Kroonprinses

Verander ek toe vanmiddag in ‘n sprokies karakter. “Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in die land?” Ek gee nie eens daai spieël ‘n kans om te dink of te antwoord nie, skreeu sommer vir myself die antwoord uit: Jy!

Ek het my troufoto’s teruggekry. Ek is sommer weer verlief op Liefie, op Ons en op myself. Narcissus se moer. (Ek trek darem die streep by die soen deel…). Kan iemand nou so trots wees op iets wat hulle nie eens self gedoen het nie? Die fotograaf moet al die krediet kry, maar man, ek was ‘n mooi bruid en Liefie is dashing en handsome en dazzling. En saam is ons ‘n Hollywood glanspaartjie.

Ek is nie ‘n vreeslike glamour girl nie, so om na die foto’s te kyk is om iets raak te sien wat nie gewoonlik daar is nie. Amper asof ek na iemand anders kyk. Ek is so trots op hoe goed uitgedraai het dat ek kan bars, maar ek moet myself inhou, want ek kan darem nie heeltemal so verskriklik erg “vain” wees voor my naasbestaandes nie – ek sal nooit die einde daarvan hoor nie. Dis die rede vir hierdie blog. So gee my maar hierdie paar paragrawe om my eie beuel te blaas. Wat’s die slagspreuk nou weer? “Because you’re worth it!”.

Terwyl ek nou in hierdie skoonheidskoningin waan van my is, tref dit my dat ek moet inskryf vir een van die bruid van die jaar kompetisies. Of vat dit ydelheid een stap te ver?

So vergewe my maar hierdie een laaste foto – ek kan myself net nie help nie… 😉

J.bouval

Advertisements

27 thoughts on “Kroonprinses

  1. Louisa November 12, 2008 / 10:25 nm

    Wow! Dis regtig baie mooi…ek dink jy kan maar gerus inskryf hoor.

  2. Emil November 12, 2008 / 10:31 nm

    Wie kla?

    Na ons troue kon ons ook nie genoeg deel nie!

    Mooi!

  3. hanlie November 12, 2008 / 10:36 nm

    Asemrowend! Daardie rok is pure so pragtig en jy lyk stunning! Jy moet definitief inskryf!

  4. kat November 13, 2008 / 12:51 vm

    Amazing! ‘s rerig bly vir jou!

  5. krista November 13, 2008 / 7:02 vm

    Jy kan maar gerus inskryf, hoor!

  6. Alda Augustyn November 13, 2008 / 8:38 vm

    Ek lees graag hier, al los ek nie altyd comments nie. Ek MOET egter vir jou sê dat jy ‘n asemrowende mooi bruid was! En ek stem saam: SKRYF IN VIR DAAI KOMPETISIE!!!!

  7. ICE November 13, 2008 / 10:00 vm

    Pragtig!

    Skryf in, ons sal vir jou stem!

  8. boendoe November 13, 2008 / 10:44 vm

    Janey, skryf maar gerus in. Die ander staan nie ‘n kat se kans nie!

    Ek is mal oor daai rooi rok teen die baksteenmuur.

  9. Rustig November 13, 2008 / 12:39 nm

    Mens mag jouself bewonder en vlei. Sien niks verkeerd daarmee nie. Ek dink nog steeds die rok is “stunning”.

  10. Roer November 13, 2008 / 1:05 nm

    Jane, dit word nie verniet na verwys as ‘jou mooiste dag’ nie. Jy’t pragtig gelyk en ek hou verskriklik baie van jou ruiker.

  11. Cisca November 13, 2008 / 1:35 nm

    Hi Jane,

    lees baie, comment nooit, maar nou moet ek…
    Jy was pragtig, maar dan ek is bevooroordeeld. Ek is in Augustus getroud in dieselfde kleur en dink ook dis stunning! Maar jy mag maar inskryf vir die kompetisie, in daardie kleur moet die beoordelaars jou raaksien.

  12. netjane November 13, 2008 / 1:40 nm

    Dankie vir al die komplimente! 🙂 🙂 🙂

    Ek laat weet sodra ek ingeskryf het.

    Baie welkom aan die lesers wat nie altyd kommentaar lewer nie – Alda & Cisca.

  13. Natasja November 13, 2008 / 2:43 nm

    Ag girl, jy mag maar hoor! Mag maar vain wees, en trots wees en inskryf vir daai kompetisies.

  14. cebella November 13, 2008 / 6:16 nm

    jy’t nog gans te min foto’s gewys!

  15. maxie November 13, 2008 / 8:26 nm

    Jy’t regtig wonderskoon gelyk.
    Skryf in!!!

  16. Adrie November 13, 2008 / 8:31 nm

    Ek stem saam met Cebella. Net genoeg om ons almal baie nuuskierig te maak.

  17. Wipneus November 14, 2008 / 10:12 vm

    Hi NJ skryf in! Jy het pragtig gelyk!

  18. Kokkewiet November 14, 2008 / 11:44 vm

    Wow, stunning rok. Skryf in jy het pragtig gelyk.

  19. maxie November 14, 2008 / 8:37 nm

    Die 2de foto op jou inskrywing van 4 November is ‘n sure winner, asemrowend.

  20. White Knight November 15, 2008 / 12:57 nm

    Dagse Netjane

    Wragtig Pragtig. Jy mag maar hoor dis baie mooi en besonders.

    Geniet dit, dit was julle dag en jy mag daaroor opgewonde wees.

    Groete

  21. Thea November 15, 2008 / 9:09 nm

    Wow!! Stunning!! En jou ruiker is besonders!

  22. Karl November 17, 2008 / 6:19 nm

    Ai ek wag al so lank op hierdie foto.
    Ongelooflik!!!
    Karl

  23. rb November 19, 2008 / 3:40 nm

    Baie mooi en jy moet definitief inskryf, ons wag in spanning!!!!!!
    Wys nog foto’s toe!!!

  24. Eben November 23, 2008 / 8:35 nm

    Nee kyk, ek wag in spanning vir jou inskrywing. Laat waai en skrywe in. Al ons blok maatjies ondersteun jou!! 😆

  25. rosalindfranklin Desember 4, 2008 / 6:44 nm

    Ek het nou eers gou hier kom loer want ek was so lank weg gewees….baie mooi, regtig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s