Na die aandag

Dis ‘n vreeslike vreemde gevoel om vir ‘n lang ruk die “center of attention” te wees en dan eweskielik net weer “normaal” te wees.  Ek onthou die eerste keer wat ek so gevoel het was nadat my week om die skoolhek ooptesluit in Graad 1 verby was. Die aandag het aangeskuif.

 

Ek het verloof geraak en toe Swede toe getrek en toe teruggekom en toe voorberei vir die troue en toe getrou en toe op wittebrood gegaan en nou is ek terug en getroud en die aandag het aangeskuif.

 

Ek is nie ‘n aandag vraat nie, ek hou eintlik nie eens daarvan om vreeslik in die kollig te wees nie, maar ek voel nou so ordinêr. Ek voel verskriklik om dit te dink, te voel en aan die wêreld te erken, maar dit is nou maar eenmaal so.

 

Ek dink vir mense wat lank in ’n verhouding was en lank saamgewoon het verander trou nie vreeslik baie goed nie. Waarop hulle mens moet voorberei is die terugkeer na ”normale” lewe. Dat om getroud te wees nie beteken mens het nie nog wasgoed om te doen of ’n wekker wat lui sodat mens kan werk toe gaan nie.

 

Maar my trouring is nog mooi blink! 😉

 

Terloops, wat de moer is fout met mense wat al op die troue oor babas begin uitvra?

 

Advertisements

20 thoughts on “Na die aandag

  1. kaalvoetinireen Oktober 29, 2008 / 4:28 nm

    Hehehe op daai laaste vragie van jou. As jy die antwoord kry laat weet my ook! Dis ook iets waaroor ek al gewonder het.

  2. Natasja Oktober 29, 2008 / 4:37 nm

    Serious? Hel, die troukoek is dan nog nie eens verteer nie! Ek is al amper 7 jaar lank getroud en kry nou nie meer daai vraag nie. Lyk my dis maar net aan die begin en dan as die ooms en tannies die boodskap kry, los hulle jou uit want hulle is moeg vir hoor “When hell freezes over”. So druk net deur [hoe klink daai sin nou ook so geboorte-gee-erig….?]

  3. Celeste Oktober 29, 2008 / 5:05 nm

    Dit was vir my ook erg toe die trourok in die kas hang en nou skielik is jy weer “Aspoestertjie” wat moet huis skoonmaak, kook en moet gaan werk. Glad nie lekker nie.
    Die vraag oor die baba’s: Ons is nou al amper 9 jaar getroud, met een dogtertjie en kort-kort hoor ons: wanneer kom boetie of sussie? Soos Natasja sê: “When hell freezes over”

  4. Pikkelik Oktober 29, 2008 / 5:54 nm

    LMGA – Om getroud te wees is soos ‘n toestand. Suikersiekte of iets… Dit steek vas!!! Babas…. Noudat jy dit noem..????? 😈

  5. cebella Oktober 29, 2008 / 7:16 nm

    ek dink dis kak styl om iemand oor sy voorplantingstelsel uit te vra…voor die troue hoor jy die heeltyd jy moet jou kuki toe hou en na die tyd wil almal weet of jy darem “oefen”…en dis nog swakker as mense sonarfoto’s rond parade…skuus …dit pp op my battery 😉 ek hoor steeds daai stupid vraag byna 6 jaar na my troue!

  6. boendoe Oktober 29, 2008 / 7:44 nm

    Hehehe! Ek verstaan. Moewiese let-down.

    Maar wanneer kom die FOTO’S???

  7. Emma Dixon Oktober 29, 2008 / 8:04 nm

    Hallo NetJane. Eers verlief en verlore, dan verloof en verlore, dan getroud en verlore. Wat is die gemene deler? Verlore…as jy dit toelaat. Strongs! Emma.

  8. hanlie Oktober 29, 2008 / 9:21 nm

    Hallo Jane-san! Jy gaan ons darem seker vertel van Japan?

    Hier kan jy nog steeds die middelpunt van belangstelling wees!

    En daai babavrae op ‘n troue is bitter onbeskof, as jy my vra!

  9. DieWolf Oktober 29, 2008 / 10:13 nm

    Trou verander baie goed. Miskien nie onmiddelik nie, maar trou verander mens. Dis nou nie net meer saambly en verhouding nie, dis sommer lekker baie ernstiger want twee mense het getrou.

    Trou is nie net ‘n eredens met ‘n dominee wat preek en dan twee verliefdes wat ringe aan mekaar se vingers steek en dan ‘n partytjie nie. Trou is diep. Baie diep. Trou is ‘n miljoen maal beter as kys.

    Nee, daar is niks fout met mense wat op die dag van die troue al begin uitvra oor babas nie. Babas is oulik, veral as dit iemand anders s’n is.

    Volgens die oudmodiese tradisionele Afrikaner tradisie, kan mens eers intiem raak en kinders kry wanneer jy getroud is. Daarom is dit ook ingebore om van ‘n bruid te verwag om so gou as moontlik ‘n kindjie te kry, sodat die ou ooms en tannies om die oulike baba kan kloek.

    Om getroud te wees is lekker, ‘n nuwe avontuur, waartydens twee mense mekaar nog beter leer ken en dinge saam ervaar, op ‘n hoër vlak.

  10. Honey Oktober 29, 2008 / 10:58 nm

    Ek hoor jou. Ons is nou so 5 dae langer as 2 maande getroud en vir my voel dit nog soos gister. Skielik wil niemand meer hoor van die rok en die foto’s en wie het wat gedoen en hoe die dag verloop het nie.

    Darem kan ek nog na die foto’s kyk as ek alleen is en weer spesiaal voel. Lyk my die mense wil nie eers regtig na my foto’s kyk of goed hoor nie. Veral die wat nie daar was nie. Ek het nou weer gedink hulle sal graag wil sien angesien hulle gemis het maar nou ja.

    Geniet elke oomblik…..en ja ek sal self nie omgee vir foto’s nie

  11. Rustig Oktober 29, 2008 / 11:08 nm

    Op die baba vraag: ‘n Niggie van my was later so “fed up” oor almal haar vrae. Haar antwoord het sommer gou die mense hulle tande laat sluk. Haar antwoord was: ” Sodra my man se “sex change” klaar is!”

  12. Zee Oktober 30, 2008 / 12:56 vm

    Lol Rustig!!!

    Ok, ek sal nie oordie baba’s uitvra nie.

    Wanneer sien ons FOTO’s!!!!

  13. Dellie Oktober 30, 2008 / 8:57 vm

    Ag, hier by ons sal jy nogsteeds die middelpunt van belangstelling bly – jy het mos nog baie om vir ons te vertel en baie FOTO’s om te wys… :mrgreen:

    Tip: my Ouma het altyd gesê, om die glans van daai trouring aan jou vinger te behou, moet jy dit ten minste eenmaal per dag in skottelgoed water doop… 😉

  14. Rustig Oktober 30, 2008 / 11:37 vm

    Less words more visual! Please!

  15. Wipneus! Oktober 31, 2008 / 7:36 vm

    Jy het vreeslik mooi gelyk! 😉
    Kan nie wag om te hoor en te sien van Japan!

  16. oopkop Oktober 31, 2008 / 11:38 vm

    As die eerste baby eers daar is vra hulle wanneer die tweede een kom. Dis ‘n vicious cycle. 🙂

  17. Pikkelik Oktober 31, 2008 / 6:53 nm

    Miskien moet jy antwoord “Sodra jou kis kom…” as hulle weer vra van die baba’s!

  18. Sonkind Oktober 31, 2008 / 9:12 nm

    Net een woord TrouJane: F-O-T-O-S!!!!!!

  19. Tersia November 1, 2008 / 4:28 nm

    Ja, die baby vrae kan lastig raak en soms verleeentheid ook veroorsaak! Toe toe girl, ons smeek almal vir foto’s!

  20. demoerin November 3, 2008 / 8:59 vm

    Ek dink kiekies en ‘n report oor Japan sal die aandag gevestig hou….moenie dat mense nou te lank wag en belangstelling begin verloor nie 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s