Los gedagtes (Die soveelste deel)

Real life sucks.

Dit suig jou in en is vol roetine. Dit is stukkies tyd tussen bekers koffie. Dit is ‘n gelui van telefone en gebrom van motorenjins. Dis die tik-tik-tik van ‘n flikkerlig by ‘n robot. Dis die gemor van stemme. Dis fyn lyne ink op ‘n stuk papier. Dis oggend-middag-aand. ‘n Dag is grepe gesteelde tyd tussen ander tyd bedoel vir belangriker dinge as lewe. Dis wasgoed was en tandeborsel. Dis minder ” Oooeeee!” en meer “Aaargh!”. Dis suur melk en domestos. Dis kreukels in ‘n linnebroek. Dis ja en amen as fok jou beter sou klink.

Dis wakker word. Sonder jou.

Dis weer gaan slaap. Sonder jou.

Ek verlang na jou. Kom gou huistoe.

Advertisements

15 thoughts on “Los gedagtes (Die soveelste deel)

  1. boendoe September 2, 2008 / 9:11 vm

    Amen en sela. It sucks! 😦

  2. Emil September 2, 2008 / 11:55 vm

    Pragtige los gedagtes … eerlik! Min dae.

  3. Dellie September 2, 2008 / 12:47 nm

    Vasbyt! Dis amper verby. 😉

  4. Wipneus! September 2, 2008 / 1:47 nm

    Mooi inskrywing, ek sê soos Dellie, vasbyt dis amper verby!

  5. Paula September 2, 2008 / 3:27 nm

    Jou gedagtes is baie mooi in woorde uitgelê. Jy kan dit maklik omskep in ‘n gedig.

  6. eilandkind September 2, 2008 / 3:46 nm

    mmm, ek weet nie hoe jy dit doen nie.
    Mens moet seker maar sekonde na sekonde vat.

  7. semisoet September 2, 2008 / 7:27 nm

    So waar presies hoe ek voel. Ja en amen want dis mos die regte ding om te doen blykbaar.

  8. DGS September 2, 2008 / 9:49 nm

    Jy kan natuurlik altyd vir ja en amen vervang met DILLIGAF, mooi glimlag en speels wegstap. Belowe jou – niemand sal aanstoot neem nie! 😆

    Maar jy’s reg – dis asof die winter te lank was en kans gekry het om wortel te skiet in ‘n mens se gemoed.

    Ek download gister ‘n oulike programmetjie wat jou bioritmes netjies uitwerk en selfs ‘n gemiddelde persentasie gee vir elke dag. Daar’s ook ‘n feature wat uitwerk wanneer jy weer ‘n regte, egte gatskop dag gaan beleef. My volgende “I’m on top of the world and totally untouchable” dag is êrens in 2023. Ek het dadelik die gemors uninstall. Ek het beter nuus as dit nodig gehad!

    Sterkte, VerlangJane!

  9. Jasper September 3, 2008 / 7:13 vm

    Hou dit maar by los gedagtes… Anders suck dit net te veel as jy dit in die hart opvat

  10. demoerin September 3, 2008 / 12:16 nm

    DILLIGAF werk nie eers meer vir my vandag nie!

  11. netjane September 3, 2008 / 12:24 nm

    My baas het my nounet laat huil DMI, so DILLIGAF werk ook nie vir my nie. Ek wou baie baie baie graag “Ek hoor jou, maar fok jou” gese het, maar nou ja… 😉

  12. Emil September 3, 2008 / 2:30 nm

    😦 man. So much of what we call management consists in making it difficult for people to do their work.

    Troos jou daaraan. Jy werk nou agt ure ‘n dag om dalk eendag die baas te wees … en 12 ure ‘n dag te werk!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s