My reis

Ek was die laaste ruk so half, wel, ek skat die beste woord is “half”. Half tevrede, half gelukkig, half besig, half moeg, half wakker, half honger, half bly. So net genoeg in ‘n bui om myself te irriteer, maar sonder om regtig opmerklik anders te wees. Liefie het aanhou vra “what’s wrong angel?” en ek het net gesê ek weet nie. Want ek weet nie. Is dit maar net die tyd van die jaar? Is ek maar net vol nonsens, of hoe werk hierdie tipe ding?

Toe sit ek vanmiddag en kyk na die reën en dut so bietjie en toe drink ek ‘n lekker koppie koffie en lees bietjie blogs. En toe tref dit my. In hierdie presiese woorde: “Wat de fok?”.

Ek is nie half gelukkig en half bly en half besig en half moeg en half wakker en half tevrede nie. Ek is heel.

Ek besef nou ek was op ‘n manier kwaad vir myself. Oor ek nog nie heeltemal my lewe “na Swede” in volle swang begin lewe het nie. Omdat daar nog bokse rondstaan en omdat my wasgoed omtrent elke week ‘n week agter is. My dankie sê kaartjies van die troue is nog nie geskryf of gepos nie en meeste van die geskenke word nog nie eens gebruik nie, omdat ek ‘n stupid reël gemaak het dat ek eers die kaartjie moet stuur voor ek dit mag gebruik. Ek skuld ‘n klomp mense ‘n sms en ‘n oproep en ek het soveel goeie bedoelings, maar beloftes maak skuld.

Ek het eintlik ‘n helse klomp goed deurgemaak hierdie jaar. Ek is ontwortel, moes ‘n nuwe lewe uit ‘n ou ene maak, moes ‘n troue reël, het getrou (!) en dit alles in die tyd van die jaar waar dinge nie stadiger raak nie, maar woester!

Ek’s nou weer reg. As ‘n beloning vir myself het ek toe gedink ek gaan ‘n re-cap van van die jaar se beste herinneringe vir myself maak. Net om te onthou: “you’ve come a long way baby”.

montage1

Advertisements

13 thoughts on “My reis

  1. boendoe Desember 14, 2008 / 9:03 vm

    Jip, jy het ‘n lang paadjie gekom. En boy, what a ride it was! 😉

  2. Hanlie Desember 14, 2008 / 9:33 vm

    Ek is bly jou persektief is nou weer reg. Jou montage is pragtig!

  3. boerinballingskap Desember 14, 2008 / 10:06 vm

    Pragtige mosaiek, maar hoekom is die man op die foto se gesig uitgevee? Is hy ‘n gesoekte terroris?

  4. Wipneus! Desember 14, 2008 / 7:21 nm

    Ek stem jy het omtrent ‘n opwindende en besige jaar gehad!

    “you’ve come a long way baby”

    Mooi mosaiek

  5. Pikkie Desember 14, 2008 / 8:52 nm

    Ek is bly jy is weer jy!!! WAT ‘N JAAR!! Jou mosaiek is amazing! Net die ding om herinneringe mee te verewig! Geniet jou week!!

  6. demoerin Desember 15, 2008 / 8:01 vm

    Weet jy, ek was ook die afgelope tyd bietjie moerig met myself dat ek so uitgeput en net nie lus vir enigiets voel nie, totdat ek bietjie stock gevat het van wat hierdie jaar alles gebuer het…. en nou voel ek ook beter!

  7. Adrie Desember 15, 2008 / 8:15 vm

    Genade, ek is JALOERS!!!!

    Jane, ek dink jy sukkel maar seker om weer aan die gewone lewe gewoond te raak.

    Jy sal weet of dit regtig nodig is om daaraan gewoond te raak.

  8. White Knight Desember 15, 2008 / 11:14 vm

    Dagse NetJane

    Wat ‘n reis met soveel pragtige bestemmings. Geen wonder jou sonsoriese monitor het op gepak nie. 😉

    Sterkte en pas maar jou eie reels effe aan om vir jouself plek te maak tussen alles.

    Alles van die beste

    Groete

  9. Emil Desember 15, 2008 / 3:49 nm

    ‘n Wêreldreis, voorwaar. Jy kan dan met reg so “half-erig” voel!

  10. Krista Desember 15, 2008 / 5:46 nm

    Dis aan die einde van so ‘n besig jaar wat mens met genoegdoening kan terug sit, die boude kan laat ontspan en sê: ek het dit gedoen!

  11. ICE Desember 17, 2008 / 1:22 vm

    Klop jouself op die skouer en sê :”Well done!”

    Xcellent man!

  12. Pikkie Desember 18, 2008 / 5:13 nm

    Nou wat nou????? Ek dog jy het jouself gekry en hier gebeur dan niks…. Net so erg soos sussie… Aijaijai is dit in julle gene??? :mrgreen:

  13. Pikkie Desember 18, 2008 / 5:14 nm

    Nou is ek ook nie meer ‘n groot swart gat nie, nou het ek sommer geen prentjie… Nee aarde, dissie my dag nie… Kop, skottel, koekmeel….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s