Storie van my lewe

Maandag word Vrydag en elke tweede Vrydag bring my Liefie. Elke tweede Maandag vat dan ook weer my Liefie weg. Een naweek elke twee weke is nie ‘n lewe nie, maar dis al wat ons vir eers het.

Ek’s vandag heel kwaai omdat my naweek by my gesteel is. Vrydagmiddag kry ek ‘n oproep van Chubb (groot vet useless poepholle!) dat die alarm by die huis afgegaan het en dat hulle weer sal bel sou iets fout wees. Hulle besluit om my nie te bel nie, maar my sussie (die alternatiewe kontak nommer) te bel en die boodskap oor te dra dat daar ‘n inbraak was en dat al die deure oopstaan. Ek jaag soos ‘n vlakhaas hier by die kantoor weg, skreeuende bande en trane (weereens) ingegooi vir good measure. Ek gaan laai vir Liefie by die kantoor in Sandton op en daar gaat ons. My eerste weersiens met my Liefie is deurmekaar met ons wat deur die verkeer vleg. By die huis is daar NIKS fout nie. Teen die tyd het ons al ons “drinks on the roof” by die kantoor gemis en is ons altwee redelik gatvol. (Darem die aand Tropic Thunder gaan kyk wat baie snaaks was!).

Saterdagoggend is opgevreet deur die bank. (‘n Groot dankie aan Standard Bank wat nie na ons geluister het nie, maar ons van bakboord na stuurboord gestuur het en ons ‘n goeie twee ure in tyd gekos het.)

Saterdagmiddag moes ek Boksburg toe vir ‘n kitchen tea (of soos hulle dit deesdae noem: “Pamper Party”). Ek moes deur die tolhek op die N17 gaan en vir my is dit die einde van die stad Johannesburg en moes ek padkos inpak. En toe weer terug huis toe. Die aand is ons uit vir die samekoms van bruid en bruidegom. Ek hou op ‘n goeie aand nie vreeslik van club nie, maar om my aand en Liefie met ander mense te deel was nie so vreeslik baie lekker nie.

Sondag het ons mense oorgehad vir ‘n braai en hulle het 1 uur daar aangekom en kort voor 9 het ons vir die laaste een totsiens gese.

My geduld is vandag dun.

MAAR:

Ek vlieg more see toe!  Yippee, Yippee, Yippee, Yippee!!!

Advertisements

10 thoughts on “Storie van my lewe

  1. kaalvoetinireen September 8, 2008 / 4:23 nm

    Dis maar sleg as mens se tyd so gesteel word en ‘n naweek is so blerrie kort. Geniet die see! Ek is goed jaloers!

  2. Da Mario September 9, 2008 / 10:15 vm

    Veilig vlieg en geniet die week by die see en jou ouers, hopelik is dit net jou geduld wat dikker is as jy terugkom! 😆
    Miskien is jou volgende naweek beter, ek haat ook deurmekaar besige naweke. Vreemd genoeg voel dit vir my of die lewe tyd by my steel….

  3. PienkZuit September 9, 2008 / 3:49 nm

    Dis die voordeel van by die see bly, mens hoef nie te vlieg nie (behalwe in jou moer so nou en dan).

  4. TristonJ September 9, 2008 / 7:51 nm

    Sien elke donker wolkie het n silwer rand… geniet die see ek is skoon jaloers! :mrgreen:

  5. Paula September 10, 2008 / 11:31 vm

    Sterkte vir jou … en geniet die seelug!

  6. Wipneus! September 10, 2008 / 11:34 vm

    Geniet die see!!

  7. ICE September 11, 2008 / 1:14 nm

    Relax en geniet die see!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s