Padkos

Wat is dit met Suid-Afrikaners en padkos?

Ek en Mammie skiet toe Vrydagmiddag se kant deur Nylstroom toe. Ons moes iets oppad aflaai en vat toe die R21. Voor ek weet wat my kar doen stop ek by die 1Stop wat ‘n Woolworths Food by het. Vir padkos. As ek in ‘n kar klim wil ek eet. Dis net op ‘n goeie dag wat ek verder as 50km kan ry sonder om iets vir die pad in te pak of te koop.

Ek dink dis moontlik geneties. Oppad see toe het my pa skaars die Grasmere tolplaza gehaal voor hy sy eerste broodjie wou gehad het. My broer is vreeslik lief vir sy Wimpey in Bloemfontein. My sussie vra altyd of ek “schnakies” het as sy in my kar klim. My ma kan nie verby ‘n tuisnywerheid of padstal ry nie.

As kind het ek gesmag om soos van daai families te wees wat langs die pad by die tafeltjies gestop het en ‘n kan tee ook gehad het. Ons het die streep by broodjies, koeldrank en lekkers getrek. My ma het geweier om ‘n flask in te pak en gesweer die goed lek altyd. Ons het nie frikkadelle, hoenderboudjies en hardgekookte eiers gehad nie. Elke vakansie het my pa daarvoor gevra en elke vakansie het hy dit nie gekry nie.

Verder het ons ook by ‘n verskeidenheid slaghuise gestop vir biltong en droewors. By padstalle vir gedroogte perskes en ander lekkernye. Ons kan nogsteeds nie Port Elizabeth toe ry sonder om by die Nanaga padstal te stop vir roosterkoek nie. Die Igloo tuisnywerheid in Steynsburg het ons elke vakansie gesien.

Met al ons Europese roadtrips het ek en Liefie padkos gepak.

‘n Trip is net nie dieselfde daarsonder nie.

Advertisements

14 thoughts on “Padkos

  1. krista Augustus 18, 2008 / 2:39 nm

    Ek ry nerens heen sonder drinkgoed nie.

    As ons Oog toe gaan (178 km ver), stop ons gewoonlik by die Kranskop 1stop. As ons see toe gaan, stop ons op Harrismith vir ‘n Wimpy-ontbyt. Ons pak gewoonlik biltong en tjokkies in vir padkos as ons beplan om nie te stop nie.

    Ons was laas Sondag Magaliesburg toe. Met die wegtrek het ons by die Wild Bean cafe by BP gestop vir koffie-refills en muffins.

    So, julle moet asb nie alleen voel nie. Ons doen dit ook.

  2. kaalvoetinireen Augustus 18, 2008 / 3:47 nm

    Daar is niks, maar NIKS so lekker soos ‘n Wimpy ontbyt en ‘n megakoffie as mens so op die lang pad is nie. My ma het ook altyd die hele tradisionele padkos -ding gedoen en sy doen dit nou no met ‘n koffiefles en al 🙂

  3. Dellie Augustus 18, 2008 / 4:00 nm

    Ons was daai mense langs die pad met die koffiekan, frikkadelle en blou gekookte eiers… as daar rerig tyd was, sou my pa sommer ‘n vuurtjie aanslaan vir vars, warm koffie. En as ons al donker by die huis weggetrek het, was daai brekfis langs die pad wanneer die son sy koppie net-net uitsteek, hemels. Lekker verlang ek nou! 😉

  4. Rustig Augustus 18, 2008 / 4:42 nm

    Niks verkeerd met dit nie, ek self nie vreeslike padkos mens nie. Genoeg water en dan is ek happy. Ek ry om by my plek te kom. Die eiers is net om mekaar uit die kar te poep en moenie vir my koue hoender boudtjies gee nie.

  5. Eilandkind Augustus 18, 2008 / 8:14 nm

    My sus bly in Steynsburg omgewing, ek ken daai Igloo plek!
    Ek hou ook van daai padkos ding, maar deesdae het ek nie vér genoeg om te ry om dit te pak nie, die eiland is maar klein. 🙂
    Ek was mal oor stop by die diens stasies, langs die pad in Engeland, maar dis ook nou verby.

  6. demoerin Augustus 19, 2008 / 12:35 nm

    Ek het ok maar groot geword met padkos, was egter nog nooit ‘n hardgekookte eier fan nie. My favourites: Biltong en Droë Wors.

  7. flippiefanus Augustus 19, 2008 / 8:19 nm

    Ja gee maar daardie padkossies aan. So bakkie biltong is lekker. Mens moet net iets te drink he^ want dit maak mens dors. Snaaks genoeg ek vrek nogal oor koue hoender vleis.

  8. Warlock Augustus 20, 2008 / 8:39 vm

    omdat ons in Upington bly, ver van alles in die middel van nerens maak ons altyd n groot bak snacks, hoender, meatballs, hotdogs ens ens – hel, daars een reel in my kar, geen gekookte eiers!

    anyway, met die terug kom van n vakansie in die kaap (wat 800km van ons is) koop ons gewoondlik Mcdonalds – 1 groot ete om te stop langs die pad en teminste 20 klein kaasbugers waarvan ons chow terwyl ons bestuur en die res aan die familie by die huis uit gedeel word wat nie Mcdonalds ken nie… Yup ons het nie so iets nie!

    Vandat ek kan onthou het ons padkos gepak maak nie saak waarheen ons gaan nie. Even as dit net buite die dorp was, was die padkos n yskoue Kasteeltjie!

  9. jana Augustus 20, 2008 / 9:18 vm

    aaah, hoe verlang ek nou na PE.

    ek sal ook altyd by nanaga stop.

    daar en daar alleen word die droom pies verkoop.

  10. Amanda Augustus 20, 2008 / 10:01 vm

    Ek wil nou DADELIK met vakansie gaan en my padkos mandjie pak!!!! Sies vir julle!

  11. rosalindfranklin Augustus 20, 2008 / 5:17 nm

    flasks lek, dis waar. ons moet ook oooorals stop waar ons kom. ek wil nie altyd nie, maar luister na die baas. my ouma se frikkedelle het anders geproe as dit padkos was, die eiers ook.

  12. annerkant Augustus 20, 2008 / 8:02 nm

    Kos maak en daarby getel padkos maak, is nou nie eintlik my forte nie. Wanneer ons die langpad vat, sien ek dit as ‘n verskoning vir sjokolade, harde tjips en alles wat ‘n mens nie veronderstel is om te eet nie. Aard nie na my Ma nie … sy is ‘n padkos-maak koningin … onder andere al daardie lekker tuisgemaakte beskuit en soetkoekies saam met ‘n koffietjie as ‘n tussenin dingetjie langs die pad! Natuurlik kan ‘n mens vandag nie meer sommer so stilhou en uitspan nie. Ai.

  13. demoerin Augustus 22, 2008 / 10:10 vm

    How….hoe het ek nou in ‘n moster verander.. 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s