Viva Las Vegas!

Ek moes “elope” het. Ek besef dit nou.

Die idee pas by my persoonlikheid. Ek hou daarvan om sosiale konvensies te verbreek. Ek en Liefie is baie “in to each other” – baie keer tot die totale uitsluiting van ander mense. Hy is meer sosiaal as ek, maar ons eerste keuse is altyd om tyd alleen saammet mekaar te spandeer. As ons “elope” het (wat is die afrikaanse woord?) sou ons bymekaar gewees het, ons mikpunt bereik het (om wettig getroud te wees) en vreeslik baie geld gespaar het, wat sou beteken ons kon op ‘n kick-ass wittebrood gaan en siende dat ons mal oor reis is, sou dit ‘n wen-wen situasie gewees het. In plaas van uitnodigings sou ek mooi foto’s aan al die gaste gestuur het en ‘n mooi boodskappie in die kaartjie geskryf het: “Ons is getroud. Wish you were here.”

Ek weet ‘n troue is veronderstel om nie net oor die bruid en bruidegom te gaan nie. Ek weet dis veronderstel om ‘n viering van liefde en die samekoms van twee families te wees. Ek weet ook dis net woorde en dis vrek baie werk om ‘n troue op ‘n beperkte begroting gereël te kry. Ek weet mense vind dit onmoontlik om net vir een dag oor hulleself en hulle issues te kom. Ek weet baie mense gun vir niemand anders hulle plekkie in die son nie. Ek weet baie mense voer nie instuksies uit nie.

Wish you were here.

Advertisements

Middag praatjies

Ek sit vir die hoeveelste middagete voor my lessenaar.

Ek kan nie nog vroeër begin werk nie, want soos dit is, is dit elke oggend vir my ‘n erge stryd om myself uit die bed te sleep en in een stuk by die kantoor aan te kom.

Ek kan nie later werk nie, want ek het agtergekom hoe lekker dit is om nie in (soveel) verkeer te sit nie en ek weet uit ondervinding uit dat as ek eers laat werk, raak dit baie laat en baie donker en ek baie honger en dan eet ek sommer my ontbyt beskuit vir aandete, want daar is altyd nog ‘n ander sucker by die kantoor wat laat werk.

Nou dink ek aan my pa wat altyd vir my sê: “Daar’s ‘n groot verskil tussen kan nie en wil nie”. So okay, ek WIL nie.

My grootste “probleem” in die lewe is my ernstige pligsbesef en pligsgetrouheid. Ek voel soos ‘n boef omdat ek op wittebrood gaan en omtrent die hele maand van Oktober nie by die werk gaan wees nie. Ek werk myself oor ‘n mik omdat ek dit haat om die leisels oor te gee. Ek kan nie “delegate” nie, al probeer ek. Dis nie dat ek nie die ander mense vertrou nie, dis net dat ek dink ek iets beter as hulle kan doen. (Is dit ‘n verskriklike ding om te erken?). Ek maak oral lysies met nommers en blokkies om af te merk. Ek is seker dat my kollegas gaan dink ek is ‘n groot poephol wat hulle nie vertrou nie en dat hulle hulle oë gaan rol. Ek weet ook dat ek my humeur lelik gaan verloor as ek terugkom en goed is nie gedoen soos wat ek dit wil hê nie!

Terloops, ek luister vanoggend na Jacaranda oppad werk toe en hulle doen toe ‘n “Common” toets. Seker eintlik ‘n “kommin” toets. Ek het nie die hele ding gehoor nie, maar ek het heel goed (of is dit nou sleg?) gevaar. So ek is kommin. Is julle? 😉

Visa takes you places

Ek het ‘n groot vrees vir ambassades en konsulate. Ek verpes my Suid-Afrikaanse paspoort net as dit by visa en ander reisdokumente se aansoek kom. Ek weet ek is ‘n groot mens en dat ek nie besig is om iets “verkeerds” te doen as ek ‘n visa aansoek oor die toonbank stoot nie, maar daai tannies (hulle is almal altyd vroulik) maak my vreeslik benoud. Ek sweet, ek mompel, ek bloos.

Maak nie saak hoe goed voorbereid jy is nie, iets is altyd fout met jou dokumente. Hulle aanvaar dit dan met ‘n groot sug en ‘n gerol van oe, maar “moenie laat dit weer gebeur nie”. Daar’s omtrent altyd lang toue en hoe meer mense weggewys word, hoe benouder word ek. Lees my dokumente en die aansoek vorm weer en weer en weer deur. Al die plekke is is Pretoria, wat beteken ek is al de bliksem in na ek deur die verkeer moes ry van Johannesburg af en ‘n paar keer in die rykmansbuurte verdwaal het. Verder bel die kantoor kort-kort om te hoor waar ek is. Die leesstof in die vertrek is gewoonlik in ‘n ander taal en as jy gaan piepie verloor jy jou plek in die ry.

Ek was al by vreeslike nice plekke (dankie Indie, visas is gratis) en vreeslike kwaai plekke (Nederland). Ek sal sommer jaarliks Italie toe toer as die Italiaanse wag by die konsulaat nog so oulik in sy polisie pakkie lyk. Ons toergids het (vermoedelik) iemand in Jordanie gebribe want ons het nie in ‘n enkele ry gestaan om ‘n visa op aankoms te kry nie en my paspoort het tot vandag toe nog nie ‘n plakker in nie. (Die mense wat in die ry gestaan het, het plakkers gekry). Spanje se papierwerk was pynlik, pynlik, pynlik. Rusland het ons as Suid-Afrikaners goed behandel aangesien hulle ‘n tit-for-tat manier van doen het en ons in Swede aansoek gedoen het. My Sweedse verblyfpermit het goed vir my gesorg deur Europa en kon ek dus die EU visas in totaliteit skip. Ek het nog nooit aansoek vir ‘n Amerikaanse visa gedoen nie, maar ek hoor dis omtrent erg.

Vanoggend loop Liefie met mening by die Japanese Ambassade in. Ek trippel agterna, voel alklaar benoud. Geen ry. Geen groot kennisgewings wat aandui hoe presies jou vorms aanmekaar gekram moet wees nie. Geen niks nie. Dis soos raai-raai-riepa. Die website het ook niks reels opgehad nie. Toe ek hulle gebel het, het hulle net een vorm as vereiste gehad. Ek moes geweet het dit sou nie so maklik wees nie…

Die gerol van die oe en die gesug het gekom. Dit was ‘n tannie en dit sal nie weer gebeur nie. Die ergste van alles? Hulle bespoedig Liefie se aansoek omdat hy more weer Swede toe moet vlieg. Hulle voel ‘n veer oor myne. Dit beteken ‘n ekstra rit Pretoria toe om myne weer te gaan haal. Dit beteken ‘n Jane wat debliksem is.

Dit beteken ook ek gaan amper Japan toe!

Oos-Kaap of is dit nou Oos-Slaap?

Vir die van julle wat in die Oos-Kaap bly of oorspronklik van die Oos-Kaap afkomstig is, by voorbaat jammer.

Ek kuier vreeslik lekker by mammie en pappie en geniet vreeslik om my broer en sy kinders weer te sien. Die twee klein rakkers is te oulik vir woorde en die seuntjie (3 in November) draai my sonder moeite om sy vinger. Ek is al redelik gatvol vir troureelings en het vandag met mening linte en goedjies aan mekaar geplak met die gluegun. (Wat ‘n wonderlike uitvinding!).

Ek sukkel om Ja/Nee antwoorde uit my Oos-Kaapse “suppliers” te kry. Hoe moeilik is dit vir ‘n musikant om te bevestig of hy by die troue gaan speel of nie? Ek en hy is al vir maande in gesprek, maar ek het nou nog nie ‘n “Ja!” nie. Ek het “there won’t be a problem” “I’ve reserved the day” “I’ve contacted the other musicians in the trio”, maar nie ‘n “I will be playing at your wedding. I will be there at 10. I want a deposit of Rxxx” nie. Verwag ek te veel?

Die outjies hier in die Oos-Kaap doen nog vir mense gunse en werk nog op mense se woord. Papierwerk bestaan nie, deposito is ‘n vloekwoord en verder “ja swaer” hulle jou.  Dit freak my uit.

Ek dink nie ek sal ooit iewers anders as in Johannesburg kan operate nie. Ek soek direkte antwoorde, mense wat vaste kantoorure werk en mense wat die begrip EFT verstaan, maar dis so mooi hier…

Storie van my lewe

Maandag word Vrydag en elke tweede Vrydag bring my Liefie. Elke tweede Maandag vat dan ook weer my Liefie weg. Een naweek elke twee weke is nie ‘n lewe nie, maar dis al wat ons vir eers het.

Ek’s vandag heel kwaai omdat my naweek by my gesteel is. Vrydagmiddag kry ek ‘n oproep van Chubb (groot vet useless poepholle!) dat die alarm by die huis afgegaan het en dat hulle weer sal bel sou iets fout wees. Hulle besluit om my nie te bel nie, maar my sussie (die alternatiewe kontak nommer) te bel en die boodskap oor te dra dat daar ‘n inbraak was en dat al die deure oopstaan. Ek jaag soos ‘n vlakhaas hier by die kantoor weg, skreeuende bande en trane (weereens) ingegooi vir good measure. Ek gaan laai vir Liefie by die kantoor in Sandton op en daar gaat ons. My eerste weersiens met my Liefie is deurmekaar met ons wat deur die verkeer vleg. By die huis is daar NIKS fout nie. Teen die tyd het ons al ons “drinks on the roof” by die kantoor gemis en is ons altwee redelik gatvol. (Darem die aand Tropic Thunder gaan kyk wat baie snaaks was!).

Saterdagoggend is opgevreet deur die bank. (‘n Groot dankie aan Standard Bank wat nie na ons geluister het nie, maar ons van bakboord na stuurboord gestuur het en ons ‘n goeie twee ure in tyd gekos het.)

Saterdagmiddag moes ek Boksburg toe vir ‘n kitchen tea (of soos hulle dit deesdae noem: “Pamper Party”). Ek moes deur die tolhek op die N17 gaan en vir my is dit die einde van die stad Johannesburg en moes ek padkos inpak. En toe weer terug huis toe. Die aand is ons uit vir die samekoms van bruid en bruidegom. Ek hou op ‘n goeie aand nie vreeslik van club nie, maar om my aand en Liefie met ander mense te deel was nie so vreeslik baie lekker nie.

Sondag het ons mense oorgehad vir ‘n braai en hulle het 1 uur daar aangekom en kort voor 9 het ons vir die laaste een totsiens gese.

My geduld is vandag dun.

MAAR:

Ek vlieg more see toe!  Yippee, Yippee, Yippee, Yippee!!!

Vrydag nota

Ek gaan toe nou maar gistermiddag dokter toe (ons gesin was sy heel eerste pasiente en hy dus al vir ‘n goeie 23 jaar my dokter). Ek verduidelik mooi my simptome (ek is vreeslik moeg, liggeraak, kry maklik bloukolle het bloukringe onder my oe en voel in die algemeen afgemat, dis alles bo en behalwe my akute sinusitus). Toe ek by moeg en liggeraak trek maak die dokter al keelskoon. “Umm” begin hy. “Ek is nie pregnant nie!” skree ek. Met sy hande in sy lug (het ek so hard geskree!?) gee hy ‘n tree terug. “Okay…”

“Seasonal fatigue” of so iets. Daar het te vinnig te veel veranderinge in my lewe gebeur en my lyf hou nie by nie. Ek het ‘n (moerse seer) inspuiting gekry en moet glo elke 6 dae nog een kry totdat ek so 6 opgebou het. Dit behoort my “wiiiiings” te gee. Sodat ek vreeslik lekker honeymoon kan hou. Die dokter se woorde, nie myne nie.

My week in ‘n neutedop (Sorry Demoerin!): My week was kak. My Liefie is vandag terug. YAY!

Verder draai die volgende frase uit die Bon Jovi song al heel oggend in my kop – so almal saam-

“some day I’ll be Saturday Night, I’ll be back on my feet, I’ll be feeling allright…. It may not be tomorrow, but baby that’s okay, I aint going down, I’m gonna find a waaaaaaaaaay!”