Lady in red

My Donderdagoggend het soos ‘n Maandagoggend begin en dit maak my half kwaad, want geen mens verdien om twee Maandagoggende in een week te beleef nie.

Ek het die huis se matte uitgeruk en die blokkiesvloere laat skuur. Hoekom ek so ‘n taak aangepak het terwyl ek eintlik met trougoed moet besig wees, weet net ek, maar laat ek vir julle vertel: maak nie saak of die outjies vir jou vertel dat daar min stof gaan wees nie, daar’s nogsteeds vrek baie stof. Maak nie saak of die outjies vir jou vertel die vernis gaan nie erg ruik nie, dit stink moerse en gee jou ‘n high of note. Alles lyk mooi en vandag begin die reverse groot trek weer by my huis. Sal maar sien hoe ek dit regkry om die kaste en banke en beddens gesleep te kry.

My groot groot groot opwinding vir vandag: Ek pas my trourok vir die eerste keer aan! Ek het laasweek die “basic pattern” aangepas, maar dit was effens van ‘n antiklimaks aangesien ‘n totaal onhandvaardige mens soos ek nie eintlik die potensiaal kon visualiseer nie. Vrydag het ek materiaal gekies (Rooi sy! Ooolala) en vandag pas ek. Ek kan nie wag nie!

My Liefie vlieg vanaand van Swede af terug. Ek kan nie wag nie!

And last, but not least – my skip kom in, of so iets. Maandag laai hulle (uiteindelik) my container van Swede af. Ek gaan weer baie klere en skoene he. It’s the simple things in life….

Advertisements

23 thoughts on “Lady in red

  1. Zee Augustus 21, 2008 / 10:00 vm

    NJ, moet nou net nie die blokkiesvloere krap as jy probeer om die meubels self rond te sleep nie, wag maar liewer vir jou Liefie.

    Aitsa, Rooi sy nogal nê!! Kan nie wag om die foto te sien nie. Geniet jou aanpas 🙂

  2. RB Augustus 21, 2008 / 10:04 vm

    Ja, ek wil definitief ook foto’s sien van die rooi sy, klink baie mooi!

  3. demoerin Augustus 21, 2008 / 11:16 vm

    😆 Altyd ‘n bonus as ‘n free “high” by dei prys ingesluit is! Geniet die 2de Maandag. Volgende week het jy dalk 2 Donderdae?

  4. kaalvoetinireen Augustus 21, 2008 / 2:14 nm

    Klink stunning! Sal ook pics wil sien! Stekte met al die dinge!

  5. Rustig Augustus 21, 2008 / 5:09 nm

    Ek hoop daar gaan spesiale Netjane Trou Uitgawe wees met foto’s en nodige.

  6. Paula Augustus 21, 2008 / 7:10 nm

    Ek het ook die matte verwyder uit my huis en sit nou met nie ‘n so good looking blokkies vloer nie 😦

    Ek het die een kamer se blokkies vloer self probeer afskuur en vernis …. maar ek dink nie dit was so ‘n goeie idee nie. Sal maar iemand moet inkry om die hele huis se vloere te doen … sien net op na die stof 😦

  7. alta Augustus 22, 2008 / 4:19 vm

    Klink baie mooi. Wil ok fodies sien.

  8. kat Augustus 22, 2008 / 8:17 vm

    Wonderlik! Jou lewe is baie exciting op die oomblik! Sterkte met alles ne…

  9. Dellie Augustus 22, 2008 / 11:49 vm

    Rooi sy? Jy gaan stunning lyk!

  10. Sonia Augustus 22, 2008 / 12:41 nm

    Wat ‘n wonderlike dag lê nie vir jou voor nie – rooi sy klink manjifiek!
    Ek stem saam met Rustig oor die spesiale NetJane Troue uitgawe…

  11. René Augustus 22, 2008 / 3:53 nm

    Ag poppieJane, jy sal pragtig in ‘n goiingsak ook lyk – maar dankie tog dis eerder rooi sy!!!

  12. Sonkind Augustus 22, 2008 / 11:18 nm

    Ek’s net bly vir jou dat die Liefie oppad terug is. Dis darem te alleen so hier in die wilde Afrika 😆

  13. Wipneus! Augustus 23, 2008 / 10:45 vm

    NJ, ek kan glo jy kon nie wag vir jou klere en skoene nie. he he
    Jou rooi trou rok klink divine!!!

    Lekker naweek

  14. Pikkelik Augustus 24, 2008 / 5:39 vm

    Nou kan jy weer dress girl!!! Enjoy… vir liefie ook sommer!

  15. Pikkelik Augustus 24, 2008 / 5:39 vm

    Ek bedoel jy kan sommer vir liefie ook aanpas…

  16. Pikkelik Augustus 24, 2008 / 5:40 vm

    Nee genade dit klink ook nie reg nie!!! 😳 Ek bly liewers stil, my voet is in my mond!

  17. Emil Augustus 25, 2008 / 12:13 nm

    Ek wens ek het ook so ‘n skip oppad 😉

    Voorspoed met die reëlings – hoop “Liefie” is hulpvaardig.

  18. Kokkewiet Augustus 25, 2008 / 3:41 nm

    Hoop jy het die aanpas geniet en dat dit presies is wat jy wou hê!!

    Sterkte met die laaste reëlings.

  19. Skoor Augustus 26, 2008 / 10:44 vm

    Sit die meubels op ou komberse en sleep hulle oor die vloere. Dit werk.

    En se vir lief om weg te bly van jou blog, dan plaas jy ‘n pic van die rok, toe!

  20. Zelda Januarie 19, 2010 / 8:25 nm

    Hi, jy moet gereeld die vloere laat buff. Die beste mense is Mauritz van Floorwizz 083 411 3537

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s