Tranedal

Ag fok. Ek begin sommer my post met die vloekwoord, sodat ek beter kan voel hoe meer ek tik.

My baas het my nounet laat huil. Ek’s tough. Ek huil nie maklik nie, veral nie by die werk nie. Ek was peacefully minding my own business (soos wat ek normaalweg is) toe my foon lui en die uitkak begin. Ek moet byvoeg dat ek halfpad deur uitgezone het en net “ja, ja, ja, ek verstaan, gaaf” gemompel het. En toe begin ek huil.

Ek weet ek huil nie oor die uitkak nie en dat ek seker huil omdat ek verlang na Liefie en stres oor die troue en nie ontbyt gehad het nie, maar nou voel ek soos ‘n groot vet idiot. Daar’s darem net ander girls in die kantoor en hulle het almal dadelik “poephol” begin skree, sonder dat hulle eers weet waaroor die trane gaan en chocolates aangedra.Β  Nice van hulle.

Toe bel een van die ander direkteure (office gossip is darem blitsvinnig!) om te hoor of ek darem okay is en toe huil ek weer omdat hy nice is met my.

In elk geval: een van die klerke gaan nou vinnig Woolworths Food toe en ek het Coke, Smarties en ‘n Huisgenoot bestel. Suiker en snert. Hoe kan ek nie beter voel daarna nie?

Advertisements

15 thoughts on “Tranedal

  1. kaalvoetinireen September 3, 2008 / 1:21 nm

    Stress is ‘n lelike ding! Vasbyt Janie! EK is seker die smarties sal help πŸ˜‰

  2. boendoe September 3, 2008 / 1:36 nm

    As ek ‘n vinnige diagnose kan maak, dit klink na erge PMS! πŸ˜† Maar ek voel rerig vir jou. Suiker en snert behoort die ding te doen. πŸ˜‰

  3. Jaco September 3, 2008 / 2:33 nm

    As ek hierdie simptome by Lyfie sien begin ek maar solank my slaapplekkie in die hondehok regkry. Suiker in die vorm van sjokelade help darem gewoonlik

  4. Paula September 3, 2008 / 3:37 nm

    Hoop jy voel al beter.
    Sterkte vir jou!

  5. Tersia September 3, 2008 / 4:31 nm

    Dis sulke dae, wat jy sommer moet siek speel, vat jou handsak en gaan huistoe en klim in die bed! Dis lekkerder om daar te sit en huil as op kantoor! Sterkte, hoop jy voel al beter!!

  6. Dellie September 3, 2008 / 4:43 nm

    Al wat jy nou nog kort, is ‘n stywe dop! :mrgreen:

    Toemaar jong, ons kry maar almal sulke dae. πŸ˜‰

  7. Wipneus! September 3, 2008 / 7:51 nm

    Janie sterkte jong. Ek hoop jy het jou suiker en snert geniet!!!

  8. Sonkind September 3, 2008 / 8:12 nm

    Ek dink ons almal was al daar, Jane. Ek het vandag my keybord gegooi dat hy trek en ek voel nou nog soos ‘n idioot. Die mense rondom my was vir ‘n hele halfuur na my tantrum soos muise so stil.

    Ek sou dalk beter gevoel het as ek eerder gehuil het πŸ˜‰

  9. Roer September 3, 2008 / 8:24 nm

    Emosionele spesie, ons vroumense. Dis hoekom ons geregtig is op chocolates en baie daarvan. Wat die Huisgenooit betref…ek dog jy wil beter voel. πŸ˜‰

  10. Zee September 3, 2008 / 9:30 nm

    En vandag dink ek toe aan jou toe ek daar by die Woolies op die snelweg verby ry op pad na Wipneus toe. Plaas ek maar stop en vir jou ‘n tjoklit daar gaan koop het! Hoop jy voel by nou al beter!

  11. Warlock September 4, 2008 / 8:51 vm

    die jaar van gemoedsbekakkinge… en ek het gedink eks alleen! ek eet nie choclates nie, maar n dubbel KWV en coke doen die truuk!

  12. Da Mario September 4, 2008 / 10:14 vm

    Ai… nie nice van jou baas nie. Miskien het sy vrou hom vroeΓ«r bietjie opdraende gegee oor iets en toe is jy sommer naaste om die frustrasies op uit te haal.
    SO girls, moenie lelik wees met julle mans nie, anders girls begin huil daaroor. πŸ˜‰

  13. demoerin September 4, 2008 / 3:32 nm

    Hel DM is darem slim….verder kruip ek maar hier innie hoekie weg. Sulke huil-situasies maak my bang. πŸ˜€

  14. Zee September 4, 2008 / 9:04 nm

    Mmmm, miskien moet die mans nie lelik wees met hulle vrouens nie dan sal dit nie nodig wees vir die vrouens om lelik met hulle mans te wees nie en dan sal die mans nie die girls laat huil nie πŸ˜›

  15. rosalindfranklin September 5, 2008 / 12:12 nm

    Ek haat dit ook om by die werk te huil en die kere wat ek dit al gedoen het, was ek so kwaad vir myself dit het alles erger gemaak. ((sterkte))

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s