Working girl

Ek is terug by die werk. Dit voel vreeslik vreemd. My kop is nog vol watte en die brein is nog nie heeltemal op spoed nie.

My terugkoms was lankverwag en as sulks is ek met ope arms en hope werk ontvang. Een van die dametjies (ek kan haar nou my dametjie noem, want ek’s soortvan die afdeling hoof) is met verlof, so ek het haar leers vir nou oorgeneem en natuurlik was daar finansies om te doen, so eweskielik moes my brein op meer as bloglees fokus.

Hier’s baie nuwe mense in die kantoor en ek dink nie hulle dink veel van die nuwe pop wat so kontant hier rondloop nie. Hulle weet natuurlik nie dat ek al lankal kaatjie van die baan was nie. πŸ˜‰

Na ek hoe lank uitgehou het, het ek vanoggend met ‘n seer keel wakkergeword, dis regtig goor! Ek en Liefie het moreaand ‘n lekker partytjie om na uit te sien, so ek is seker dit gaan pret wees.

Siende dat ek nou weer deel van die werkersklas is kan ek met ‘n bree glimlag vir julle ‘n LEKKER naweek toewens!

(Ek is so gewoond aan my Sweedse keyboard wat al die kappies en doitjies ophet, dat ek nou sukkel. Ek sal sorg dat ek die shortcuts leer!)

Advertisements

5 thoughts on “Working girl

  1. Wipneus! Augustus 1, 2008 / 1:49 nm

    he he Katjie van die baan vertel jy my πŸ˜‰ πŸ™‚
    Hoop jy voel gou beter.

    En geniet die partytjie!!

  2. boendoe Augustus 1, 2008 / 2:03 nm

    Ek kan glo dat jou kop nog vol watte is. Na meer as 2 jaar van leegle, stel ek die teruggaan-werk-toe deel uit. Ek sweer ek het alles wat ek voorheen geweet het, verleer. Maar dit klink of JY soos ‘n kat op jou voete geland het! πŸ˜‰

  3. Pikkelik Augustus 3, 2008 / 7:00 vm

    Ag sterkte vir die nuwe week mej Katjie van die baan… πŸ˜† πŸ˜†

  4. Batcat81 Augustus 4, 2008 / 10:19 vm

    Ek is bly jy’s terug. Speak to me.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s