Vrydag nota

Ek gaan toe nou maar gistermiddag dokter toe (ons gesin was sy heel eerste pasiente en hy dus al vir ‘n goeie 23 jaar my dokter). Ek verduidelik mooi my simptome (ek is vreeslik moeg, liggeraak, kry maklik bloukolle het bloukringe onder my oe en voel in die algemeen afgemat, dis alles bo en behalwe my akute sinusitus). Toe ek by moeg en liggeraak trek maak die dokter al keelskoon. “Umm” begin hy. “Ek is nie pregnant nie!” skree ek. Met sy hande in sy lug (het ek so hard geskree!?) gee hy ‘n tree terug. “Okay…”

“Seasonal fatigue” of so iets. Daar het te vinnig te veel veranderinge in my lewe gebeur en my lyf hou nie by nie. Ek het ‘n (moerse seer) inspuiting gekry en moet glo elke 6 dae nog een kry totdat ek so 6 opgebou het. Dit behoort my “wiiiiings” te gee. Sodat ek vreeslik lekker honeymoon kan hou. Die dokter se woorde, nie myne nie.

My week in ‘n neutedop (Sorry Demoerin!): My week was kak. My Liefie is vandag terug. YAY!

Verder draai die volgende frase uit die Bon Jovi song al heel oggend in my kop – so almal saam-

“some day I’ll be Saturday Night, I’ll be back on my feet, I’ll be feeling allright…. It may not be tomorrow, but baby that’s okay, I aint going down, I’m gonna find a waaaaaaaaaay!”

Advertisements

11 thoughts on “Vrydag nota

  1. Just plain R September 5, 2008 / 8:58 vm

    So dis wat ek kort – die inspuiting! Net vandag, thnx!

  2. Emil September 5, 2008 / 9:06 vm

    Vit B complex help vir my – kry ook elke 6 weke een. Vir mense met ‘n besige lewenstyl … en die wat met CFS en ME sukkel. Seasonal Fatique … ek noem dit sommer sluimerende stress.

    Sterkte – en geniet liefie se terugkeer.

  3. flippiefanus September 5, 2008 / 9:30 vm

    Stem saam met Emil. Ek vermoed die inspuiting is ‘n vit B inspuiting want ek hoor dis baie seer. Ek drink gewoon ‘n tablet en dan help dit met die moegheid.

  4. Jasper September 5, 2008 / 9:44 vm

    Met manlief wat terug is hoop ek volgende week is ‘n wenner vir jou 😉

  5. kaalvoetinireen September 5, 2008 / 10:59 vm

    Ek het op ‘n stadium sommer self VitB12 en kompleks gespuit…dit brand nogal!

    Ek kry ook so bloukolle, lyk gedurig of een my aangerand het en dan lyk ek soos ‘n druggie op ‘n “goeie” dag met die kringe onder my oe…
    Dis die kinders, ek is seker!!!

  6. Die Wolf September 5, 2008 / 11:12 vm

    Dalk PMS?
    (Koes ek nou vinnig onder die tafel in.)

  7. hanlie September 5, 2008 / 3:31 nm

    Ek soek ook van daai inspuitings… My eerste 39ste verjaarsdag het my skoon omgesukkel!

  8. Wipneus! September 5, 2008 / 6:55 nm

    Dan sal ek maar moet aanmeld vir so inspuiting, ek voel ook of ek my lyf agter my aan sleep :mrgreen:

    Ek is bly liefie is terug!!!

    Lekker naweek!

  9. Sonia September 5, 2008 / 8:07 nm

    Ek kry my VitB kompleks inspuitings sommer by die apteek, en dis nie vir my seer nie – en dit komende van iemand met groot naaldpaniek – dit help regtigwaar.
    Bloukolle? Tekort aan Vit C, is ek al vertel. Probeer daardie fizzy poeiertjies!
    Sterkte jong, en bly vir jou die een is weer daar.

  10. Da Mario September 8, 2008 / 11:51 vm

    Wel…. as die inspuiting MOER seer is, en jy kry elke week een tot so paar dae voor die troue, dink ek nie gaan jy die trippie af Oos-Kaap toe baie geniet nie. Nie al-sittende vir die hele pad op daai einste seer boud nie…. 😕
    Anyways, hoop die week is beter. En liefie oorleef dit… 😛

  11. boendoe September 8, 2008 / 1:47 nm

    Net die feit dat jou liefie terug is, behoort jou seker wiiiings te gee! 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s