Ek wonder

Staan ek toe nou so in my trourok en dink ek lyk pragtig en ooh en aah oor myself en dink oor hoe ek die heel mooiste rok in die hele wêreld het en hoe geen ander bruid nog ooit mooier as ek gelyk het nie, toe die ontwerper vir my sê “Die komende week is jou week vir maer word.”

Ek glimlag toe maar mooi, knik, gee ‘n benoude bruid giggel en laai toe maar die rok in my kar. Al die pad oppad terug van Pretoria af dink ek “wat de moer beteken dit?” “wat de moer beteken dit?” “wat de moer beteken dit?”.

Beteken dit ek gaan automaties maer word in die komende week of beteken dit ek moet maer word in die komende week? In albei gevalle, wat dan van die rok wat ek dink nou so perfek is? Mense sê vreemde goed.

Nog iets waaroor ek gewonder het toe ek lekker in middagverkeer vassit oppad terug van Pretoria af, was hoe om op een of ander manier dit wat ek oor bestuurders kwytraak aan hulle oor te dra. Ek praat nou nie van vinger wys en tong uitsteek nie, ek wil hê my boodskap moet eweskielik in ‘n mooi stem oor hulle radio uitbasuin word. “Linker baan poephol!” “Opskud Oupa!” “Poppie, fokus!” en ander dergelike dinge. Ek wil hê hierdie boodskappe moet anoniem verskyn en my glad nie in gevaar stel nie. Ek’s net effens bang vir wat oor my radio gesê gaan word…

More is my laaste dag by die werk vir amper ‘n hele maand. 🙂

Advertisements

26 thoughts on “Ek wonder

  1. hanlie Oktober 2, 2008 / 12:53 nm

    Genade! Hy/sy bedoel seker dat meeste bruide gewig verloor in die week voor die troue – natuurlik weens die stres.

    Ek hou van die radio idee – wil graag Morgan Freeman se stem gebruik, dan dink die poepholle dis God!

  2. Jaco Oktober 2, 2008 / 1:51 nm

    Ek was gou gister vir ‘n heen-en-weertjie in die teenoorgestelde rigting. Van Pretoria af Parktown toe en terug.
    So in die ry het ek gewonder oor die moontlikheid om ‘n groot luidspreker op die kar se dak te monteer sodat ek meer effektief met die poepholle kan kommunikeer, want maak nie saak hoe hard ek by die venster uit bulder nie, hulle hoor my nie.
    Ek hou egter baie meer van jou radio idee. Dit sal net ‘n baie strelende stem moet wees, want anders skrik die wese met wie jy gesels dalk so dat hy/sy iets nog meer onosels aanvang.

    Dit raak darem nou min dae na die groot dag toe. Vasbyt en sterkte. Alles sal perfek uitdraai

  3. kaalvoetinireen Oktober 2, 2008 / 4:05 nm

    Wierd wat mense soms kwytraak…ek is seker jy gaan gewig verloor van stres, maar moet nou nie soveel verloor dat die rok te groot is nie…

    Ek is so bly ek bestuur nie hier waar ek is nie, want ek sou meer as net ‘n stem oor die radio nodig gehad het, maybe ‘n arm wat extend en klappe ook uitdeel 😉

  4. flippiefanus Oktober 2, 2008 / 4:10 nm

    Ek wil ‘n oeverblindende wit lig in my agterruit sit vir hierdie ouens wat so op my agterent kom sit.

    Terloops NetJane het jy nie so ruk terug gese dat jy altyd vir almal in die verkeer glimlag nie? Wat het daarvan geword? 😉

  5. Pikkelik Oktober 2, 2008 / 7:02 nm

    😆 Moet om liefdeswil nie gewig verloor nie dan gaan daardie trourok wat nou so perfek sit beslis nie meer so perfek sit nie!!!
    Wat die sotte in die karre aan betref… Flickerphoto’s vanuit ‘n skerm wat bo-op die kar se dak geparkeer is….

  6. Sonkind Oktober 2, 2008 / 9:13 nm

    @ Flippie – die Liefie het ‘n onfeilbare manier met gatsitters. Hy spuit water op sy voorruit en noodwendig waai daardie water dan die gatsitter se ruit ook net genoeg nat om ‘n irritasie te wees. Jy moet sien hoe back-off hulle 👿

    Jane – vergeet die ontwerper en geniet jou troue weergaloos – daar is net een eerste keer!

  7. Emil Oktober 3, 2008 / 9:06 vm

    Wat ‘n lekker vooruitsig!

  8. Roer Oktober 3, 2008 / 1:28 nm

    Ek kan dit al sien/hoor. Sagte spa musiek in die agtergrond met ‘n strelende Laurika stem wat met grasie oor die radio se^ “hierdie is die vinnige baan, jou dom &*^%” en “nog nooit gehoor van flikkers nie &^%$” en dan sluit dit altyd af met “geniet jou dag en onthou om te glimlag”. Of nie. 🙂

    Jy gaan pragtig lyk in jou rok en dit sit net reg en basta!

  9. rosalindfranklin Oktober 3, 2008 / 2:23 nm

    Nee, nee, nee. Moet jy seg oor daardie uitlating, Jane.
    Jy gaan beautiful lyk. Jou dag gaan pragtig wees. Jy gaan vir jaaaaaaare nog na die fotos kyk en diep binne in jouself smile.

    Ek soek ook so kar-radio-boodskap: “Breinselle hier te koop” Dan wil ek sommer sel die breinsel-pille in botteljies verkoop en ryk word.

  10. wipneus Oktober 4, 2008 / 12:06 nm

    Ek wil ook vir my so groot luidspreker op my kar sit Jaco!! Die pad tussen Pretoria en Johannesburg is op sy ergste, erger as die hel!!! Ek swets soos ‘n matroos 😛

    Ek is seker jy gaan die mooiste bruid wees Janie. Hoop jou troudag is stunning!!! Geniet dit!

  11. cebella Oktober 4, 2008 / 6:27 nm

    ek hop so tussen die blogs rond en sien toe jou troudag kom nader! 7 dae! lekker 😉 geniet alles en moenie dat enige iets jou ontstel nie…en sorg dat alles en almal afgeneem word (ek het vergeet van video / DVD reël…eish)

  12. mykopop Oktober 6, 2008 / 8:31 nm

    Hmmm, ek sien cebella se moenie dat enigiets jou onstel nie – dinge gaan jou onstel, wees daarop voorbereid, moenie dat die ontsteltenis jou ontstel nie, oukei? Vat dit rustig en geniet dit!

  13. ICE Oktober 7, 2008 / 12:15 nm

    Puik Radio idee!

    Laaik ook Hanlie se idee van Morgan Freeman se stem!

  14. Paula Oktober 8, 2008 / 12:58 nm

    nog net 3 dagies ….

  15. Dellie Oktober 8, 2008 / 2:42 nm

    Vat Paula nou die woorde so uit my mond uit…

    Vergeet van alles en almal, en veral die ape in die verkeer, en geniet julle spesiale dag! Baie voorspoed, mag julle bootjie veilig vaar! 😉

  16. Roer Oktober 9, 2008 / 7:56 vm

    Here comes the bride…

  17. Emil Oktober 9, 2008 / 3:21 nm

    Ek begin die troumars al hoor!

  18. Pikkelik Oktober 10, 2008 / 1:37 nm

    Jy is amper daar vriendin…. Rus lekker, en vat dit kalm….. of vloek en skel en raas, enigiets wat jou goed sal laat voel!!!

  19. Emil Oktober 10, 2008 / 2:22 nm

    Jou laaste aand as mejuffrou!!

  20. rosalindfranklin Oktober 10, 2008 / 2:57 nm

    Jane!!!!!! Jou ticker gaan binnekort ontplof!!!!

    Mag jou more ‘n pragtige dag he, ek sal aan jou dink.

  21. Pikkelik Oktober 10, 2008 / 9:21 nm

    Nog net een ou slapertjie!!!! Ek hoop jy het die mooiste-mooiste dag!! Beleef alles, wees deel van alles en dans sommer op die tafels ook!!! 😉

  22. Dellie Oktober 11, 2008 / 10:10 vm

    Dis julle groot dag, mag alles voorspoedig verloop, en julle sommer net great fun hê! Geniet die wittebrood! 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s