Oos-Kaap of is dit nou Oos-Slaap?

Vir die van julle wat in die Oos-Kaap bly of oorspronklik van die Oos-Kaap afkomstig is, by voorbaat jammer.

Ek kuier vreeslik lekker by mammie en pappie en geniet vreeslik om my broer en sy kinders weer te sien. Die twee klein rakkers is te oulik vir woorde en die seuntjie (3 in November) draai my sonder moeite om sy vinger. Ek is al redelik gatvol vir troureelings en het vandag met mening linte en goedjies aan mekaar geplak met die gluegun. (Wat ‘n wonderlike uitvinding!).

Ek sukkel om Ja/Nee antwoorde uit my Oos-Kaapse “suppliers” te kry. Hoe moeilik is dit vir ‘n musikant om te bevestig of hy by die troue gaan speel of nie? Ek en hy is al vir maande in gesprek, maar ek het nou nog nie ‘n “Ja!” nie. Ek het “there won’t be a problem” “I’ve reserved the day” “I’ve contacted the other musicians in the trio”, maar nie ‘n “I will be playing at your wedding. I will be there at 10. I want a deposit of Rxxx” nie. Verwag ek te veel?

Die outjies hier in die Oos-Kaap doen nog vir mense gunse en werk nog op mense se woord. Papierwerk bestaan nie, deposito is ‘n vloekwoord en verder “ja swaer” hulle jou.  Dit freak my uit.

Ek dink nie ek sal ooit iewers anders as in Johannesburg kan operate nie. Ek soek direkte antwoorde, mense wat vaste kantoorure werk en mense wat die begrip EFT verstaan, maar dis so mooi hier…

Advertisements

11 thoughts on “Oos-Kaap of is dit nou Oos-Slaap?

  1. cebella September 14, 2008 / 3:03 nm

    hoe sit ek ‘n tickerfactory dingetjie in op my blog? ek sukkel

  2. Wipneus! September 14, 2008 / 5:44 nm

    Netjane ek is ook so, ek sal totaal uitfreak, ek wil deposito betaal en hoor ja ek sal defnitief daar wees.

    /Me stres gou, ek beplan alles is my lewe in die fynste besonderhede! 😳

  3. René September 15, 2008 / 8:46 vm

    Ek LOOOOOVVVEEEE die Oos-Kaap!!! Of dit nou slaap of nie – dis my tipe mense en my tipe wêreld!

    Maar ek stem beslis saam met jou oor die JA/NEE antwoord – hoe moeilik kan dit nou wees???

  4. boendoe September 15, 2008 / 8:52 vm

    Ai ja, met net…laat ek gou kyk…26 dae oor voor die Groot Dag, wil mens darem nou ‘n ja of ‘n nee hoor! Sterkte, Jane, dit klink my hier kom nog ‘n storie! 😉

  5. Nelba September 15, 2008 / 12:08 nm

    Ek het al te veel kere gedink ek het iets met iemand bevestig en moes dan rondhol op die laaste minuut om ander reëlings te tref. Stel ‘n (klein, eenvoudige) kontrak op en laat die ou teken.

  6. RF September 15, 2008 / 1:54 nm

    As `n Oos-Kapenaar wil ek ook maar iets sê: Ek stem saam! hehe. Alles is maar kleiner en meer intiem hier, maar ek dink soms is dit bietjie swak!

  7. maeree September 15, 2008 / 2:09 nm

    ons worry nie oor kabouters nie.

    wat is EFT?

  8. sommergoed September 15, 2008 / 9:21 nm

    Mooi ja. Maar freak dit jou nie net so klein bietjie uit dat ons ouers nou net so oos kaaps geword het nie?

  9. rosalindfranklin September 16, 2008 / 2:25 nm

    Ek is net soos jy, jy verwag nie te veel nie, jy soek net ‘n behoorlike standaard. Sterkte.

  10. Da Mario September 17, 2008 / 11:28 nm

    In Pta operate ons ook soos in Jhb. Plus, dis nie die Moord-hoofstad van die wêreld nie… 😕
    …en hier is mooier girls as in Jhb…. 🙄

    Voorspoed meti reëlings! 😀

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s