Kan, wil en moet

Ek dra nog rompe en rokke wat bo my knie sit. Ek dra sulke netjiese snyerspakkie rokkies werk toe en oor naweke dra ek graag rompe. Ek dra dit nie omdat ek vreeslike mooi bene het nie, maar omdat my bene nog netjies is en ek dit nog kan doen.

Baie mense wil nog goed doen, maar kan nie noodwendig nie. Wat my by my vraag bring: wanneer moet iemand ophou om iets te doen? As hulle nie meer wil nie, as hulle nie meer kan nie, as ander mense dink hulle kan nie meer nie, as dit ‘n kombinasie van wil en kan is?  Wanneer moet mens ophou mini’s dra? Wanneer moet mens ophou werk? Wanneer moet mens ophou kinders hê? Is daar reëls of sosiaal aanvaarbare praktyke? Of behoort ons so vry in ons besluitneming te wees dat “wil” bo “kan” die deurslaggewende faktor moet wees?

Ek vra al hierdie vra, nie omdat ek noodwendig oor my mini dra wonder nie (ek gaan ophou sodra ek 30 is, terloops), maar omdat ek saammet ‘n bejaarde dame werk. Sy is verder ook nie vreeslik gesond nie, en het veral die afgelope jaar vreeslik met haar gesondheid gesukkel. Sy kom werk egter nou elke dag, is vriendelik, het die nodige bekwaamheid om die take te verrig, maar alles dit maak nie op vir die feit dat sy oud is nie. Sy is stadiger as die res van ons. Sy raak ongeduldig as goed nie onmiddelik na haar sin verloop nie. Sy het nie heeltemal die memo oor die nuwe Suid-Afrika gekry nie en is vreeslik uitgesproke oor haar geloof. (In die kantoor is ‘n Hindu dame getroud met ‘n Jordaniese moslem, ‘n ateïs, ‘n stil gelowige Christen en ek – nie heeltemal wat ek ‘n gebedsgroepie sal noem nie).

Op ‘n BBC Lifestyle program sien ek ‘n ma en pa van ‘n tweeling (3), waar die verskil tussen ma (28) en pa (62) 34 jaar is. En die kindertjies is heel in hulle moere in. Was dit regverdig van die pa om nog in te stem om kinders te hê? Net omdat hy kan en wil, beteken dit hy moes?

Net omdat vrouens kan boks, beteken dit hulle moet?

Net omdat ek nog ‘n sjokolade wil eet, beteken dit ek moet?

Of het die hele storie niks met my uit te waai nie?

Advertisements

19 thoughts on “Kan, wil en moet

  1. Hanlie Desember 2, 2008 / 6:03 nm

    Ek is nou baie entertained, maar het geen antwoord vir jou behalwe dat party mense nie van beter weet nie. Ons moet hulle maar jammer kry.

  2. kat Desember 2, 2008 / 9:51 nm

    1. Hanlie: Ek stem nie saam nie Wat help dit om iemand jammer te kry as jy nie actually ‘n verskil maak daarmee saam nie? Dit laat jou net goed voel oor jouself…Verder: Weet JY dan van beter? EN hoekom moet daar altyd ‘n antwoord wees? Retoriese vrae help mens om te dink.

    2. Daar is niks soos MOET vir my nie, wel dit wat binne die milieu sinvol is. Dis natuurlik jou keuse om sinvol te wees of nie… Sinneloosheid het ook sy plek…

    3. Lol @ memo oor die nuwe SA… Die mengsel van persoonlikhede en spesifieke omstandighede by individue laat my kop draai… Die tannie het obviously gekies om dit te doen wat vir haarself fine is… Op hierdie punt wil ek net iets noem wat uit ‘The Beautiful Mind’ kom. Dis mos die storie van John Nash die wiskundige. John se claim-to-fame val in die genre van Game Theory (‘n tipe wiskunde), waarin hy meen die beste strategie is om nie dit te doen wat net vir jouself goed is nie. Dit lei tot jou eie en die mense rondom jou se negatiwiteit of ondergang. Die beste is om dit te doen wat vir jouself EN die groep die beste is. Vir die geheel.

    John het die Nobel Memorial Prys in Economic Sciences gekry hiervoor, so ek reken dit tel vir IETS 🙂

    Dis die langste comment wat ek nog ooit gelos het op ‘n blog…weetnie hoekom nie… was net lus…

  3. boendoe Desember 3, 2008 / 1:34 vm

    Eeeh…hum… 🙄

  4. demoerin Desember 3, 2008 / 7:24 vm

    Ek dink solank jy kan, en dit nie nadelig tot die om jou is nie…hoekom nie?
    Dit bly egter ‘n persoonlike keuse, maar in sekere gevalle mag mense dalk net bietjie hulp nodig hê in hulle besluite om die tuig neer te lê.
    Dit is waar ware vriende inkom, die wat jy kan vertrou jou die waarheid gaan vertel, sonder dat jy daaroor gaan stoom afblaas.

  5. Pikkelik Desember 3, 2008 / 10:44 vm

    Huh????? Laat ek eers weer gaan lees voor ek ‘n ppol van myself maak…. 😯

  6. White Knight Desember 3, 2008 / 2:25 nm

    Dagse Netjane

    Baie goeie inskrywing, dit maak die grystof bietjie werk.

    Persoonlik sal ek waag om my kop in die spreekwoordelike byenes te steek. Kan dit dalk wees dat jy die norme waarmee die standaard vir dinge gestel word eerder bevraagteken?

    Wie het besluit dat ‘n romp, rok, mini net deur die of daai gedra mag word omdat die res nie goed lyk nie. Die annoreksiese modelle wat almal eers aanhang en nou weer wil verban van die loopplank?

    Die antwoord is dan dat ons eerder die voorskrifte en reels moet hersien. Buitendien reels kom en gaan, nes ou modes wat self ‘n manier het om weer terug te kom.

  7. Pikkelik Desember 3, 2008 / 2:38 nm

    Ek gaan weer probeer… Ek dink enigeen wat die bene het, of sy 6 of 60 is mag ‘n minirok dra. Ek praat nou nie van daai ‘net-onder-die-boude-lappies’ nie ek praat van ‘n ordentlik rok. My Ouma was al iets in die 60 en ek het haar nooit met ‘n lang rok gesien nie, altyd op of net bokant die knieg en sy was altyd bitter stylvol aangetrek. My man is 54 en ons kids is 4 1/2 en 1 1/2, miskien is dit ‘n risiko, maar heng, miskien word hy 90 en speel nog met sy kleinkinders…. En miskien loop ek more oor die straat en ‘n bus ry my dood…. Ek is dan nog jonk…. Hierdie selfde ouma van my het altyd gesê.. Ek moet asemhaal, ek moet eet, ek moet slaap en ek moet kleinhuisie toe gaan…. Die res is nie moete nie, dis wille!!!!

  8. boerinballingskap Desember 3, 2008 / 3:13 nm

    Ek dink daar is min objektiewe reels. Elkeen leef maar volgens sy eie ritme. Ek het die grootste respek vir mense wat nie ‘n flenter omgee wat ander van hulle dink nie, maar slegs uit innerlike oortuiging leef. In die verband sal ek nooit die aanmerking van ‘n goeie vriend vergeet, toe ek op ‘n dag ‘n afbrekende aanmerking gemaak het oor die motorkeuse van ‘n sekere persoon:
    “Onthou, dis hy wat die paaiement betaal, nie jy nie”
    Ek dink dit was ‘n goeie stukkie raad.

  9. mykopop Desember 4, 2008 / 7:13 vm

    Lyk my ons is dit almal redelik eens: dit gaan baie oor vryheid van keuse. Ek dink solank jy kan en wil mag jy. Wat die 62-jarige betref wat wil kinders hê is dit natuurlik net nie sy eie keuse nie, maar solank sy vrou bereid is om die risiko te loop dat sy die kind alleen moet grootmaak en daar is genoeg finansiële voorsiening glo ek nie daar is ‘n probleem nee.

    Ek is nogal bly Beethoven het nie besluit, “Nee wat, ek gaan nie ‘n 9de Simfonie komponeer nie”.

  10. Nelba Desember 4, 2008 / 4:17 nm

    Daar is baie algemeen aanvaarde waardes wat eintlik sommer tjol is. Maar iemand wat sy medemens respekteer, sal altyd so optree dat hy niemand benadeel nie. Ek is nie vreeslik mal oor die woord moet nie. Laat my altyd so half voel: Se wie?

    Ek moes lag kry oor die mini-voorbeeld. Die ander aand wil ek graag mooi lyk vir ‘n spesiale geleentheid en aan’t krap in my kas kom ek af op ‘n kantrokkie wat nog aan my ouma behoort het en wat my ma vir my verstel het. Die rok self is een van daai klassieke snitte wat altyd in die mode sal wees. Dit was egter die vroeg negentigs, korterige mini’s was in die mode en dus het my ma die ding afgesny ‘n entjie bokant die knie. Net vir die fun trek ek dit aan om te sien of ek nog daarin pas en…sowaar, dit pas! Met ‘n paar shimmery sykouse en my fyn skoentjies, lyk ek vir myself heel elegant. Maar ek’t vergeet ek gaan heelaand agter twee woelige knape moet aanhol. En by tye skuif daai rokkie gevaarlik op. Dis toe dat ek besluit ek behoort liewer rokke te dra wat darem op my knie sit. Ek is 38 en ‘n mini sal ek dra as ek wil, maar in ‘n lengte waarin ek gemaklik kan voel. Of in situasies waar ek nie heeltyd daaraan moet rem nie.

  11. rosalindfranklin Desember 4, 2008 / 6:42 nm

    Lekker ene die!
    Jong vroue se bene kan mooi wees tussen 30 en 40! Moenie te gou die mini weggooi nie.

    Mens kan te jonk wees om kinders te he, maar ook te oud….

  12. weeeskind Desember 6, 2008 / 1:46 nm

    ek dink jy moet ophou iets doen as dit nadelig vir jou self begin word, maar ook as dit mense om jou kan benadeel…soos die (ou)pa van die die 3jarige tweeling. Hoe lank gaan hy nog lewe voordat sy kinders sonder ‘n pa moet wees???

  13. cebella Desember 6, 2008 / 4:51 nm

    in my werksplek dra jy ordintlike klere en niks wat maag, bra, boobs of te veel been wys nie!

    so twee jaar gelede kom my direkte hoof by die werk aan – swart “vlêr” mini, swart HOë hakke, swart visnet kouse en ‘n helder pienk toppie! Gedog ek kry die of ander siekte! Eintlik mag sy maar mini’s en hakke dra…dis toe als vir haar 50ste verjaarsdag…sedertdien is dit terug na navi en maroon en cream en toe bene 😆

  14. Paula Desember 12, 2008 / 11:11 vm

    Goeie vrae … wens ek het antwoorde gehad.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s