkoekies bak. Ek wil die spieël in my badkamer ophang sodat gaste kan sien hoe hulle lyk en my pa nie moet raai waar om te skeer as hy weer kom kuier nie. Ek wil werk aan my tan.

Dinsdag kom. Dinsdag kom. Dinsdag kom. Maar daar’s nog ‘n halwe Vrydag, ‘n hele Maandag  en nog ‘n Dinsdag om deur te kom.

Hierdie tyd van die jaar lewer elke Jan Rap en sy maat natuurlik ook nuwe kalenders van alle soorte hier af. Om die jaar 2009 so voor my uitgesprei te sien maak my effe depressief. Ek mik na Dinsdag, maar dan gaan dit weer Maandag die 5e Januarie wees en dan het elke week ‘n Dinsdag waarop niks gaan gebeur nie.

Advertisements

2 thoughts on “Dinsdag

  1. Pikkelik Desember 19, 2008 / 1:27 nm

    Jeits….. 😯 Nee man, skud jou vere reg, druk ‘n blom in jou hare en smile vir die lewe!!! Janetjie this to will come to pass! Gee dit net kans… Sterkte vir jou, ‘n uiters Geseënde Kersfees en ‘n wonderlike, wonderlike 2009! (sonder Dinsdae 🙄 ) ♥♥♥

  2. netjane Desember 19, 2008 / 1:33 nm

    Haai Pikkie – ek probeer om my vere reg te skud en so aan, but people insist on pissing on my parade!! 😉

    Dankie vir die mooi wense

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s