Missie.

My ma kuier by my. Sy het plegtig aan Liefie belowe om my op te pas terwyl hy weg is, (aangesien sy bulletproof en ‘n kung-fu ninja is?) en waar sy normaalweg tussen familie en vriende kuier is sy nou heeltyd by my. Ons kuier en galavant so dat ek niks gedoen kry nie.

My bokse staan nog net so onuitgepak. Ek kom niks verder met troureelings nie. My dag bestaan uit opstaan-werk-kuier/shop-slaap. Dit klink lekker, maar ek begin benoud raak oor die to-do list van my wat langer en langer raak. Ek trou 11 Oktober in die Oos-Kaap, ek het nog nie vliegtuigkaartjies bespreek vir my en Liefie om daar uit te kom nie. Ek besef dis ‘n issue en dat ek iets daaraan moet doen, maar as ek weer sien is dit die volgende dag…

Verder sien ek al hoe meer nuwe blog name en ek wil graag lees en kommentaar lewer, maar my tyd laat dit nie toe nie.

So: vandag is die dag. My lessenaar gaan skoon gemaak word en dan gaan die items op daai to-do lysie so gou soos nou verdwyn. (Ek dink).

Advertisements

10 thoughts on “Missie.

  1. Jaco Augustus 13, 2008 / 8:39 vm

    Sterkte met daai missie, ek vermoed jy gaan al die hulp wat jy kan kry nodig hê 😉

  2. demoerin Augustus 13, 2008 / 9:40 vm

    😆 Good luck. Ek sou sê die vliegtuigkaartjies is nogal belangrik!

  3. Pienk Zuit Augustus 13, 2008 / 10:40 vm

    Hey, moenie stress nie. Jou trou-panty is gekoop, die res is sideshows.

  4. Paula Augustus 13, 2008 / 11:43 vm

    Sterkte met die reëlings en geniet jou ma se kuier 🙂

  5. Dellie Augustus 13, 2008 / 4:22 nm

    Hmm, en hoeveel goete op daai toe-doe lysie het jy al afgetick virrie dag? :mrgreen:

  6. Rustig Augustus 13, 2008 / 5:38 nm

    Ek kan my al voorstel hoe sit jy in jou trourok en liefie in sy suit en trap daai dikband fiets vir die vale af Ooskaap toe om bestyds vir julle eie troue te wees.
    🙂

  7. Emil Augustus 13, 2008 / 8:17 nm

    Haha, dan moet jy nou ophou blog en begin werk!

  8. rosalindfranklin Augustus 19, 2008 / 3:54 nm

    Daar moet ‘n manier wees wat jy ‘n plan kan maak dat iemand anders die bokse uitpak. Een keer het ek dit reggekry om die taak af te stoot….dink 😉

  9. jana Augustus 20, 2008 / 9:21 vm

    haai, ek het ook ‘n troue aan in die oos-kaap in oktober.

    maar dis nie my troue nie. en dis op die 18de 😉

    sterkte daar!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s