Viva Las Vegas!

Ek moes “elope” het. Ek besef dit nou.

Die idee pas by my persoonlikheid. Ek hou daarvan om sosiale konvensies te verbreek. Ek en Liefie is baie “in to each other” – baie keer tot die totale uitsluiting van ander mense. Hy is meer sosiaal as ek, maar ons eerste keuse is altyd om tyd alleen saammet mekaar te spandeer. As ons “elope” het (wat is die afrikaanse woord?) sou ons bymekaar gewees het, ons mikpunt bereik het (om wettig getroud te wees) en vreeslik baie geld gespaar het, wat sou beteken ons kon op ‘n kick-ass wittebrood gaan en siende dat ons mal oor reis is, sou dit ‘n wen-wen situasie gewees het. In plaas van uitnodigings sou ek mooi foto’s aan al die gaste gestuur het en ‘n mooi boodskappie in die kaartjie geskryf het: “Ons is getroud. Wish you were here.”

Ek weet ‘n troue is veronderstel om nie net oor die bruid en bruidegom te gaan nie. Ek weet dis veronderstel om ‘n viering van liefde en die samekoms van twee families te wees. Ek weet ook dis net woorde en dis vrek baie werk om ‘n troue op ‘n beperkte begroting gereël te kry. Ek weet mense vind dit onmoontlik om net vir een dag oor hulleself en hulle issues te kom. Ek weet baie mense gun vir niemand anders hulle plekkie in die son nie. Ek weet baie mense voer nie instuksies uit nie.

Wish you were here.

Advertisements

14 thoughts on “Viva Las Vegas!

  1. Wipneus! September 29, 2008 / 8:37 vm

    As ek dit oor kon doen, sou ek ook hierdie uitweg gekies het!!!

    Ag hoe romanties, jy glip net weg gaan trou en hou honeymoon met geen stres oor troureëlings!

    Nog net 2 weke NJ dan is dit sulke tyd! Ek wil asb foto’s sien, ek kan nie wag nie!!!

  2. Louisa September 29, 2008 / 9:06 vm

    Die laaste twee weke is gewoonlik die stressvolste – sterkte! 🙂

  3. Pikkelik September 29, 2008 / 11:23 vm

    Dis nog glad nie te laat nie!!! 😉

  4. Kokkewiet September 29, 2008 / 11:57 vm

    Sterkte met die laaste twee weke!!!

  5. Celéste September 29, 2008 / 1:20 nm

    Ek en manlief het ook besluit om ‘n baie klein oggend troue te hou met ‘n sjampanje ontbyt en die res van die “budget” te blaas op ons honeymoon in Bali. Was nog NOOIT spyt gewees oor daardie besluit nie!

  6. Adrie September 29, 2008 / 1:34 nm

    Ek het die storie heeltemaal verkeerd verstaan.

    Ek het regtig gedink die troue gaan oor die bruid en bruidegom. Dit is hulle wat met die gebakte pere sit agterna.

  7. Nelba September 29, 2008 / 2:52 nm

    Ha Ha. Adrie.

    Ja, wat, as ek dit kon oorhê sou ek ook elope het. Miskien volgende keer 😉

  8. hanlie September 29, 2008 / 3:33 nm

    Vasbyt Jane! Jy’s amper daar!

  9. mykopop September 30, 2008 / 6:30 vm

    Ek het ook al hard gedink oor ‘n Afrikaanse woord vir “elope” en ek dink nie daar is een nie. Mens kan bv. sê ‘n vrou het met ‘n ander man weggeloop, dit werk, maar ‘n direkte een-woord vertaling weet ek nie van nie. Wat van “skelmloop”?

    Geniet dit in elk geval!

  10. Emil Oktober 1, 2008 / 5:08 nm

    Beslis beter as “shotgun wedding” 😉

    As die dag eers aanbreek, is alles vergete. Hoe gaan dit met die voorbereiding van liefie se toespraak?

  11. NetJane Oktober 2, 2008 / 8:08 vm

    Ek sou vir jou ‘n antwoord gehad het, Emil, as Liefie in die land was en ek behoorlik met hom kon gepraat het…

  12. Wenchy Oktober 4, 2008 / 6:57 nm

    I would like to elope also… however, would need a proposal first!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s