Pa se prinses

Hoe gebeur dit dat ‘n pa se prinses mettertyd nie meer soveel van ‘n prinses vir hom is nie?

Ek is 7 jaar na my suster en 9 jaar na my broer gebôre. My pa wou nog ‘n seuntjie gehad het en was so oortuig dat ek ‘n seuntjie gaan wees dat hy voor my geboorte vir my ‘n geelhout riempies bank laat maak het, hoekom weet ek nie, maar nou ja. Ek is toe ‘n dogtertjie.

Mammie droom van ‘n dogtertjie met pienk strikke in haar hare en wat ballet doen. Pa droom van ek weet nie wat nie. Ek doen nie ballet nie, maar op een of ander manier kry ek die amper onmoontlike reg: ek ontwikkel buitengewone goeie verhoudings met beide my ouers. Toe ek oud genoeg word om dit te besef, kom ek agter dat ek my pa om my pinkie kan draai en dat ek regtig sy hart se punt is. Ek sê dit sonder bybedoelings en snaaksighede, dit is maar net ‘n feit.

Selfs deur my tienerjare fliek ek en my pa nog gereeld saam en as hy iewers heen gaan, gaan ek saam. Reg deur universiteit kom ek terug van klasse af en ek, ma en pa drink saam tee. Liefie se koms verander niks nie en ek en Pa bou voort op ons verhouding. Ek kom later agter hy begin effens onttrek en neem dit nie meer as vanselfsprekend aan dat ek saammet hom iewers heen sal gaan nie. Hy maak keuses sonder om my te raadpleeg.

Nadat my pa behoorlik aftree en see toe trek en ek in my eie plek intrek is dinge nie meer dieselfde nie. Ek weet nie of dit is omdat ek hom nie elke dag sien nie en of hy maar net besef het dat sy tyd as die “man in my lewe” gekom en gegaan het nie, maar somehow is ek nie meer “daddy’s little girl” nie. Dis seker ‘n kinderagtige gedagte van my kant af, maar ek is wragtag jaloers op my broer se dogtertjie, want in haar verhouding met oupa, sien ek dit wat ons eens op ‘n tyd gehad het.

Wat is die dinamiek van ‘n pa/dogter verhouding? Kan dit dieselfde bly nadat die dogter ‘n lewensmaat gekies het? Ek is half hartseer, maar ek kan nie my vinger plaas op dit wat ek verloor het nie.

Veels geluk met Pa se verjaarsdag.

Advertisements

12 thoughts on “Pa se prinses

  1. Paula Julie 28, 2008 / 1:21 nm

    Ongelukkig kan ek nie saam praat nie 😦
    Miskien sal dit help as jy ‘n openhartige gesprek met jou pa voer?

  2. Zee Julie 28, 2008 / 1:56 nm

    Geluk met jou pa se verjaarsdag NJ.

    Wens ek het raad gehad maar miskien moet jy net sommer die volgende keer as jy hom sien op sy skoot gaan klim en hom ‘n lekker drukkie gee!

  3. Pikkelik Julie 29, 2008 / 8:15 vm

    Geluk met jou pa se verjaarsdag! Is jy seker die verhouding het verander of is dit nie maar net dat jy ‘groot’ geword het nie. ‘n Mens moet een of ander tyd grootword en dan verander ‘n mens se verhouding met jou ouers drasties… Dis scary maar waar… Sterkte, wees net lief vir hom en gee hom gereeld ‘n drukkie. Moet ook nie vergeet om vir hulle te sê dat jy hulle liefhet nie..

  4. neykie Julie 29, 2008 / 10:29 vm

    wat vir my so wonderlik is, vir amper my hele lewe het ek en my pa nie so nice verhouding gehad nie, en net so is daardie brug tussen ons oorkom en ons is nader aan mekaar as ooit……

    Geluk met jou pa se verjaarsdag.

  5. boendoe Julie 29, 2008 / 12:42 nm

    Nee, ek weet nie. Ek was ook altyd my pa se oogappel, maar hy was nie ‘n maklike kalant nie. Kan nie se ek het baie van hom gehou nie. Skuus, het nie raad nie, maar geluk met sy verjaardag, nietemin!

  6. Natasja Julie 29, 2008 / 3:20 nm

    Dieselle het met my gebeur toe ek na 1.5 jaar in Engeland, terug is Kaap toe met die doel om te trou ens. Dis die maande op jou eie in Stockholm wat die verskil gemaak het. Die dat jy eerder met Liefie sal praat as met Pa (wat heeltemal reg en normaal is). Dit het my ook ‘n rukkie gevat, so ‘n maand of wat, om weer my voete te vind rondom my Pa. Altwee moet weer aanpas, maar dit raak sommer gou weer beter. Gee hom net baie aandag. Soos jy sal maak met ‘n oudste kind wanneer ‘n tweede kind gebore word. Die tweede enetjie moet net weer voel hy is nogsteeds oulik en jy laaik hom darem nog net so baie as voor die 2de een opgedaag het. Ek is nou weer terug in Engeland, en wat ek nou partykeer doen om die band met my Pa sterk te hou, is om hom by die werk te bel wanneer ek weet my Ma nie die foon sal optel en ek al my stories met haar moet deel nie. Of ek email net vir hom ‘n briefie of grappie of iets. Noudat jy terug is in SA moet jy maar net weer gaan fliek saam met jou pa, of gaan vir ‘n wyn proe of iets. ‘n One to one event. Ek’s seker dit sal die verhouding weer mooi op dreef bring. Sterkte.

  7. Natasja Julie 29, 2008 / 3:21 nm

    Ag ek bedoel, die 1ste enetjie moet net weet jy laaik hom nog net soveel as voor die 2de een opgedaag het.

  8. demoerin Julie 29, 2008 / 4:13 nm

    Ek is nou nie gekwalifiseer om hier te comment nie. Is nie pa nie, en het nie die regte tools om pa se prinses te wees nie. Ek sal maar saamlees!

  9. Wipneus! Julie 29, 2008 / 7:25 nm

    Baie geluk met jou pa se verjaarsdag.

    Mens bly tog diep in jou hart jou pa se prinses. Miskien moet julle bietjie gaan fliek, koffie drink en die stad rooi verf.

    NJ daardie gevoel gaan jy weer voel as jy en pa op jou troue “Daddy’s little girl” dans!!! As julle saam die paadjie afstap in die kerk!! Watch this space.

    Daardie band is baie sterk en is altyd daar!

  10. Tersia Julie 30, 2008 / 2:28 nm

    Gelukkige verjaardag! Ek en my pa het baie jare na ek eers getroud is (byna toe hy amper oorlede is) ‘n wonderlike verhouding gehad! Toe eers het ons tyd vir mekaar gehad en ‘n oor vir mekaar se “dinge”. Ek wens ekkan hom vandag net vir ‘n paar uur weer terugkry net om nog paar dingetjies met hom te del! Geniet hom! Koester julle verhouding – hy is nog daar!

  11. Johan Horn Julie 30, 2008 / 6:02 nm

    Van Pa, aan Liesl, met liefde

    Ek het jou sien buig
    vanoggend
    met die saggryslig van die
    somerreen buite die restaurant

    en met die moer gemaalde koffiereuk
    het jou stem soos ‘n duifie
    oor die tafels aangekom
    en met sagte ritseling van esse en erre
    varkore in my pa-hart kom blom

    En iewers het ek onthou dat jy
    sommer gister nog met skraal beentjies
    soos groen koringare
    diep kon buig voor
    die wind van hom
    wat deur jou koms
    liefde
    groots soos die mozart requiem
    wyd soos van gogh se hemels
    glimlagsag soos Jesus oe
    in my lewe kon bring

    Pa en dogter goed verander nie, gaan nooit weg nie, word nie armer nie, verblyk nie, is nie in foto’s nie, verkreukel nie. Maar later gee hy net vir jou dieselfde ruimte wat jy hom gegee het toe hy jou die eerste keer gesien en vasgehou het.
    Groete
    van-‘n-Pa

  12. netjane Julie 30, 2008 / 9:51 nm

    Dankie vir almal se mooi woorde en raad. Ek dink die tyd in Swede het dinge bietjie verander en ek moet net weer “bykom”.

    Aan Johan Horn: Vreeslik baie dankie vir die gedig en wyse woorde. Dit beteken vir my baie. Terloops, my tweede naam is Liezel. 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s