Bom skok

Ek sit vanoggend hier aan die verkeerde kant van ‘n paar (okay, ‘n hele paar) Jägerbombs. Ek wou nie eens na die party toe gaan nie, maar aangesien dit ‘n groot kliënt behels het, moes ek maar. Ek is nie meer ‘n groot drinker nie en een drankie is gewoonlik genoeg vir my, maar nadat die kliënte weg is, het die partytjie heel aangenaam geraak.

Ek het vir Liefie aangesê om my te kom haal en my kar maar hier by die werk laat oornag. Ek is een van die wat laat gebly het wat die vroegste geloop het. As ek so kyk na die vaal en dun ogies wat vanoggend al hier by die kantoor ingesluip het, is ek ook maar bly ek het halt geroep toe ek dit gedoen het.

Nou wag ek natuurlik in spanning vir die eerste kliënte/telefoonoproepe/leêrs van die dag.

Hoe kon ek vergeet dis ‘n slegte idee om op ‘n Donderdagaand te kuier?

Lekker naweek bloggers en bloglesers. Dis Netjane – oor en uit!

Advertisements

4 thoughts on “Bom skok

  1. Hanlie November 21, 2008 / 10:10 vm

    Ai waar’s die dae toe my hele lewe ‘n bring-en-braai was en ek die volgende dag moes keer dat ek nie op my keyboard kwyl nie. Ek is deesdae so verantwoordelik… en boring!

    Ek is bly dat jy nie bestuur het nie. Jy is meer verantwoordelik as meeste Suid Afrikaners!

  2. Adrie November 21, 2008 / 12:34 nm

    Ek vind regtig ‘n Donderdagaand ‘n goeie dag om te kuier. As dit ‘n deurnag word, hoef jy net een dag te cope. Dit gebeur ook dikwels dat ‘n party op ‘n Donderdag oorspoel tot ‘n naweek.

  3. rb November 21, 2008 / 2:55 nm

    Sterkte, hoop die ogies is darem al beter.
    Gelukkig is die dag amper om!!!!!!!

  4. Zee November 23, 2008 / 5:36 nm

    /me maak nota om weg te bly van die “bomme” af.

    Gelukkig is môre darem weer Maandag, hoop net nie hy gaan blou wees nie…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s