Asem in – asem uit.

Ek neem my werk en verantwoordelikhede ernstig op. ‘n Mens doen jou werk, maak nie saak wat dit is nie, na die beste van jou vermoens, en mens is trots op wat jy elke dag doen en verrig. Ek verwag dieselfde van die wat saammet my werk.

Ek is nog nie twee dae terug by die werk nie en ek raak alklaar lus vir baklei. ‘n Klient is nie daar vir jou gerief nie. Jy kom nie by die leer uit wanneer dit jou pas nie. Jy het ‘n werk om te doen – doen dit! Hoe begin ek baklei as ek nog nie eens behoorlik die nuwe gesigte in die kantoor ken nie? Ek is nou semi hoof van die departement en as sulks wil ek he goed moet op my manier gedoen word. Spoedige dienslewering is vir my van kardinale belang. Ek is nie lus vir ‘n “maybe” houding nie. Ek gaan nou seker die kantoor “bitch” moet wees.

Hoekom sien sommige mense hulle werk as ‘n manier om daglig ure om te kry? As jy dit dan so haat, hoekom is jy hier?

Advertisements

12 thoughts on “Asem in – asem uit.

  1. Emil Augustus 4, 2008 / 10:55 vm

    1 … 2 … 3 … 4 … 5 … 6 … 7 … 8 … 9 … 10. Sien, jy voel al klaar beter 😉

    Skroef hulle op, baas.

  2. Rustig Augustus 4, 2008 / 11:17 vm

    Weet presies waarvan jy praat. Ek moet elke dag met dit te doen het. Wat my regtig die hel in maak as mense werk los vir more en dan draai hulle vas en dan moet jy inspring en help. Gewoontlik verloor ek my menslikheid en laat hulle maar alleen.

  3. Paula Augustus 4, 2008 / 11:39 vm

    Hopelik voel jy gou weer beter 🙂
    Sterkte.

  4. Pikkelik Augustus 4, 2008 / 12:49 nm

    Ek het saam met ‘n ou tannie gewerk wat my van vooraf geleer tel het… 1 f*ken, 2 f*ken, 2 f*oken ensovoorts… Probeer gerus, as jy nie afkoel nie, gaan jy beslis lag voor jy by 10 kom. Maar ek stem saam, jou werk is jou werk, en as dit oor klantediens gaan is daar geen ‘compromise’… Sterkte!

  5. demoerin Augustus 4, 2008 / 1:54 nm

    Waar wat jy daar sê, party mense is maar net daar om die geldjie te kollekteer. Geen wonder dienslewering is partykeer in so ‘n gemors nie! Gee hulle gas!

  6. René Augustus 4, 2008 / 2:27 nm

    Nou moet jy asb my Frans verskoon – maar dit wat my die meeste de moer in maak, is die f(r)*kkers wat my tyd mors! As jy nie ‘n taak ordentlik kan doen nie – Sê DIT VIR MY my en ek doen dit self, en reg — die EERSTE keer!! Ek is te veel van ‘n perfeksionis om te KAN delegeer – so ek sal seker nooit ‘n “baas” kan wees nie!!

    Sterkte Janey – gee hulle gas inderdaad!!

  7. Wipneus! Augustus 4, 2008 / 6:00 nm

    Sterkte NJ, moenie nonsens vat 😉

  8. Zee Augustus 4, 2008 / 8:45 nm

    NJ, sterkte girl….. Dit is seker nie maklik veral omdat jy nou net weer begin werk het nie. Ek is nogal baie soos Rene, doen dit maar liewer self want moet baie keer dit in elk geval oor doen.

  9. Dellie Augustus 5, 2008 / 10:52 vm

    Probeer hierdie ene: “I’m really easy to get along with once you people realize I’m right.” 😆

  10. Sonkind Augustus 5, 2008 / 3:13 nm

    Kom ons stig ‘n klub – “bitch at work”. Jy sal maar jou voet moet neersit. Iemand het eendag vir my baie goeie raad gegee – “Jy is hier om die werk gedoen te kry, nie om ‘n popularity contest te wen nie.”

    Ek het gou genoeg geleer dat mens ongelukkig ‘n bitch moet wees as jy hoë standaarde het en ander het nie dieselfde werksetiek nie.

    By the way, as ek reg onthou, sou ek en jy hierdie maand gaan tee-quila drink het as ek weer in Jhb kom 😈

  11. netjane Augustus 5, 2008 / 3:37 nm

    “Bitch at work” club is nou in sessie!

    Ek onthou ook ietsie oor Tequila! 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s