My eerste dae terug

Dit voel asof ek nooit weg was nie. Dis fantasties om terug te wees, maar net so woep-waps is ek weer in my ou/nuwe lewe teruggesuig.

Ek het die laaste paar dae ‘n klompie karre op toetsritte geneem en ek kan net my kop oor manlike verkoopspersoneel skud. Ek loop by die handelaar in, ek sê ek wil ‘n kar koop en wat ek kan bekostig. Liefie staan langs my en sê nie ‘n woord nie. Die verkoopsman stel homself aan Liefie voor en ignoreer my. Liefie word ingelig oor torque en kilowatts en petrolverbruik en enjin grootte. Die kontrole vir die radio op die stuurwiel en die grootte van die kattebak word aan my uitgewys. Een ou het so ver gegaan as om te sê die agtersitplek is groot genoeg vir kinderstoeltjies! Almal wys vir my die kleure waarin die kar kom en lyk dan verbaas as ek oor diensplanne en waarborge vra. Poepholle.

Ek en Liefie slaap weer knus in ‘n dubbelbed na ons aan ‘n king in Stockholm gewoond geraak het. Ek kan nie sê dis aangenaam nie en ons container beter vinnig opdaag! Ek is nie gewoond aan die koudkry binne die huis nie en my vel is erg droog van die Johannesburg lug. Verder is ek stokflou en is teen 9 uur elke aand in die bed. Ek vat maar alles stap-vir-stap en probeer om nie oorweldig te voel nie. Vrydag begin ek weer werk en ek weet nie mooi hoe dit gaan verloop nie!

Dit het ook nou onder my aandag gekom dat ‘n groot gedeelte van ons trougaste nie hulle uitnodigings ontvang het nie, want die Poskantoor dink duidelik nie dis belangrik om briewe af te lewer nie. My ma, broer en nog ‘n vriend van my bly almal in dieselfde dorp en nie een het ‘n kaartjie gekry nie. Verder het sommige van die Kaapse gaste kaartjies gekry, maar nie almal nie. Port Elizabeth is ook ‘n kaartjie-loos. Snaaks genoeg is posaflewering in Nylstroom, De Aar, Hannover, Oudtshoorn en Addo nie geraak nie. Al die oorsese gaste het ook hulle kaartjies gekry, so dis nie Sweedse pos se skuld nie. My probleem is nou dat ek nie genoeg ekstra kaartjies het nie, aangesien ek nie verwag het om omtrent al my kaartjies weer te pos nie en siende dat ek die kaartjies in Stockholm gemaak het, ek nie meer kaartjies kan maak nie, omdat ek nie die fisiese papier en ander goed het nie. Sal maar vir die mense met wie ek op ‘n baie gemaklike voet is vra om hulle kaartjies te skenk sodat ek dit sodoende kan “recycle” aan die ander gaste. My pa het vas geglo hy’s nie uitgenooi nie!

Die koraalboom in my tuin begin sy eerste rooi blomme uitstoot en ek’s verskriklik bly om terug in Suid-Afrika te wees.

Advertisements

12 thoughts on “My eerste dae terug

  1. Wipneus! Julie 27, 2008 / 9:48 nm

    Hi NJ ek is bly jy geniet dit om terug te wees, en dat jou koraalboom jou welkom heet, met die mooiste rooi blomme!

    Sterkte met die werk Vrydag. Dit sal goed verloop!

    Lekker week

  2. Pienk Zuit Julie 27, 2008 / 11:05 nm

    Dis seker dan die rede dat ek nog nie ‘n uitnodiging gekry het nie! 🙂

  3. DGS Julie 28, 2008 / 9:24 vm

    Mmmm… Die posaflewerings hier by my is ook geraak…

    Hey! Welkom terug, JoziJane! Lyk asof jy heel vinnig ge-settle het – well done! Enjoy die laaste paar dae voor jy soos ons gewone sterflinge jou brood in die sweet van jou aangesig moet verdien… 😆

  4. Emil Julie 28, 2008 / 9:50 vm

    Wil ook net sê: ek het ook nie ‘n kaartjie ontvang nie 😯

    Op watter kleur besluit jy toe 😉

  5. René Julie 28, 2008 / 9:56 vm

    Mmmmm, dis seker dan waar my kaartjie weggeraak het!?? 😉

    Die mens pas darem ongelooflik gou weer in sy ou omgewing in! Sterkte met Vrydag se werkery – ek is seker daarvan jy sal daar ook gou weer optel en tuis voel!

    Dis lekker om jou in SA te hê!

  6. ICE Julie 28, 2008 / 9:59 vm

    Bly om te hoor julle het so maklik weer ingepas!

  7. Dellie Julie 28, 2008 / 10:53 vm

    Welkom terug in sonnige… of is dit nou besoedelde.. Suid Afrika! 😉

  8. demoerin Julie 28, 2008 / 11:00 vm

    Bly jy is terug, en sommer dadelik aan die gang. Koraalboom? … O ja, een van daai wat soos die dorpe en stede naamsverandering moes ondergaan! 😆

  9. boendoe Julie 28, 2008 / 11:13 vm

    Welkom terug, Jane. Vrydag is darem ‘n aardige dag om te begin werk, is dit nie?

  10. Roer Julie 28, 2008 / 12:03 nm

    Welkom terug!

  11. neykie Julie 28, 2008 / 1:25 nm

    Welkom terug 😆

  12. flippiefanus Julie 28, 2008 / 6:18 nm

    Baie welkom terug. Moet nogal ‘n kontras wees tussen SA en Stockholm.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s