Naweek wegbreek

Lekker naweek hou! Ek gaan bietjie plaas toe.

Ek is vrek bang vir ‘n koei (of moet dit nou eintlik bees wees?). Nie die melkkoeie nie, hulle is vir my vriendelik, maar daai Afrikaner beeste op my oom se plaas gee my die creeps. (Lekker stads sissie, ek). Van kleintyd af loop ek ‘n wye draai om die beeste in die veld. Dis nou as ek hoegenaamd van die bakkie afklim.

Ek is nie heeltemal pateties nie en swem darem in die plaasdam en vryf die skape en so aan. My grootste plaas treat (behalwe nou die biltong) ? Vroegoggend koffie op die stoep.

Met al die onmin op die blogs: Gedra julleself en mooi speel met die ander maatjies!

Advertisements

8 thoughts on “Naweek wegbreek

  1. Sonkind Augustus 14, 2008 / 10:18 nm

    Vat my saaaam! Ek kan doen met iewers op ‘n plaas gaan rus. Ek is Maandag tot Woensdag daar in jou wêreld – as ek my draaie kry en jy kry jou draaie kan ons dalkies daai Tequila gaan knak 😉

  2. Pikkelik Augustus 15, 2008 / 5:27 vm

    Ek gaan ook saam!!! ROFL @ die koeie wat beeste is!!! Ek sal baie hard probeer om myself te gedra… jy weet mos ek pes onmin!

  3. OakTree Augustus 15, 2008 / 8:00 vm

    haha@koeie

    die beeste is actually banger vir jou as wat jy vir hulle is 😉

  4. René Augustus 15, 2008 / 8:26 vm

    Hehe, stads-sissie!!

    Geniet jou naweek op die plaas, en kom wys vir ons foto’s!!

  5. demoerin Augustus 15, 2008 / 9:51 vm

    Mmmm, lekker koffie en boerbeskuit. Biltong…mmmmm. Geniet dit. Ek is jaloers.

  6. Paula Augustus 15, 2008 / 10:42 vm

    Dit link heerlik! Geniet jou naweek! 🙂

  7. rosalindfranklin Augustus 15, 2008 / 7:01 nm

    Koei of bees, (bul?) onthou om te kyk die naweek na die koei se spene dan besluit jy vir watter ene jy bang is…baai

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s