No looking back.

In Stockholm was ek baie bewus van die vloei van dae. Ek het nooit wakker geword en gedink ‘n Donderdag is al Vrydag of so iets nie. Ek was in beheer van tyd. In die somer was die dae ekstra lank en het ek ekstra baie energie gehad. In die winter het ek koek geeet en gehiberneer. My roetines was deur my bepaal.

Ek is nou terug in Johannesburg en terug in my ou lewe en ou werk, met ‘n “bang”. Dit voel of ek al vir maande lank terug is. ‘n Duisend eksterne goed neem my tyd in beslag en allerhande faktore maak inbreuk op my persoonlike lewe. Ek hou nie daarvan nie. Eweskielik het ek ‘n bediende wat moet brood he en ‘n kar wat moet petrol he en ‘n posbus wat moet leeggemaak word en ‘n tuin wat moet water kry. Ek verstaan dis ‘n keuse wat ek uitgeoefen het en dat ek nie al die bogenoemde moet he nie, maar nou ja, ons bly in Suid-Afrika, die goed is amper “by default” deel van die pakket.

Liefie gaan vir die volgende 8 weke (mooi manier om twee maande te laat korter klink) terug Stockholm toe vir ‘n nuwe projek. Hy gaan pendel, maar daar gaan nogsteeds lang tye alleen wees. Met my telefoon wat lui en mense wat vrae vra en my keel wat seer is en met alles wat so besig is dat ek nie my oggend koffie gesluk kan kry nie, wens ek vanoggend, vir die eerste keer vandat ek terug in Suid-Afrika is, dat ek in Liefie se tas kan klim en my ou lewe kan terughe.

(Terloops, hierdie is my 100ste post!)

Advertisements

11 thoughts on “No looking back.

  1. ICE Augustus 8, 2008 / 10:15 vm

    Geluk met die 100ste!

  2. ICE Augustus 8, 2008 / 10:16 vm

    Baie sterkte vir die 8 weke, maar sienende dat jy so besig is, gaan die 2 maande soos blits verby gaan!

  3. Rustig Augustus 8, 2008 / 10:56 vm

    Ons kan seker nie jam aan albei kante van brrod hê nie. Sterkte! Geluk met die eeu fees viering.

  4. kat Augustus 8, 2008 / 1:19 nm

    Dis baie tough… vrekkit! Gesels maar wanneer jy nodig het kay!

  5. Roer Augustus 8, 2008 / 3:01 nm

    Dankie tog vir skype (al is dit maar net nie dieselfde nie). Sterkte!

  6. Paula Augustus 8, 2008 / 4:24 nm

    Baie geluk met die 100! Mag daar nog vele wees.

    Hopelik gaan daardie 8 weke sommer vinnig verby 🙂

  7. Wipneus! Augustus 8, 2008 / 9:12 nm

    Dis al hierdie eksterne goed wat mens se lewe totaal oorneem.

    Baie geluk met jou 100ste.

  8. Emil Augustus 8, 2008 / 11:48 nm

    well done centurion.

  9. Pikkelik Augustus 10, 2008 / 8:17 nm

    Geluk met die 100ste!!! Ek voel om te sê ‘kom ry saam in my bootjie!’ Dis kaka om sonder jou liefie te wees. Ek het myself altyd op die skouer geklop en gesê: ‘Oe, maar jy is ‘n selfstandige mens…’ Flop, was ek verkeerd. Twee mense wat na aan mekaar is het die manier om in mekaar in te groei… Dis scary but true… Sterkte vir jou!

  10. boendoe Augustus 11, 2008 / 7:36 vm

    Ja, dis vreemd om weer in die ‘regte wereld’ te wees, ne? Gee jouself so twee maande, en jy’s weer gewoond daaraan!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s