Visa takes you places

Ek het ‘n groot vrees vir ambassades en konsulate. Ek verpes my Suid-Afrikaanse paspoort net as dit by visa en ander reisdokumente se aansoek kom. Ek weet ek is ‘n groot mens en dat ek nie besig is om iets “verkeerds” te doen as ek ‘n visa aansoek oor die toonbank stoot nie, maar daai tannies (hulle is almal altyd vroulik) maak my vreeslik benoud. Ek sweet, ek mompel, ek bloos.

Maak nie saak hoe goed voorbereid jy is nie, iets is altyd fout met jou dokumente. Hulle aanvaar dit dan met ‘n groot sug en ‘n gerol van oe, maar “moenie laat dit weer gebeur nie”. Daar’s omtrent altyd lang toue en hoe meer mense weggewys word, hoe benouder word ek. Lees my dokumente en die aansoek vorm weer en weer en weer deur. Al die plekke is is Pretoria, wat beteken ek is al de bliksem in na ek deur die verkeer moes ry van Johannesburg af en ‘n paar keer in die rykmansbuurte verdwaal het. Verder bel die kantoor kort-kort om te hoor waar ek is. Die leesstof in die vertrek is gewoonlik in ‘n ander taal en as jy gaan piepie verloor jy jou plek in die ry.

Ek was al by vreeslike nice plekke (dankie Indie, visas is gratis) en vreeslike kwaai plekke (Nederland). Ek sal sommer jaarliks Italie toe toer as die Italiaanse wag by die konsulaat nog so oulik in sy polisie pakkie lyk. Ons toergids het (vermoedelik) iemand in Jordanie gebribe want ons het nie in ‘n enkele ry gestaan om ‘n visa op aankoms te kry nie en my paspoort het tot vandag toe nog nie ‘n plakker in nie. (Die mense wat in die ry gestaan het, het plakkers gekry). Spanje se papierwerk was pynlik, pynlik, pynlik. Rusland het ons as Suid-Afrikaners goed behandel aangesien hulle ‘n tit-for-tat manier van doen het en ons in Swede aansoek gedoen het. My Sweedse verblyfpermit het goed vir my gesorg deur Europa en kon ek dus die EU visas in totaliteit skip. Ek het nog nooit aansoek vir ‘n Amerikaanse visa gedoen nie, maar ek hoor dis omtrent erg.

Vanoggend loop Liefie met mening by die Japanese Ambassade in. Ek trippel agterna, voel alklaar benoud. Geen ry. Geen groot kennisgewings wat aandui hoe presies jou vorms aanmekaar gekram moet wees nie. Geen niks nie. Dis soos raai-raai-riepa. Die website het ook niks reels opgehad nie. Toe ek hulle gebel het, het hulle net een vorm as vereiste gehad. Ek moes geweet het dit sou nie so maklik wees nie…

Die gerol van die oe en die gesug het gekom. Dit was ‘n tannie en dit sal nie weer gebeur nie. Die ergste van alles? Hulle bespoedig Liefie se aansoek omdat hy more weer Swede toe moet vlieg. Hulle voel ‘n veer oor myne. Dit beteken ‘n ekstra rit Pretoria toe om myne weer te gaan haal. Dit beteken ‘n Jane wat debliksem is.

Dit beteken ook ek gaan amper Japan toe!

Advertisements

12 thoughts on “Visa takes you places

  1. rosalindfranklin September 22, 2008 / 2:42 nm

    Jawol, have zou been to zhe German konzulat?

    As jy nou stywe, ja-ja mein her, wil sien.

  2. hanlie September 22, 2008 / 3:09 nm

    Hulle jok nie oor die VSA nie! Soos jy se, die beste is om jou huiswerk te doen, en baie nederig en vriendelik te wees… Ek het net nou die dag weer onthou dat jy in Japan gaan honeymoon! Dit klink so opwindend!

  3. reisiger September 22, 2008 / 3:57 nm

    Ek weet sò goed waarvan jy praat!! Die Franse en Nederlandse konsulate was vir my nog oraait maar die Britse Hoë Kommissaris waar my seuns moes gaan aansoek doen 1) vir working holiday visas en 2) vir ‘n studente visum was NAG!! Jy kan met hoe ‘n vriendelike gesig by hulle aankom, hulle is uhmm…. sê maar hekse om dit sagkens te stel!!

    Sterkte met al jou reëlings vir die troue en die honeymoon!! Jy trou op dieselfde dag as my broer se oudste seun. Ek sal dus aan jou dink op die dag!!

  4. kaalvoetinireen September 22, 2008 / 4:34 nm

    Dank Vader Korea het nie soveel drama nie! Ek het daar ingestap met my papiertjies en 3dae later het ek ‘n visum gehad…

  5. ICE September 22, 2008 / 5:03 nm

    Dankie tog vir ‘n maroon paspoort.

  6. rosalindfranklin September 22, 2008 / 5:06 nm

    Ek is al uit SA uit, sonder dat ons doeane-mense my paspoort gestempel het en weer in sonder dat ek gestempel is.

    Asof ek nooit weg was nie.

    Ek het net verby die vetties in die hokkies gestap, hoe laaik julle dit! Dink net as ek ‘n terroris was. he?

  7. Adrie September 22, 2008 / 8:41 nm

    My enigste visa wat ek het is vsa. skielik is daar n huppel in my stap.

  8. Emil September 23, 2008 / 1:58 nm

    😆 die opskrif het my laat dink hier kom weer ‘n storie oor skoene koop! Of iets soortgelyks aan jou lingerie post destyds toe jy nog in Swede was!

    Ek het gelukkig ook nog min gesukkel met VISA’s. Die moeilikste een was Kanadees. Intussen kry ek net links en regs Visums vir die Midde-Ooste. Alles sommer so oor e-pos met geskandeerde paspoort-afskrifte en dies meer. Dit neem my letterlik 8 minute om by Doha lughawe deur die doanne-beheer te kom.

    Ons het wel eenkeer gesukkel in Vioolsdrift oppad na Namibië waar daar aan die Suid-Afrikaanse kant ook versuim is om die paspoort te stempel. Toe moes ons noodgedwonge omdraai, stempel en terugkom.

    Voorsoed, NJ – dis soos jy sê: jy’s mos amper in Japan.

  9. Jenny September 23, 2008 / 3:10 nm

    Hehehe… en in die Vietnamese Ambassade is daar ‘n ou mannetjie agter die toonbank wat bykans nie ‘n woord engels verstaan nie….
    Oh the joy!

  10. demoerin September 25, 2008 / 12:53 nm

    Amerika sal ek saamstem, definitief die moeilikste. Niceste – Italië, hulle kan nie moeilik wees selfs al probeer hulle nie. Ongelukkig is dit nou maar die lot van die groen paspoort. Geniet Japan!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s