Postnet poppies en die verlore free minutes

Ek verstaan nou die term “going postal”.

Ek is vanaf so paar ure gelede ‘n trotse Neotel kliënt. Die produk werk (sover) goed en dit was vir my ‘n novelty om met my foon huis toe te ry en oproepe te kon maak. Ook dat ek my eie telefoonnommer kan kies en die nommer nou by my selfoon s’n pas. Minder oulik is die gratis minute wat ek ingesluit in die pakket kry, aangesien ek niemand met ‘n Neotel nommer ken nie. (Enige bloggers lus vir praat?).

Die enigste haakplek in die hele storie was Postnet. Postnet is aangestel as die verskaffers/agente/whatever vir Neotel. So hulle adverteer mooi die foon en daar’s rakkies met pamflette. Dis waar dit ophou. Die mense wat agter die toonbank werk en gewoonlik fakse en pakkies stuur, weet net mooi niks van die nuwe produk waarvoor hulle verantwoordelik is nie.

Jane en Liefie stap in.

Jane: “Ek wil aansoek doen vir ‘n Neotel foon.”

Postnet: “wat wil jy weet?”

Jane: “ek wil niks weet nie, hier is my dokumente (id, bankstate, betalingsadvies, bewys van woonadres), ek wil die 2,5Gb hê”.

Postnet: Vae uitdrukking. Umm.

Jane: “Kan julle my help”

Postnet: “Sit”

Jane sit. Postnet poppie vroetel aan kabels en maak programme oop en toe, staan op, sit, staan op, sit, vroetel, vroetel, restart, vroetel, sit, staan, sit. 15 minute gaan om sonder ‘n “ek is jammer, ek is ‘n idiot en weet nie hoe om enige kliëntediens te gee nie.”

Jane verloor dit, skree ‘n paar goed en storm uit.

Toe moes ek ‘n hele ent verder na die tweede Postnet ry net om die 80 jarige eienaar te kry wat dit vreemd vind dat die Neotel foon nie ‘n muis byhet nie. Ek het noodgedwonge my eie data capturing gedoen met hom wat net nou en dan iets soos “miskien moet jy save” sê. Liefie het 10 minute na ons by Postnet 2 ingestap het verdwyn, ek kon sien hy was baie naby aan crack.

Lang (soos in regtig lang, meer as ‘n uur) storie kort: ek is nou ‘n kliënt.

Toe ek nou na my epos kyk sien ek ‘n boodskap van Postnet: “ons het gedink ons het jou dokumente gescan, maar ons het nie eintlik nie. Stuur dit asseblief vir ons.”

*sug*

Advertisements

2 thoughts on “Postnet poppies en die verlore free minutes

  1. hanlie November 7, 2008 / 6:24 nm

    Ek het ook al stelle afgetrap by Postnet! Hulle betaal seker maar bitter sleg, sodat net idiote daar wil werk…

  2. Natasja November 10, 2008 / 6:46 nm

    Mis jy miskien nou vir Swede?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s