Voorhuweliksekontrak

As deel van my werk stel ek so dan en wan voorhuweliksekontrakte op. (Ek het net die moeite gedoen om die Notariële eksamen te slaag, omdat die Notariële seël my vreeslik beïndruk het.)

So is my jongste kliënte dan ook blykbaar verlief, ten spyte van die feit dat hy 15 jaar ouer as sy is en dat ek dink dit ‘n kak idee is om op 22 te trou. (Haar paspoort foto wys haar nog in haar skoolklere!). Ek dink toe ook dis veral ‘n kak idee om op 22 te trou en nie die aanwasbedeling in te sluit nie. Ek dra toe ook die boodskap mooi aan die aanstaande paartjie oor. (Ek het darem nie die woord kak gebruik nie). Hy sê hulle sal na die troue ‘n kontrak tussen die twee van hulle opstel. Hallo! VOORhuweliksekontrak. In elk geval.

Die situasie het so afgespeel:

Ek vra vragies (onskuldige goed soos hoe gaan dit met die troureëlings). Sy kyk met skaapogies na hom, waarna hy knik en sy dan eers antwoord. Ek merk op dat sy ‘n ongewone van het. Hy antwoord ja. Sy maak geen oogkontak nie en smelt omtrent in die sitplek in. Dis amper asof ek met ‘n spook gepraat het. Is dit wat ‘n man aan ‘n jong meisie kan doen? En indien wel – hoekom trou sy met die ou!? Ek het geen verloofring opgemerk nie, ek het gekyk of sy swanger is, sy is nie en hulle trou eers aan die einde van Januarie. Ek kon glad nie die storie uitpluis nie, maar om een of ander rede voel ek vir haar baie jammer.

My tweede stel kliënte vir die dag was ‘n paartjie wat 24 jaar van mekaar verskil. Dit is albei se tweede rondte in die wêreld van trou en hulle het darem ‘n heel sinvolle kontrak met mekaar kon sluit. Wat vreemd was, is dat hy ‘n dokter is en sy die ontvangsdame. Dis die tweede keer in ‘n kort tydjie wat ek ‘n kontrak vir die dokter en sy (baie) jonger ontvangsdame opstel. Ek het gedog dis net ‘n cliché.

Hoekom is mense so bang om huweliksvoorwaardekontrakte te sluit? “Ons gaan nooit skei nie!” *giggel giggel* *soentjie soentjie* En dan ek wat “bad cop” speel: “Ja, maar een van julle gaan voor die ander een doodgaan.” Dan lyk bruidjie altyd baie bleek en macho bruidegom gee haar been ‘n ou drukkie. “Toemaar Liefie”.

Word wakker girls! Lees op. Vind uit. Bel my as dit moet! Maar moet tog net nie by my aankom en die volgende sin mompel nie: “net wat Jannie sê is vir my reg” en dan nog daarna giggel nie. Dit laat my crack.

Advertisements

18 thoughts on “Voorhuweliksekontrak

  1. Natasja November 19, 2008 / 3:59 nm

    Oe jong, sulke saggiespoep girls werk my net so op! Hulle trou seker met die ouer mans want hulle soek ‘n vadersfiguur. Mens kan seker ‘n vreeslik sielkundige antwoord uitdink vir die baie jong vrouens wat met die baie ouer mans trou, of soos in geval no. 1 die baie jong bruide wat vroeg al wil trou, maar steeds wil ek hulle ook teen die kop klap – emosionele/sielkundige verduideliking oftenot.

  2. ICE November 19, 2008 / 4:31 nm

    Eish, ek stem saam met jou, Jane.

    Te veel mense het al gedink dat hulle noooooit sal skei nie, en dan ewe skielik verloor hulle alles.

  3. Louisa November 19, 2008 / 5:16 nm

    Ja wat, niemand trou om te skei nie…maar die goed kom blerrie handig in as dit wel met jou gebeur.

  4. Wipneus! November 19, 2008 / 5:21 nm

    Ek stem die liefde is ‘n snaakse ding! Niks in die lewe loop ook ooit soos jy dit beplan nie. 😉

  5. hanlie November 19, 2008 / 5:35 nm

    En my saam met jou! ‘n Mens kan amper nie glo dat daar in vandag se lewe nog sulke Stepford brides is nie!

  6. weeskind November 19, 2008 / 6:16 nm

    Hi…ek is nuut op die blog ding. Ek en my verloofde trou einde April of miskien nog vroeer…het nie eintlik ‘n vaste datum nie. Ons het ook gepraat van ‘n kontrak en buite gemeenskap van goedere trou en sulke goed maar nie een van ons weet hoe dit werk nie en sy ouers se dis beter om binne gemeenskap van goedere te trou. Dis ons altwee se eerste huwelik maar ons bly al lank saam en is oor 25 en amper ewe oud. Enige raad?

  7. Adrie November 19, 2008 / 8:53 nm

    Eish

    Trou eerder glad nie.

    Ernstig – daar is nie ‘n manier wat ek dit sal oorweeg om sonder ‘n kontrak te trou nie.

    Gelukkig is ek te jonk om my daaroor te bekommer.

  8. Krista November 20, 2008 / 7:06 vm

    Die 1ste ding wat ons gedoen het nadat ons besluit het ons trou binne 2 weke, is om ‘n kontrak te laat doen.

    Ons lag nou nog lekker vir almal wat gewag en geloer het vir die pienkvoet om op te daag – volgens hulle die rede vir die vinnige troue. EN dis nou al amper 4 jaar later en hulle wag nog steeds!

    Bwhaaaaaahahahahaha!

  9. Jaco November 20, 2008 / 8:38 vm

    Wat my lieftallige vroutjie versuim het om te noem hierbo, is dat die kontrak lees alles wat myne is is hare, en alles wat hare is bly hare.
    Nou met ek elke aand eers laat een van die honde my kos proe net om seker te maak ek het ‘n ‘n “ongelukkie” nie

  10. netjane November 20, 2008 / 9:06 vm

    Jaco: Dit klink nou soos ‘n kontrak wat ek sou goedkeur! 😉

  11. Dellie November 20, 2008 / 11:45 vm

    LOL @ Wosonki’s! 😆

    Ja, mens trou mos nie om te skei nie… maar voorsorg is ook beter as nasorg… 😉

  12. White Knight November 20, 2008 / 3:04 nm

    Dagse NetJane

    Wat baie mense nie besef nie is dat daar baie meer betrokke is by die voorhuwelikse kontrak as net ek gaan nie eendag skei nie.

    As een van die partye ‘n besigheid sou begin of vir iemand anders borg teken en daar gaan iets verkeers is hulle albei sonder ‘n sent.

    Met ‘n ordentlike voorhuwelikse kontrak is daar niks wat die skuld eisers aan die ander party se eindom en bates kan doen nie.

    Binne gemeenskap van goedere klink baie oulik maar is ‘n bol dinges as daar enige probleme ontstaan

    Baie nice post

    Groete

    PS Begin al meer lyk of A3 se voorhuwelikse kontrak eerder ‘n selfbeskerming meganisme vir haar aanstaande man sal wees. 😆

  13. Karl November 20, 2008 / 4:02 nm

    Nou weet jy waarvan ek praat as ek sê dat ek sommer op die troue al kan sien of die huwelik gaan hou. Ons fotograwe kyk erg oplettend na die paartjie (dit is tog ons job) en sien dan al hierdie goed wat jy sien.

    Soms vergaap ek my dat twee mense enigsins met mekaar trou, maar nou ja, dis hulle sake.
    Karl

  14. cebella November 20, 2008 / 6:54 nm

    funny! 😆 …ek was ook 22! 😆 In my joppie sit ek gereeld met daai gedagtes van WTF?! in my kop. Ander mense se boeke is duister en hulle wil ook nie na ‘n jong chick se waarskuwings luister…:wink:

  15. Sonkind November 20, 2008 / 8:40 nm

    Trou is nie perdekoop nie, maar selfs ‘n perd word met ‘n koopkontrak gekoop, veral ‘n teelperd 😉

    Nou hoe de hel kan mens dan dink daaraan om te trou sonder ‘n ordentlike kontrak?!

  16. Riaan Oosthuysen November 21, 2008 / 2:37 nm

    Hi Netjane.

    Ek is self buite gemeenskap van goed getroud maar iemand het onlangs hierdie vir my gestuur. Ek dink baie keer mis die mense die punt heeltemal wat die doel van die huwelik is en dit is hoekom daar so baie egskeidings is.

    Riaan

    Die wortel van buite gemeenskap van goedere trou se HOOFDOEL is om man en vrou se bates apart te hou en elkeen se reg daarop te beskerm –wat myne is is myne en wat joune is is joune en elkeen kan met eie diskresie daarvolgens handel (leke taal)

    2. Die hoofdoel is NIE om skuldeisers te onduik (onkunde uitspraak) – wat wel soms gebeur is dat pare hierdie beginsel gebruik om hulle bates te beveilig wanneer hulle dalk sou oorweeg om ‘n besigheid of iets dergliks te begin – en sou iets dan verkeerd gaan en die bates is op die ander party (gewoonlik die vrou) se naam, dan is dit “veilig” tydens ‘n bankkrotskap (maar dit is nooit die hoofdoel waarom mense ANC trou nie!)

    3. Ander rede is waarskynlik dat partye soms deur hulle ouers geadviseur word om indien die huwelik dalk nie werk, elkeen sy “goed” kan beskerm en behou agv ANC

    Wat vanuit die huwelik egter vir ons belangrik is, is die volgende:

    1. Die feit dat die huwelik ‘n verbondsluiting is, maak dat ons NOOIT die beginsel van aparte bates kan onderskryf nie – daar is geen ruimte vir jou goed en my goed nie – die verbond impliseer dit en so ook die Woord, dat ons EEN VLEES sal wees, ons is TOTAAL EEN en dit moet ook in ons bates “wys”

    2. Die rede hoekom (en dis hoe ek voel en glo die Here my al gewys het) dat paartjies soms finansieel sukkel, is omdat hulle geestelik die vyand ‘n “gap” gegee het deur te trou met hulle bates as apart, joune en myne in plaas van ONS – dit bring ook dikwels ‘n “submission” probleem, want die vrou het reg op haar eie goed!

    3. Tydens huwelikkursus hanteer ons hierdie beginsel versigtig, aangesien baie pare so getrou het en soos Riaan tereg opmerk, mense moet self tot die oortuiging kom en daarin groei – ons beveel egter STERK aan dat hulle dit regstel as hulle kan

    Mens kan seker nog veel meer sê, maar hierdie is die essensie!

  17. Pepik Desember 21, 2008 / 2:39 nm

    Prokureur

  18. Seepsteen Oktober 12, 2009 / 10:12 vm

    Als goed en waar, maar waar krap mens vir praktiese aanduidings en moets en moenies in so kontrak? Kan mens dit self opstel deur middel van n’ Template”? en dit na n’ prokureer neem vir registrasie of so iets? waar kan ek meer uitvind hoe om die koste so laag moontlik te hou?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s