Repeat steps 1 – 5

Ek het aanvanklik onderneem dat my blog nie ‘n dagboek van my lewe gaan wees nie. Nie omdat ek dink ander mense se dagboek blogs is nie lekker om te lees nie, maar net omdat ek gedink het niemand sal daarin belangstel om oor my alledaagse lewe te lees nie.

Ek het gedink ek sal pittige goedjies kwytraak, “ponder” oor goed wat my pla, gedagtes wissel en oor die algemeen oulik wees.

Ek het gedink.

Noudat ek terug by die werk is en nie meer rondrits nie voel my lewe vir my so saai. Ek het ‘n roetine. Ek sien dieselfde karre in oggend verkeer op dieselfde plek. Ek is elke oggend met Highveld se sportsnuus op ‘n sekere hoek in Greenside. Dit pla my vreeslik, maar ek kan nie daarvan wegbreek nie.

In die aande is ek voos gewerk. Die volgende oggend gebeur dit alles weer. Ek glo dat ek seker nog ‘n tydjie gaan vat om weer “in the swing of things” te kom, maar dit voel vir my of dit so lank vat om weer gewoond te raak aan die nuwe lewe!

Ek is nie ongelukkig nie, inteendeel ek is eintlik baie gelukkig op die oomblik, maar ek voel so verswelg deur roetine, die absurde ding is natuurlik dat ek roetine nodig het om gelukkig te wees. Ai…

Wat ek eintlik wou se is dat ek deesdae sukkel om te blog. So bear with me.

Advertisements

8 thoughts on “Repeat steps 1 – 5

  1. platterfuss Augustus 14, 2008 / 11:18 vm

    Roetine is maar ‘n ‘onaangename ding’… 😉

    (((((Hugs)))) STERKTE!!!! Ek ken van daai ‘sukkel om te blog’ dinge!

  2. demoerin Augustus 14, 2008 / 12:18 nm

    Ek dink dit is net te danke aan roetine dat ons wel die “minder lekker” goed ook doen.

  3. René Augustus 14, 2008 / 12:23 nm

    Ek sit in dieselfde situasie as jy Janey – ek het massas goed waarmee ek tans besig is – als in die ontwikkelingsproses en voor dinge nie vlot verloop nie, kan ek ook nie sien hoe ek gaan kan blog nie!!

    En ek HAAT ook roetine – die dat ek nou aan iets werk wat GLAD NIE roetine is nie! Ek kan nie wag om my bedankingsbrief in te handig nie!!

    Sterkte girl, jy is nie alleen nie hoor! Laat weet maar as ek moet help met iets!

  4. Dellie Augustus 14, 2008 / 2:37 nm

    Is maar moeilik om weer aan ‘n roetine gewoond te raak. Gee dit ‘n paar weke kans, dan is jy in die ding. 😉

  5. Rustig Augustus 14, 2008 / 3:36 nm

    Roetine word ons “comfort zone” waarin ons sukkel om uit te kom. Seker dinge in die lewe sal altyd roetine wees. Ek probeer dit vermy, omdat ek vreeslik sukkel om aan te beweeg as ek eers vasgeval het.

  6. DGS Augustus 14, 2008 / 11:45 nm

    Ja – JIG! Roetine suig big-time!

    Sterkte JoziJane! Oor ‘n maand van nou af is jy in the swing of things…

  7. flippiefanus Augustus 15, 2008 / 7:37 vm

    Ai die bloggery raak verslawend. Ek sit ook met ‘n rits goed om te doen maar elke keer wil ek net nog hierdie of daai een ook lees en dan miskien kommentaar lewer. Op die ou ent kry ek nie gedoen wat als gedoen moet word nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s