Die kameel se rug is gebreek.

Ek het besluit dis nie die moeite werd vir my om so kwaad te raak nie.

Ek het die naweek weer my moer gestrip vir iemand in Edgars (waar ek nooit shop nie, want die plek irriteer my net), maar ek moes ‘n spesifieke panty vir my trourok daar gaan koop, en halfpad deur my rant het ek net my momentum verloor. Die blank kyk wat ek gekry het en die besef dat ek my tyd en asem mors het die wind uit my seile geneem.

So nou weet ek nie so mooi waar dit my plaas in die arena van verbruikersake nie.

Advertisements

22 thoughts on “Die kameel se rug is gebreek.

  1. Emil Augustus 11, 2008 / 10:31 vm

    Net maar nog ‘n gebruiker!!

  2. Pikkelik Augustus 11, 2008 / 12:28 nm

    Dit plaas jou reg in die middel van ons gemiddelde sterfling in SA!! 😯 Sterkte vir jou!! 😆

  3. demoerin Augustus 11, 2008 / 12:44 nm

    Dit vat baie wilskrag, en partykeer verloor ek dit ook nog. Maar ek probeer baie hard, want wie ontstel jy nou eintlik..net jouself wat hulle gee ‘n fok om. Soos jy sê, nie die moeite werd nie.

  4. Dellie Augustus 11, 2008 / 3:40 nm

    Ons gaan eet gou iets by ‘n seekos restaurant in ons valley Vrydag aand. Sommer so ‘n platter wat ons deel, met calamari, prawns, oesters en so meer, en ‘n slaai met heerlike kase. Driekwart deur die ete besef Liefie daar is geen slaai nie. Wink die kelner nader. Moet hy dit nou bring? Nee, wat is die use? Ons het al amper klaar geëet. Moet hy dit in ‘n doggybag sit? WTF?? Slaai in ‘n doggie bag?? 😯

    Ons het natuurlik aangedring op afslag, en dit gekry! Jy het noggie vir my ‘n scene gesien maak nie! :mrgreen:

  5. Rustig Augustus 11, 2008 / 4:52 nm

    Ek vermy Edgars. Elke slag as ek daar inloop kom ek met moerse hoofpyn uit. Ek sweer hulle spuit al wat parfuum is in die lugreeling. Ek skoon op high. Kon net so goed maar aap twak gerook het voor ek gaan shop het. “Online shopping” is maar net die beste.

  6. rosalindfranklin Augustus 11, 2008 / 5:14 nm

    Ek word ook so kwaad, ek sal altyd so kwaad word. As ek nie meer so kwaad word nie sal dit nie meer ek wees nie.

    Luister ek het jou gekies vir my survivor span…hoop maar jy kan visvang

  7. Krista Augustus 11, 2008 / 5:46 nm

    Dit gebeur gereeld met my (die rant-en-raving-deel), maar ek laat my nie sommer afsit deur ‘n blank kyk nie. Hoe leër die oë, hoe harder raas ek. Dan stuur hulel gou-gou iemand meer bevoeg om my te kom help.

    Lyfie loop al skoon anderpad as ek “daai” trek op my gesig kry . . . 😉

  8. boendoe Augustus 11, 2008 / 6:00 nm

    LOL @ Krista! 😆

    Ja-nee, Jane, ek weet ook nie waar pas jy nou in nie… 😉

  9. Dellie Augustus 11, 2008 / 6:03 nm

    Lol @ Krista – dis gewoonlik EK wat anderpad loop… 😉 Maar daai flippen slaai was die laaste strooi!

  10. Da Mario Augustus 11, 2008 / 8:58 nm

    Het jy nie dalk die wind uit jou seile verloor omdat jy besef het jy is besig om tekere te gaan oor ‘n pantie wat jy anyways net ‘n uur of twee gaan aanhê nie….. 😆

  11. Paula Augustus 11, 2008 / 8:59 nm

    Toemaar, ons almal kom maar daarteen te staan 😦

  12. flippiefanus Augustus 12, 2008 / 7:10 vm

    Net gister ‘n paar skoene by edgars gaan koop. Die een by wie ek gaan betaal kon ek sweer moet blou bloed in haar are he soos sy my uit die hoogte behandel. Maar ek bly maar kalm en wees vriendelik. Maak altyd ‘n punt on mooi beleefd dankie te se^.

  13. demoerin Augustus 12, 2008 / 7:44 vm

    😆 @ DM

  14. netjane Augustus 12, 2008 / 7:54 vm

    Ek dink ek gaan weer begin rant as die geleentheid hom voordoen, al onderneem ek so mooi om nie kwaad te raak nie.

    @ DM – Liefie het halfpad deur my rant en net mooi omtrent toe ek regtig begin stoom opbou in my oor gefluister: “Don’t wear one”. 😉

  15. OakTree Augustus 12, 2008 / 10:24 vm

    Ek het nadat ek gebel en gevra is of ek my Pizzas kan kom haal, want dis klaar, nog 45minute gestaan en wag want dit was nie klaar nie… niemand weet wie het gebel nie alhoewel die nommer die pizzaplek sn is. Geen verskoning is gemaak nie, net die gerusstelling dat dit nie weer sal gebeur nie… Obviously sal dit nie weer gebeur nie want ek koop F@K weet nooit weer daar nie. Jys afhanklik van hulle so “shut up” en wees geduldig is die gier en aan die orde van die dag in ons klein derde rangse wereldjie…

  16. René Augustus 12, 2008 / 11:15 vm

    Dis omdat ons “shut-up” OakTree dat ons so behandel word!!

  17. Zee Augustus 12, 2008 / 11:33 vm

    Netjane, het jou nou besluit om nie meer te gaan search vir ‘n panty nie? 😆

  18. rosalindfranklin Augustus 12, 2008 / 3:41 nm

    Krista, ek hoor gereeld hoe ek alweer onnodig ‘n bohaai gemaak het en “die ding verkeerd hanteer het”.

  19. kaalvoetinireen Augustus 13, 2008 / 5:59 vm

    Ek het nou die dag amper die SA mabesade afgebrand al is ek in Afrikaans gehelp!!! As daar nie sulke dik glas was nie het daai tannie gek@k!

    En die sarkasme waarmee ek behandel is oor sy blerrie dom onnosel was, maar dis mos nie haar skuld sy gee vir my die verkeerde inligting nie! WTF???

    Die wat by was het wyd gestaan…

  20. sprinkaan Augustus 15, 2008 / 11:03 nm

    just as well – g’n mens trou in ‘n Edgars-pantie nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s