Lights, camera, action!

 

Ek is mal daaroor om te fliek. Ek weet nie wat dit is waarvan ek wil ontsnap nie, maar vir die ongeveer twee ure wat die fliek duur is ek in ‘n totaal ander wêreld. Ek leef my in die storie en die karakters en die musiek en die klere en die ligging in. Flieks laat my dink.

 

DVD kyk op die bank by die huis is ook lekker, maar ek vermoed dis die totale afsondering van ’n fliek wat dit so lekker maak. Dis donker en stil (behalwe nou as mens kiddie movies gaan kyk) en mens kan nie net pause om te gaan piepie nie. Dis die ritueel van besluit wat om te sien en kaartjies koop en na jou mede-fliekgangers te kyk.

 

Ster-Kinekor het ’n klompie jare gelede ”Mystery Thursday” flieks gehad. Jy’t ’n kaartjie gekoop, maar geen idee gehad van wat jy gaan sien nie. Soms was dit verskriklike nonsens, soms was dit loket treffers, soms was dit indie-films. Die thrill was dat mens nooit geweet het nie. Daai Donderdae het die interessantste mede-fliekgangers opgelewer.

 

My gunsteling fliek ervaring tot dusver was die paar keer wat ek in Stockholm gaan fliek het. (Selfs vir liefhebbers soos ek en Liefie was die kaartjie pryse net te erg!). Daar’s ‘n gordyn oor die skerm. Die gordyn gaan oop vir die advertensies, weer toe vir ‘n rukkie en dan weer oop as die fliek begin. Daai gordyn het sulke afwagting by my geskep. Gekombineer met die musiek wat speel as die gordyn oopgaan, was die hele effek net magical. So asof mens meer as net ‘n fliek gaan sien, maar dis eintlik wat ‘n fliek vir my is. Ek sien meer as net ‘n fliek.

 

Advertisements

5 thoughts on “Lights, camera, action!

  1. Wipneus! November 3, 2008 / 8:35 vm

    Ek is ook mal oor fliek NJ.

    Wel behalwe nou rillers met bloed en koppe wat rol!! 😆

  2. Pikkelik November 3, 2008 / 9:59 vm

    Dis een lekkerte van my nuwe tuiste, hier is ‘n fliek!!! Ek wag net vir Tinkerbell om te begin draai dan is dit ek en Ouboet en sy eerste regte, egte fliek!

  3. hanlie November 3, 2008 / 4:52 nm

    So verskil ons almal! Ek gaan nooit fliek nie! Ek wil dit in die gemak van my eie huis sien…

  4. Krista November 3, 2008 / 6:12 nm

    Ek ♥ fliek baie!

  5. Nelba November 4, 2008 / 6:45 vm

    Het hopeloos te lanklaas gaan fliek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s