Ek’s alweer/nogsteeds lus vir baklei

Wat de moer (ek het eers fok getik, maar toe gedink dis seker nie mooi nie) is fout met mense in hierdie wereld? Kort almal ‘n klap?

Ek was duidelik te lank afgesonder in Swede. My semi kluisenaars bestaan het my ontneem van die nodige ensieme/agente/hormone om met deur die k@k mense te handel.

Netjane koop nuwe(rige) kar. Netjane is beindruk met diens en kar. Netjane is minder beindruk met diens nadat sy ingelig word die nuwe(rige) kar moet vir sy/haar 1 jaar diens ingaan. Netjane wonder stilletjies hoekom hulle dit nie vir haar gese het voordat sy die kar gekoop en weggeneem het nie, want dan sou sy die kar gekoop het, laat diens het en dan eers daarmee weggery het.

Netjane is 07:30 vanoggend op groot VW handelaar in Rivonia Laan (use your imagination) se voorstoep. Netjane word werk toe gebring met die spoed van lig en is weer beindruk met die diens. Die dag gaan verby. Netjane wil huistoe gaan en besef sy het nie ‘n kar om mee te ry nie. Netjane bel handelaar. Umm-aah-tralala. Handelaar belowe plegtig om iemand te stuur om vir Netjane by die werk te kom oplaai. Niemand kom nie. Nog ‘n telefoon oproep. Umm-aah-tralala. En so gaan nog 2 ure om. En hier sit ek nou en stoom.

So: Lindsay Saker Rivonia – julle moere!

Advertisements

16 thoughts on “Ek’s alweer/nogsteeds lus vir baklei

  1. ICE Augustus 5, 2008 / 6:03 nm

    Ai!

    Sies Volkswagen! Swak diens!

    Gewoonlik het VW die beste diens!

  2. Sonkind Augustus 5, 2008 / 6:28 nm

    Netjane kan nou net vir Synovate in Rivonia bel en sê sy wil ‘n red alert aangee oor LSaker se slegte diens en dan sal jy nou sien! En Netjane het nie dit by my gehoor nie! 👿

  3. Rustig Augustus 5, 2008 / 7:03 nm

    Namens die fees komitee wil ek vir Netjane ook welkom sê in die “real world”.
    😆

  4. Wipneus! Augustus 5, 2008 / 7:13 nm

    VW handelaar in Rivonia Laan, swak diens!!!!

  5. rosalindfranklin Augustus 5, 2008 / 9:22 nm

    tralalalalal welkom terug.

    nee alle apies op ‘n stokkie. eet hulle op vir brekfis more!

  6. René Augustus 6, 2008 / 8:23 vm

    OMW !!! Tralalaaaa sal ek ook maar sê! (Ek wil liewers nie met demoerinJane (soos Soldier sal sê) sukkel nie!

    Ek het laas toe ek ‘n katterige attitude van een van VW se personeellede gekry het, hul hoofkantoor geskakel – en dit was binne minute uitsorteer! Ek het so ‘n maand terug by Nedbank ook gekla oor een van hul patetiese Navrae personeellede en na ‘n oproep van die Bestuurder af, spring hulle almal as ek daar instap! :mrgreen: (dis vandat ek 30 geword het dat ek nie meer nonsens vat nie!)

    Ek dink dis ons plig as verbruikers om oor swak diens te kla – ons BETAAL immers vir daardie diens, en ek mors nie my geld nie…! En vergeet maar van die middelman – praat sommer reguit boontoe!!

  7. demoerin Augustus 6, 2008 / 8:45 vm

    Word my naam nou weer ydel hier gebruik! In hierdie geval sal ek dit laat slide Rene! 😆 Gee hulle gas, die mense moet wakkerskrik!

  8. Rustig Augustus 6, 2008 / 9:22 vm

    Wag tot jy veertig word dan gaan hulle les opsê!

  9. Paula Augustus 6, 2008 / 9:58 vm

    Ai tog … ek dink almal van ons kom voor swak diens te staan. Ons moet net leer om onsself baie duidelik daarteen te spreek. NIe dat dit sal help nie, maar tog.

  10. Neil Kroese Augustus 6, 2008 / 9:59 vm

    ….en ek het ‘n voorgevoel dit sal nie jou laaste inskrywing wees wat oor VW handel nie……VW is selfs laer as Telkom op die Hello Peter lys van kak diens!

    Nice blog, ek hou van mense wat fokkol voel vir die pretensieuse normatiewe nie. “Call a spade a fucking shovel” sê ek altyd….

  11. netjane Augustus 6, 2008 / 11:46 vm

    Baie welkom hier Neil! Ek hoop regtig nie jou VW voorspelling word waar nie – dit mag my dalk net (finaal) oor die edge stuur.

  12. Jenny Augustus 6, 2008 / 12:09 nm

    Janey, een van die voordele daarvan om in Sonnige SA te bly, is dat ons hier kak diens in 11 amptelike landstale kry!
    Welkom in SA!

  13. René Augustus 6, 2008 / 2:24 nm

    Ag sorry demoerin, kom ek dit nou eers agter!! Ek is regtig blond vandag! Jy is mos so lief vir my, ek weet sommer jy sal dit met GRAAGTE laat slide!

  14. Dis ek, Annie Augustus 6, 2008 / 11:21 nm

    Ai girl, vir wat voeter jy met die Duitsers? Onthou jy nie “Alles loop reg, altyd reg, Toyotaaa” nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s