Ongemanierde merrie!

Ek word baie moeilik baie kwaad. Ek wip my gat, maar wys bitter min my gevoelens vir die buite my binnekring. Ek is die een wat kalm bly op die foon, my kollegas sit die moelike kliënte deur na my toe, omdat ek so vreeslik beheersd bly. My stemtoon styg nie, ek is net kalm.

Ek vloek in die verkeer as ek oor goed nadink en ek is lekker demoerin as ek die foon neersit na so ‘n gesprek, maar terwyl ek met ‘n kliënt of ‘n kollega of enige ander medemens handel is ek vreeslik beskaafd. Ek noem dit goeie maniere. Ek weet my ma sal my gatvelle aftrek as ek durf om my toys lelik te gooi. Ek dink soms ek kom verder omdat ek nes ‘n donkie weer en weer en weer my kop stamp totdat ek uiteindelik my sin kry. Ek sê net oor en oor dieselfde ding, of vra oor en oor “maar hoekom” en so gaan die storie aan. Jane word nie kwaad nie.

Maar as ek die dag kwaad word!

Ek sit nou hier en stoom. ‘n Aktetikster by ‘n ander firma (hoe graag wil ek haar naam tik!!) het vanmiddag, terwyl ek nou so vreeslik vriendelik en kalm is, die volgende geskreeu:

“I will not argue about this with you!” Ek sê toe net ek “argue” nie, ek vra net hoekom. Toe skree sy nog ‘n paar goed en toe – en hierdie was die deal breaker – gooi sy die foon in my oor neer.

Hoe durf mense so op te tree? Hoekom dink mense dis reg? Voel hulle beter oor hulself? Ek sou nog probeer verstaan het as ek vreeslik sleg teen haar opgetree het, of haar uitgetrap het, om miskien selfs vir haar gejok het oor iets. Ek het niks van die bogenoemde gedoen nie. Ek was vriendelik, professioneel, prakties en aangenaam. Ek het duidelik gepraat, ek het my saak gestel en van haar verwag om dieselfde te doen.

Nou waar staan ek nou? Ek haar baas gebel, maar die is nie beskikbaar nie. Hoekom dink sy nou die probleem is opgelos of lewe ons in ‘n tyd waar die een wat die hardste skree die verste kom?

Dan bly ek maar eerder heeltemal stil.

Advertisements

6 thoughts on “Ongemanierde merrie!

  1. Wipneus! November 24, 2008 / 4:24 nm

    Ai NJ, dit is wat deesdae aangaan, mense steur hulle net nie meer aan goeie maniere nie.

    Miskien is dit die tyd van die jaar. Dit voel vir my almal, my eie ingesluit se geduld is “zero”

    Nee ek het vandag in “auto pilot” ingegaan, ek beweeg soos ‘n zombie deur die lewe! Beter vir my eie gesondheid :mrgreen:

  2. Hanlie November 24, 2008 / 5:04 nm

    Ek dink tog jy moet dit rapporteer. Sulke dinge maak my bitter kwaad en ek skroom nie om met iemand hoer op te praat nie.

  3. boendoe November 24, 2008 / 6:43 nm

    Blessitse merrie! Ja-nee, roer haar dinge, se ek ook. 👿

  4. Natasja November 25, 2008 / 5:21 nm

    Daar is geen verskoning vir so ombeskof wees nie. Dis net plain onprofessioneel, en sy gee haar firma ‘n slegte naam ook nog. Ek stem saam met boendoe – werk haar dinges!!

  5. Zee November 26, 2008 / 8:46 vm

    Nee wat NJ, bel maar haar baas. As jy nie bel nie gaan sy dink sy kan met dit wegkom en dit net weer doen…

  6. lanaba Desember 18, 2008 / 3:00 nm

    Ek kry dit baie – ek vat die sakie maar altyd humoristies aan – want hierdie halwe porra kan n lelike hieki fit gooi…..

    Be strong

    Tjortsies

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s