Japan, Japanner, Japaneeste

wishes

Ek is ‘n reisger. Al gaan ek nie fisies êrens heen nie, is my brein pal op reis. Ek het nog altyd ‘n paar lande in my gedagtes gehad, lande waarheen ek nooit gedink het ek sou gaan nie, maar waaroor ek in elk geval nog gedroom het en oor gewens het. Japan was een van hierdie lande.

My droom het waargeword met ons wittebrood. Ten spyte van die feit dat ek oor die land gedroom het, het ek geen vooropgestelde idees gehad nie en het ek eintlik bittermin van Japan buiten die normale “sushi, Hiroshima, baie mense” geweet.

Ek en Liefie het met ‘n baie beperkte reisplan gebasseer op verskeie vriende en kennisse wat reeds in Japan was, se aanbevelings daar aangekom. Ons het darem ook alkeen ‘n “Japan Rail Pass” gehad wat baie (trein) deure vir ons oopgemaak het gehad.

Wat ‘n land! Van die heel eerste tot die heel laaste Japanese ervaring was die land ‘n droom. Die mense is vriendelik, hulpvaardig en vreeslik aangenaam. Die dorpe en stede is maklik om te ontdek en die vervoer is uitstekend. Die stedelike “sights” is regtig ‘n thrill ‘n minute. Kyk, kyk, kyk, kyk. Of dit nou die geboue of die winkels of die mense of die skoon strate is. Mens kyk net. Die heeltyd.

Buiten die toeriste aantreklikhede moet ek sê dat die mense van Japan my die meeste sal bybly. Hul hele manier van doen het my net ure oor ‘n koppie koffie by die stasie laat talm, sodat ek hulle net kon waarneem. Hulle neem eerstens hulle werk vreeslik ernstig op. As mens iets doen, doen dit reg. Ek het gedink die Swede is presies as hulle iets maak of doen, maar teenoor die Japanese outjies lyk hulle derde wêrelds!

Ek kon myself verder verkyk aan die hele kultuur van “cute”. Selfs sakemanne het Hello Kitty charms wat aan hulle selfone hang. Elke dogtertjie se hare is in twee poniesterte met strikkies en knippies en allerhande tierlantyntjies. Hoërskoolmeisies is netjies in hulle skooluniform, maar hulle tasse is vol blinkertjies en fieterjasies geplak. Die speletjies arkades staan vol hoërskoolseuns wat sakke vol beertjies uit die masjiene vang. Selfs die oudste tannies sal een of ander poppie of beertjie of iets blinks of met ‘n klokkie iewers aan haar persoon hê. Verder het ek my doodgelag vir die Japanese wat met hemde met Engelse woorde op rondloop, maar duidelik geen benul van die betekenis het nie. Dit het my laat vermoed dat daar geld te make is uit iets soos “Hello Kitty is my bitch”. 😉

Die energie wat die Japanese uitstraal was vir my fantasties. Daar is duidelik iets te sê vir ‘n gesonde dieët, tai chi en meditasie. Selfs in die besigste stasies voel mens glad nie daardie sweterige druk wat mens in byvoorbeeld London se treine sal voel nie. Amper asof elkeen so “bubble of serenity” saammet hulle dra.

Buitelanders blyk baie gewild te wees en ons het gereeld glimlagte gekry. Skoolkinders het omtrent oor hulle voete geval om skaam aan ons te vat en van die meer voor op die wa outjies het fotos geneem. (en ek is nie eens blonde nie!). Ons het deurgaans uitstekende diens gekry en al was alles peperduur, het ons nooit ingedoen gevoel nie. Die kwaliteit van hulle kos is regtig baie goed. Ons het selfs ‘n paar vreemde disse probeer, en ek leef nog…

Japan was regtig ‘n droomland en al was ek nou al daar, sal dit nogsteeds in my gedagtes bly draai – ek droom nou oor hoe dit sou lyk as die kersiebloeisels bot.

En nou vir die fotos!

tokyo-temple osaka-garden

temple-lanterns

japanese-wedding

Advertisements

14 thoughts on “Japan, Japanner, Japaneeste

  1. Wipneus! November 9, 2008 / 9:00 nm

    Wat ‘n fantastiese wittebrood, dis ook een van die droom plekke waarheen ek wil reis!

    Pragtige foto’s alles is so skoon en netjies!

    Die tuine is asemrowend mooi!

    Dankie vir die wys….

  2. Emil November 9, 2008 / 10:21 nm

    Wow, dit is nou ‘n unieke wittebrood! Pragtige foto’s. Daar is ‘n baie spesifieke bekoring aan daardie land, veral in die plaaslike gebiede.
    Lekker man, lekker. Dankie vir die deel!

  3. Ingrid November 10, 2008 / 8:18 vm

    Dankie vir die deel, ja voorwaar ‘n droom wat waar geword het.

  4. Ingrid November 10, 2008 / 8:21 vm

    Ja, voorwaar ‘n droom wat waar geword het dankie vir die deel. Lekker week.

  5. Pikkelik November 10, 2008 / 10:01 vm

    Genade maar dit is mooi!!!! Ek is bly julle het dit geniet! En “reis’ maar lekker, dis goed vir die siel!

  6. Amanda November 10, 2008 / 10:42 vm

    Baie mooi! Dis net jammer as mens terug is, is alles nie altyd meer so lekker en rustig nie…… party mense moet weer werk en die verantwoordelikhede hou nie op nie! Gelukkig is dit darem al amper weer Kersfees, dan is daar weer tyd vir spesiaal-wees!

  7. hanlie November 10, 2008 / 1:15 nm

    Ek wag al lank vir die Japan-pos! Dit lyk asemrowend… Ek sal gaan net vir die kos, maar daar is soveel meer te sien!

  8. Dellie November 10, 2008 / 1:38 nm

    You lucky fish! :mrgreen: Eendag, as ek groot is… 😉

    Dankie vir die deel.

  9. boerinballingskap November 10, 2008 / 3:48 nm

    Meeste van jou waarnemings is ook van toepassing op Korea. Lyk of dit ‘n baie lekker tydjie was. Die Ooste het inderdaad sy bekoringe.

  10. boendoe November 10, 2008 / 5:26 nm

    Ek moet erken, Japan was nog nooit op my lysie van ’50 things to do and see before I die’ nie, maar na dese is dit in heroorweging. Dit lyk soos iets uit ‘n movie.

  11. demoerin November 11, 2008 / 10:13 vm

    Dankie vir die share. Is dit nie maar die wonderlikste van reis nie, Daai herinneringe wat niemand ooit van jou kan wegvat nie!

  12. White Knight November 12, 2008 / 5:25 nm

    Dagse

    Ek kan bevestig dat Japan ‘n anderse bekoring vir die toeris inhou en die mense is in die algemeen baie beskaaf en vriendelik. 😉

    Moet net nie vir werk of besigheid soontoe gaan nie, dis heeltemal anders. 😡

    Dankie vir die deel van julle ervaring. Alles wat mooi is vir die jare wat voorle.

    Groete

  13. boervrou Julie 27, 2009 / 4:46 nm

    NetJane ek het nou 10 Hello kitty touchscreen selfone bestel van China af, om weer te verkoop. Die diens ongelooflik, vreeslike dankbare emails elke keer ontvang. Die girl wat daar werk( ironies haar naam is Kitty) het tot vir my fone accesories gekoop en saam gestuur! Pragtige mense.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s