Komaan man!

Ek is verlief op my kar. Ek kan op ‘n goeie dag nie eens die agter- en voorkant van ‘n kar van mekaar onderskei nie en vir my is ‘n kar ‘n ding wat ry. Ek ooh en aah nie oor modelle nie, en ek het waarskynlik my kar gekoop omdat hy (ek het op ‘n manlike kar besluit) ‘n sondak het.

Siende dat ek nou so vreeslik verlief is op my kar (‘n 1.6 Polo, gietswart) en ek so vreeslik gelukkig raak as ek bestuur, het ek ‘n nuwe tydverdryf ontwikkel. Ek glimlag vir almal in die verkeer. Ek stop vir voetgangers, ek “sharp-sharp buti” vir die taxi’s. Ek is die feetjie wat fairy dust in die verkeer sprinkel. Ek verstaan nou die rede vir die advertensieveldtog wat VW ‘n ruk terug vir die Polo gehad het: “You’ll think you can”.

Weet julle wat kry ek vir al my moeite? Minder as niks. Nie eens ‘n donnerse glimlag nie.

So, vir al die ander bestuurders op my huidige roete (ek laai nog vir Liefie op en af) van Berario-Sandton-Saxonwold-Sandton-Berario: julle moere!

Advertisements

9 thoughts on “Komaan man!

  1. kaalvoetinireen Augustus 7, 2008 / 8:35 vm

    Sjoe, maar jy is kwaai die laaste ruk!
    Dink dis daai JHB lug wat ook iets daarmee t doen het 😉
    Like jou karkeuse! Very smart!

  2. Pikkelik Augustus 7, 2008 / 9:10 vm

    Sê hulle – donnirse suurknolle!!

  3. ICE Augustus 7, 2008 / 9:12 vm

    VW Polo!

    Xcellent keuse!

  4. Wipneus! Augustus 7, 2008 / 12:10 nm

    He he NJ dis vir mense baie snaaks as mens in die besige verkeer nog kan glimlag.

    Ek geniet dit ook agter my stuurwiel, dit voel of ek in die lug ry. Ek lief hierdie karretjie wat ek present gekry het, what can I say!! 🙂

    Kaalvoet die mense loop deesdae almal so knorrig rond, jy sien omtrent net 3 glimlaggies per dag. Sad but true!! Is dit dalk die petrol prys???

  5. Zee Augustus 7, 2008 / 1:29 nm

    Agge nee man, dat hulle nou nie kan terug smile nie. Weet jy NJ, dis my motto, smile… Dit vat darem net een of twee spiere om te smile maar sommer baie om te frons. (((Hahahaha, dis hoekom ek nog nie plooie het nie))))

    Ek gaan uitkyk vir die swart gevaarte! 😆

  6. Tersia Augustus 7, 2008 / 2:42 nm

    Ek sing weer soms so saamt die musiek dat ander vir my lag, en dan waai ek sommer ‘n soentjie as hulle nors na my kyk!

  7. flippiefanus Augustus 7, 2008 / 6:55 nm

    Oulike karretjies die polo. Myne’s blou.

    Die mense wat karre bestuur is net nors nie. Hulle is totaal aggresief. Ek het al ‘n geval gehad waar ‘n ou in ‘n ander kar ‘n geweer op my gerig het. Er … dit was nie ‘n high jacking nie.

  8. demoerin Augustus 8, 2008 / 10:25 vm

    Ek sal van vandag af vir al die swart polo’s waai. Jy is so kwaai, ek wil eerder nie in jou swartboekie beland nie.

  9. Da Mario Augustus 9, 2008 / 7:26 nm

    As jy so aanhou stop vir voetgangers gaan iemand een van hierdie dae in jou gat vasry. (O ja, jy kan ligrooi verkeersligte ook verontagsaam, danksy die poskantoor kry mens nooit die kaartjies nie.) Voetgangers se moere, dis hoekom jy ‘n toeter het, sodat daai fokkers weet hulle moet spring, jy het iewers om uit te kom. En fok die taxi’s. Hulle kan wag, weereens… jy het iewers om uit te kom en hulle nie gevra om langs die pad mense onwettig op en af te laai nie. Hulle kan wag.
    En hoekom wil jy smile vir mense? Netnou ruk iemand ‘n gun uit omdat hulle dink jy mock hulle. Daar’s niks om oor te smile in vroeë oggend Gauteng verkeer nie.

    Lyk my jy het bietjie Gauteng bestuurslesse nodig! Hierdie is nie Swede nie ou girl…. 😀

    Ernstig nou, dis tog te sweet dat jy (nog) so oulik is in die verkeer. Ons praat weer oor so paar weke!! 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s