Middag praatjies

Ek sit vir die hoeveelste middagete voor my lessenaar.

Ek kan nie nog vroeër begin werk nie, want soos dit is, is dit elke oggend vir my ‘n erge stryd om myself uit die bed te sleep en in een stuk by die kantoor aan te kom.

Ek kan nie later werk nie, want ek het agtergekom hoe lekker dit is om nie in (soveel) verkeer te sit nie en ek weet uit ondervinding uit dat as ek eers laat werk, raak dit baie laat en baie donker en ek baie honger en dan eet ek sommer my ontbyt beskuit vir aandete, want daar is altyd nog ‘n ander sucker by die kantoor wat laat werk.

Nou dink ek aan my pa wat altyd vir my sê: “Daar’s ‘n groot verskil tussen kan nie en wil nie”. So okay, ek WIL nie.

My grootste “probleem” in die lewe is my ernstige pligsbesef en pligsgetrouheid. Ek voel soos ‘n boef omdat ek op wittebrood gaan en omtrent die hele maand van Oktober nie by die werk gaan wees nie. Ek werk myself oor ‘n mik omdat ek dit haat om die leisels oor te gee. Ek kan nie “delegate” nie, al probeer ek. Dis nie dat ek nie die ander mense vertrou nie, dis net dat ek dink ek iets beter as hulle kan doen. (Is dit ‘n verskriklike ding om te erken?). Ek maak oral lysies met nommers en blokkies om af te merk. Ek is seker dat my kollegas gaan dink ek is ‘n groot poephol wat hulle nie vertrou nie en dat hulle hulle oë gaan rol. Ek weet ook dat ek my humeur lelik gaan verloor as ek terugkom en goed is nie gedoen soos wat ek dit wil hê nie!

Terloops, ek luister vanoggend na Jacaranda oppad werk toe en hulle doen toe ‘n “Common” toets. Seker eintlik ‘n “kommin” toets. Ek het nie die hele ding gehoor nie, maar ek het heel goed (of is dit nou sleg?) gevaar. So ek is kommin. Is julle? 😉

Advertisements

7 thoughts on “Middag praatjies

  1. Pikkelik September 25, 2008 / 3:32 nm

    Ag who cares – ek het ook soooo goed gevaar in daar die kommin toets!!! Ek het ook ‘n delegate probleem – dis hoekom ek eerder alleen werk, maar vakansies is by my nie ‘n probleem nie, dis ‘n krisus van enorme proporsie!!! Sterkte en oooo ek kannie wag vir die troufoto’s nie!!!

  2. Paula September 25, 2008 / 3:58 nm

    Ek sukkel ook om te delegate. Ek doen liewer die werk self en dan weet ek dit is reg 🙂

  3. boerinballingskap September 25, 2008 / 4:13 nm

    Ek verstaan jou gevoel. Ongelukkig is een van Afrikaners se grootste probleme (en soms positiewe eienskap) die oordrewe Calvinistiese pligsbesef. Hou jou wittebrood, geniet elke oomblik en bogger die res!

  4. eilandkind September 25, 2008 / 4:22 nm

    Nee man, geniet dit, as jy so hard werk dan verdien jy dit!
    Ek is ook kommin, so what.

  5. wipneus September 25, 2008 / 5:11 nm

    Hi Janie, nog net 16 dae!!! 🙂

    Soos Bib se ek dink dis ‘n Afrikaner ding, want ek delegate glad nie, glad nie!!! Ek is ook erg pligsgetrou!! Ek maak die lewe vir myself soms baie moeilik met die stories, maar ek sal dit ook nooit kan afleer nie. Ek dink mens word maar met die dinge ge-issue by geboorte!! 🙄

    Ek is seker ook kommin!! whahaha 😆

  6. demoerin September 26, 2008 / 9:09 vm

    As jy hard gewerk het, verdien jy die break! Soos BIB sê, bogger die res. Mmmm, miskien moet jy daai toetsie by Dmario gaan doen 😆

  7. Zee September 26, 2008 / 10:07 vm

    Ek doen ook nie die delegate ding nie!!

    Ok, ek het ook die toets gedoen gister en raai wat…..

    Ek is ook kommin 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s