Musical chairs

Ek het al baie moeilike goed in my lewe gedoen, maar iets wat ek gedink het sommer chop-chop gedoen sal word is besig om my grys hare te gee.
Dis regtig moeilik en verg baie moeite om tafel plasings vir die troue te doen. Ek het nie baie trougaste nie, waarskynlik in die omgewing van 60. (Effens van die onderwerp af: hoekom het mense so ‘n moerse fobie om te RSVP. Ja of Nee. Dis nie so moeilik nie). In elk geval. Eerstens het ek nie ‘n tradisionele bruidstafel nie, aangesien ek en Liefie nie strooimeisies of -jonkers het nie. Liefie se pa is reeds oorlede en dit sal half stupid lyk as ons tweetjies en my ma en pa en sy ma daar sit en tone tel. Ek kan nie waag om my broer en suster aan die tafel te sit nie, aangesien hulle klein kindertjies het en my sussie se kinders effens van ‘n handvol is. Liefie se suster en sy broer se vrou is nie juis die beste van vriende nie en so word nie lys van moontlike opsies korter…

Verder het ek nie ronde tafels gekies nie, maar vierkantiges en reghoekiges wat dan in verskillende kombinasies bymekaar gesit kan word. Sekere gaste kan net by ander gaste gesit word. Mens kan mos nie twee susters wat mekaar lank nie gesien het nie en ver gereis het om die troue by te woon skei nie? Verder is daar gaste wat by niemand anders pas nie. Dan is daar gaste wat so mooi bymekaar pas, maar as mens hulle bymekaar sit is dit amper te obvious. Ons het drie couples wat van Duitsland af kom. Dan sit ons nog met die  Griek wat met ‘n Boerin getroud is, maar nie die Taal so lekker praat nie, maar mens wil die Boerin by haar pelle sit en om dan vir die Griek ‘n Engelssprekende “maatjie” te gee sit mens nog ‘n Engelse mens by die tafel, maar eweskielik is die situasie nou so dat al die plaasmense moet Engels praat en die een is ‘n skaapboer van De Aar wat glad nie die rooitaal mooi praat nie.

Dan nog besluit waar ek en Liefie moet sit en ons wil nie favourites speel nie en sekere mense dink nog dis ‘n groot eer om by die bruidspaar te sit. Ek oorweeg dit sterk om randomly vir sekere gaste rooi stickers op te plak soos hulle instap en dan later aan te kondig: “sal almal met rooi stickers asseblief by die bruidstafel aanmeld. It’s your lucky day!”.

Met die gemeet en gepas van name kom ek agter ek het ‘n eks boyfriend aan die bruidstafel laat opeindig en asof dit nie vir al my skoolpelle weird genoeg is dat ek ‘n eks boyfriend troue toe nooi nie, sit ek hom nog aan die hooftafel ook! Verder bring nie een van die gays partners nie of het hulle nie partners nie en ek wil nou ook nie ‘n pienk tafel skep nie. Dan onthou ek die dominee, fotograaf en haarkapper moet ook iewers sit. Ek  kan seker ook nie die haarkapper en sy nuwe lover wat spesiaal vir ‘n dirty weekend kom om my hare te doen langs die dominee sit nie. Mens kan nie kinders van hulle ouers skei nie en hoe boring is dit vir ouers om aan tafel met ander ouers met kinders te sit? Dan kon hulle net sowel Spur toe gegaan het. Ons het ‘n enkele Muslim paartjie en my broer is so lief vir Osama jokes.

Daar’s min crossover gaste en daarby bedoel ek die wat mense in meer as een groep ken en dus as skakel kan optree. Van die min crossover gaste is ‘n Sjinese Mauritian wat Engels met ‘n swaar Franse aksent praat/

Dis moeilik se ek julle. Moeilik.

Advertisements

13 thoughts on “Musical chairs

  1. Da Mario Augustus 31, 2008 / 6:27 nm

    Ja… so gepassery kan nogal ‘n ding wees.
    Meestal bly mense wat trou op die einde oor met so 6 of 8 mense wat nêrens pas nie, en dit word dan die maklik herkenbare “weirdo”-tafel…. 😆
    Voorspoed!! 😉

  2. liezl Augustus 31, 2008 / 6:51 nm

    Sterkte!
    Of maak soos Gert en sy vroutjie en hou ‘n aansienlik duurder wittebrood… 😉

  3. Sonkind Augustus 31, 2008 / 7:01 nm

    MOET daar plek aanwysers by die tafels wees? My jonger boetie is so twee jaar terug getroud en die onthaal was op ‘n wynplaas. Ons is ook maar ‘n deurmekaar familie, met twee halfsusters, die halfboetie, my ma en my stiefma wat BAIE goeie vriendinne is (LOL! – ja sowaar)

    Wel, die bruidstafel was letterlik net vir die bruidspaar en hul ouers. Die res van ons het self plek gekry by mense by wie ons wou sit.

    Daar was ook net so 60 mense en na die toesprake het almal begin mingle en die bruid en bruidspaar het sommer so van tafel na tafel gekuier en tussen-in het almal gedans.

    Dit was een van die lekkerste troues waarop ek nog ooit was en niks styf nie, al het ons aan ‘n tafel beland waar ons niemand geken het nie, maar gou saam begin kuier het.

    Dalk moet jy die sittery aan die noodlot oorlaat 😆

  4. Wipneus! Augustus 31, 2008 / 8:29 nm

    Ek is bly ek hoef dit nie weer te doen nie, dit was vir my net so moeilik!

    Sterkte 🙂

  5. kaalvoetinireen September 1, 2008 / 6:39 vm

    Toe lees Sonkind my gedagtes…Ek dink ook dit kan werk as jy mense net laat sit waar hulle wil en dan kan niemand vir jou kwaad wees oor waar hulle opeindig nie!
    Sterkte!

  6. René September 1, 2008 / 9:08 vm

    Ek stem saam met Sonkind en Kaalvoet – laat hulle self kies, dan is dit een minder worry vir jou!

    Jy het omtrent ‘n mengelmoes van mense by jou troue! Jy kan bly wees jy hoef nie ‘n “blogger” tafel uit te sit nie – dit sou ons sommer die CHAOS tafel kon noem!! Hehehe :mrgreen:

  7. Johan Swarts September 1, 2008 / 12:29 nm

    van die os op die jas, jy’s genoem in ‘n onderhoud 🙂

  8. demoerin September 1, 2008 / 3:58 nm

    😆 Sterkte. Ek sou ‘n hoed by die deur met die tafelnommers ingesit het, en die mense laat trek het. As hulle dan wou uitruil was dit ‘n eie besluit. Klaar!

  9. Roer September 1, 2008 / 5:35 nm

    😆 Been there, done that, got the T-shirt. Troue reël is nie vir die faint-hearted nie. Sterkte!

  10. Adrie September 2, 2008 / 10:04 vm

    Ek stel elope voor. Geen tafelplasings nie en baie goedkoper.

  11. hanlie September 2, 2008 / 1:16 nm

    Dis juis hoekom ek elope het! Dit het alles vir my na ‘n logistieke nagmerrie begin lyk… Ek stem saam dat bruidtafels outyds en onprakties is!

  12. Nelba September 2, 2008 / 3:16 nm

    Ja, man, laat hulle self kies. En sit julle ook beurtelings by al die tafels. So kry almal bymekaar gekuier.

  13. Roxy Desember 1, 2009 / 9:21 nm

    sjoe eks ook nou besig met my trou tafel plasings en het uit desperaatheid op die internet in getik om te kyk of iemand raad het lyk my jy het selfde isue as ek.
    ek het ook paar mense wat nerans in pas nie nou gaan ek maar mix en match maar mense wat getroud is saam sit en mense wat al kids het saam en my ma en haar fam en pa en syne en my liefie se pa en ma en fam ens.. dit is nie maklik nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s